
Vra enige voetheelkundige, fisioterapeut of sportentoesias: Dis die moeite werd om in gehalteskoene te belê. 'n Goeie skoen bied aan jong kinders wat nog ontwikkel die ondersteuning en beskerming wat hul nodig het om te kan fokus op wat belangrik is. Daarby beteken 'n belegging in 'n gehalteskoen die kans is kleiner dat jy in die middel van die jaar skoene moet vervang omdat dit gebreek het of beskadig is. By Hush Puppies is die fokus daarop om te verseker dat kinders van die klaskamer tot die speelterrein eersteklas gemak geniet.
Hul gehalteskoolskoene het ál die eienskappe wat nodig is vir 'n dag vol werk en speel:
- Leeromhulsels van die hoogste gehalte
- 'n Binnesool van skuimrubber vir gemak en ondersteuning deur die dag
- Duursame buitesole
- Vervaardiging deur direkte hegting, wat beteken die sool en omhulsel val nie uitmekaar nie
- Geen varkleer nie
Die reeks sluit verskeie style in - met of sonder veters, asook tekkies in swart en wit. Pryse wissel van R429 tot R599. Gaan na hul webblad om die reeks te sien en aanlyn te koop.















