Promosie

Belê vandag nog by 12Cape

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Jy het nog vyf dae oor om voordeel te trek uit jou laaste 12J-belastingaftrekking ooit. 12Cape het meer as genoeg redes hoekom jy voor 30 Junie by hulle sal wil belê.

As jy by 12Cape belê sal jy die vrugte pluk van waardevermeerdering. Foto's: VERSKAF
As jy by 12Cape belê sal jy die vrugte pluk van waardevermeerdering. Foto's: VERSKAF

Hier is 12 redes om by 12Cape te belê:

1. Een van Suid-Afrika se aantreklikste belastingaansporings kom in minder as 'n week tot 'n einde.

2. Belastingbetalers het een laaste kans om voordeel te trek. Ruil jou inkomste voor belasting vir 'n waardedraer. Beleggings in die Artikel 12J-fonds is 100% aftrekbaar van die belegger se belasbare inkomste. Dis 'n eenvoudige proses.

3. Maak jou aftrekking nou vas, betaal later: 12Cape het 'n aanloklike uitgestelde betalingskeuse waarin jy 10% van jou totale belegging voor 30 Junie 2021 betaal, 30% op 28 Februarie 2022, en 60% op 28 Februarie 2023. Geen rente word op die uitgestelde betalings gehef nie.

4. 12Cape Limited is ontwerp om jou belegging te optimaliseer sonder om buitensporige risiko's te neem. 12Cape teiken 'n ekwiteitsbefondsde nabelasting-netto-opbrengs van 15 tot 20% per jaar vir beleggers met 'n hoë belasbare inkomste - of dit individue, maatskappye of trusts is. Die fondswaarde word ondersteun deur onvervangbare vaste eiendom in 'n aktiewe mark.

5. Afstandwerk is hier om te bly - en dis goeie nuus vir Kaapstad. Die stad word reeds beskou as 'n wêreldwye gunsteling vir afstandwerk. Die massiewe Europese werksmag het min beter keuses as om die koue winters vir 'n sonnige Kaapse somer in dieselfde tydsone te verruil. Europese afstandwerkers is reeds gereelde terugkerende besoekers aan 12Cape se aparthotels, en dit behoort nog vir jare lank so te bly!

6. Aparthotels is die snelgroeiendste subsektor in die gasvryheidsverblyf ter wêreld, en ideaal vir afstandwerk en gesinsvakansies. Latitude Aparthotels, wat besit word deur 12Cape, het 'n gemiddelde besettingskoers van 75% sedert dit in November 2019 oopgemaak het, ten spyte van die Covid-19-pandemie. Okkupasie is tans rondom 80%, selfs al is dit winter met 'n derde vlaag Sars-CoV-2-infeksies.

7. Eersteklas eiendom is deur die jare en dekades bewys as goeie waardedraers. Die Atlantiese kuslyn in Kaapstad is geen uitsondering nie, metopbrengste wat inflasie oor langtydperke klop. 12Cape neem nie ontwikkelingsrisiko's nie en koop voltooide bates teen verhandelde grootmaatpryse, en met beperkte skuld - 'n maksimum van 15%.

8. Diversifikasie: Met inkomste van buitelandse besoekers wat in harde valuta gegenereer word, is die inkomstestroom nie gekoppel aan SA Inc nie. Dit word dus aantrekliker wanneer die rand verswak. Met aktiewe buitelandse belang in bates langs die Atlantiese kuslyn, word die kapitaalwaarde ook ondersteun deur 'n harde geldeenheid. In hierdieonderhoud met Alec Hogg, brei Jaap du Toit (hul voorsitter) uit op hierdie soort bateklas.

9. Samestelling en uitkeer: 12Cape is ontwerp om voordeel te trek uit die globale tendense hierbo beskryf, en om oor 'n lang tydperk te groei in waarde. Daar is egter 'n uitkeermeganisme vir beleggers wat hul belegging ná vyf jaar wil uitkeer. Die modulariteit van die portefeulje is ontwerp om dit te vergemaklik.

10. Modulariteit: Die 12Cape-fonds is modulêr van aard en bestaan uit boublokke van een-, twee- en drieslaapkamer-deeltiteleenhede met individuele titelaktes. Dit beteken dat hulle hul portefeulje kan saamstel met behulp van die aktief verhandelde residensiële mark.

11. "Semigrasie": Beplan jy om in die toekoms na die Wes-Kaap te verhuis? Eiendomspryse hou aan met styg en die kapitaaluitgawes en tyd wat nodig is om 'n beleggingseiendom te bestuur, is veeleisend. 'n Belegging in 12Cape is nie net belastingaftrekbaar nie, maar gee jou ook 'n vastrapplek in die eiendomsmark.

12. Mense: Bestuurders maak saak. Die 12Cape-beleggingspan het omvattende ervaring in institusionele beleggingsfondse, vaste eiendom en private ekwiteit. Hulle is aandeelhouers in 12Cape, saam met baie herhalende beleggers wat ook professionele beleggers is.

(SYSTEM)

Vir meer inligting oor hierdie beleggingsgeleentheid, besoek gerus 12Cape te webwerf of bly op hoogte van die jongste nuus op hul Facebook-blad.

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produkte nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM