Maak vanaf 13 tot 17 September tydens Nasionale Testamenteweek van die geleentheid gebruik om 'n gratis testament te laat opstel.

Charl May, direkteur by BDP Prokureurs, beskryf 'n testament as 'n vrywillige skriftelike dokument waarin jy jou nalatenskap reguleer of bepaal ná jou afsterwe.
Jameson Kearns GR(SA), 'n geoktrooieerde rekenmeester, sê in die geval waar die oorlewende begunstigdes minderjarig is, maak 'n testament dit ook moontlik om spesifiek te wees oor wie as voogde oor hulle aangewys moet word tot die minderjariges oud genoeg is om aanspraak te maak op hul erfporsie. " 'n Testament kan selfs spesifiseer aan watter voorwaardes die begunstigdes moet voldoen om hul erfporsie te ontvang," sê Kearns.
Die belangrikheid van testamente
Volgens May kan jy met 'n testament self bepaal aan wie jy jou boedel wil bemaak, byvoorbeeld aan 'n eggenoot, kind of spesifieke persoon soos 'n werknemer. "As jy byvoorbeeld ongetroud, maar in 'n langslewende verhouding is, kan erfreg ingewikkeld raak. Dit is in so 'n geval belangrik om uitdruklik voorsiening te maak vir jou erflating in 'n testament."
Kearns sê dit is ook belangrik omdat jy kan spesifiseer aan wie jy jou bates nalaat en watter persone jou bates na afsterwe moet bestuur (soos by die bedryf van jou maatskappy). Sodoende kan jy ook verseker dat die begunstigdes vir 'n baie lang tyd finansieel versorg sal wees.
"Dit is kostebesparend vir die oorlewendes en verhoed ook dat enige twis tussen hulle ontstaan."
Kan jy 'n testament sonder 'n prokureur opstel?
May sê jy kan, maar dit is nie raadsaam nie.
"Daar is baie vereistes waaraan voldoen moet word en dit is beter om iemand met die nodige kennis te konsulteer ten einde 'n ongeldige testament te vermy."
Wat is die algemene kostes van 'n testament?
Die koste om 'n testament op te stel sal deur 'n prokureur bepaal kan word en dit verskil natuurlik van firma tot firma, verduidelik Kearns.
"Ek is ook bewus daarvan dat daar spesifiek vir minderbevoorregte mense geleenthede gegee word om by sekere instansies (soos banke) hul testamente te laat opstel. In baie gevalle word die diens gratis vir die kliënte aangebied."
Wat kan jou testament alles beheer?
Volgens May kan dit die verdeling van bates, jou keuse van verassing of anders, geldelike bemakings, beleggings, beheer van fondse wat aan minderjariges betaal moet word deur middel van 'n trust, sowel as jou keuse van versorging van minderjarige kinders, beheer.
Kearns sê sodra jy kontant of bates nalaat na jou afsterwe, dit in 'n boedel oorgedra word.
"Indien daar 'n testament opgestel is ten opsigte van die boedel, word die uitkering van die bates volgens die wense van die testament gedoen."
Hy sê aangesien die persoon nie meer lewend is nie, word die boedel as die "plaasvervanger" beskou.
Wat gebeur as jy sonder 'n testament sterf?
Jou nalatenskap word dan intestaat verdeel tussen alle naasbestaandes en nie volgens jou keuse nie, sê May.
"Dit is gewoonlik jou gade en kinders (na gelang van die boedelwaarde) en daarna jou ouers (indien nog lewendig) en daarna broers en susters.
"Indien jy nie meer van die bostaande het nie, sal daar na verdere verbintenisse gekyk word en indien daar werklik niemand is nie, word die fondse in die Meester se Voogdyfonds betaal totdat iemand dit eis," sê May.
Kan 'n testament verval?
Volgens Kearns kan 'n testament nie verval nie, ongeag die aantal jare wat dit bestaan.
"Testamente is wel onderhewig aan verandering. Die veranderinge kan slegs geskied op die wettige bevel van die persoon aan wie die bates behoort.
GEBORG
Geldenhuys & Jonkers Ing.
Die Covid-19-pandemie het wêreldwyd almal persoonlik geraak en mense laat besef dat ons kwesbaar en nie onsterflik is nie. Wat gebeur met jou bates of boedel indien die ongenooide virus toeslaan en 'n lewe eis? Het jy 'n testament? Indien wel, het jy dit onlangs laat aanpas en stem dit ooreen met jou huidige wense en erfopvolging? Tree gerus met Geldenhuys & Jonker Ing. in verbinding vir 'n afspraak sodat hulle jou testament gratis kan opstel of 'n bestaande testament kan wysig.
Vir meer inligting, kontak hul Vredenburgkantoor by 022 713 1256 of stuur e-pos na maretha@geldinc.co.za. Kontak ook hul Langebaankantoor by 022 772 0392 ofstuur e-pos na christa@geldinc.co.za
Van Zyl Kruger Prokureurs
Van Zyl Kruger Prokureurs is trots om vanaf 13 tot 17 September deel te wees van Nasionale Testamenteweek. 'n Testament is een van daardie noodsaaklikhede wat almal weet hulle móét hê. Dit is nou jou kans om jou testament gratis by VZK Prokureurs te laat opstel. Skakel gerus 021 180 4566 of stuur e-pos na andri@vzk.co.za.
Visagie Vos Ing
Moenie uitstel nie, stel nou jou testament op! VisagieVos Ing. besef dat toeganklikheid tot kundige testamentopstellers mense daarvan weerhou om hierdie belangrike dokument te laat opstel. Hulle wag dan gewoonlik tot dit te laat is. Hul boedelafdeling se prokureurs staan gereed om nie net gedurende Nasionale Testamenteweek 'n professionele testamente vir jou op te stel nie, maar wanneer ook al jy gereed is - heeltemal gratis!
Kontak hulle vandag nog en verseker gemoedsrus vir jou gesin in geval van afsterwe.
Gijsbers
Gijsbers reken jy moet die volgende oor jou testament kan sê: "My testament is op datum, dit voldoen aan al die formaliteite van die Suid-Afrikaanse Testamentewet, ek het die oorspronklike testament en weet waar dit is, en ek is tevrede met die manier hoe die testament vir my geliefdes voorsiening maak." As jy nie hiermee kan saamstem nie, tree gerus met die Gijsbers-span in verbinding.
Malan Lourens Viljoen
Die sterfte van 'n geliefde kan verpletterend en traumaties wees vir diegene wat agterbly, veral as die nodige beplanning nie vooraf deur die oorledene gedoen is nie. 'n Testament is nodig om ingewikkelde kwessies so vinnig en sensitief as moontlik aan te spreek. Malan Lourens Viljoen se gespesialiseerde span sal hiermee kan bystand bied op die vriendelike, persoonlike en doeltreffende manier wat al 'n norm by hul firma is.
Madeleyn Inc
Madeleyn Incorporated is 'n vooraanstaande regsfirma wat in 1997 deur Henry Madeleyn begin is. Die firma het sedertdien gegroei tot 'n metropolitaanse firma en bewese leier in aktebesorging, kommersiële regte en litigasie, met takke in Durbanville en Vredenburg. Die firma is toegewyd tot die lewering van dienste en kundiges van voortreflike gehalte. Hulle word onderskraag deur betroubare sake- en regskennis teen 'n mededingende tarief. Om hierdie hoë standaard te handhaaf, stel hulle net die beste kandidate aan en belê deurlopend in die opleiding van personeel.
Animal Anti-Cruelty League Kaapstad
Die Animal Anti-Cruelty League Kaapstad (AACL Kaapstad) bly sedert sy ontstaan op 1 Mei 1969 verbind tot die versorging en beskerming van diere en sou nie met hierdie noodsaaklike diens aan ongeveer 50 000 diere per jaar kon voortgaan, sonder die ruimhartige skenkings van diereliefhebbers en erflatings nie. Gedurende Nasionale Testamenteweek sal die AACL Kaapstad 'n prokureur beskikbaar hê om jou testament gratis aan te pas, sou jy hulle daarin wou benoem. Vir meer inligting stuur e-pos na info@aacl-ct.co.za of manager@aacl-ct.co.za.












