Promosie

Besigheid wat saak maak se gewildheid loop hoog!

Die Afrikaanse TV-ontbytprogram Besigheid wat saak maak op VIA (DStv-kanaal 147) gaan net van krag tot krag.

Dis duidelik dat die wye verskeidenheid onderwerpe en inligting oor interessante dienste en produkte groot byval vind by kykers. In terme van produkbemarking, bied dit 'n uitstekende geleentheid vir besighede om te kom "gesig wys" op TV.

Besighede gebruik ook die platform om ander bemarkingsaktiwiteite 'n hupstoot te gee. So word hulle TV-onderhoude onder meer gebruik as trekpleister vir webinare en ander aanlynmateriaal.

Wat die algemene inhoud betref, geniet kykers die inligting wat bekende musikante weekliks deel. So sal hulle staaltjies vertel oor die begindae van hulle loopbaanreis en praat oor die talle fasette wat deesdae slim verweef moet word om 'n liedjie tot trefferstatus te verhef. Aspirant-musikante kan heelwat hieruit leer!

Besprekings vir Seisoen 3, wat middel-Februarie 2021 afskop, is reeds volstoom aan die gang.

Op die kunstenaarsfront gesels ook gewilde skilders, beeldhouers en skrywers oor hulle prag-werke en die inspirasie daaragter. Hieronder tel een van Suid-Afrika se top mesmakers, en 'n grafitti-kunstenaar wie se werke al vele afgeleefde mure 'n kleurvolle nuwe lewe gegee het!

Voorts skakel kykers graag in vir die weeklikse doen-dit-self-wenk van Coastal Hire. Dit wys in 'n paar maklike, vinnige stappe presies hoe om daardie lastige takies kaf te draf - van die seël van 'n deur, tot die regmaak van 'n lekkende kraan.

Algemene familiesake, soos kinderontwikkeling, word bespreek en gee terselfdertyd 'n kykie op nuwe loopbaanrigtings soos kinderkinetika. Aansluitend hierby verskaf onderhoude met tersiêre instansies nuwe opsies in terme van studierigtings.

Besigheid wat saak maak, wat Saterdagoggende tussen 08:30 en 09:30 uitgesaai word, is 'n inligtingsbron, bemarkingsplatform en sommer net 'n lekkerkykprogram oor die wie, wat en hoe van alles wat ons daaglikse lewens raak. Die tweede reeks loop einde November 2020 ten einde en besprekings vir Seisoen 3, wat middel-Februarie 2021 afskop, is reeds volstoom aan die gang. Kykers kan uitsien na 'n vars vlaag inligting, wat ook die nuutste oor motors, boustyle, finansies en tegnologie sal insluit. Dit beloof beslis om 'n wenner te wees... want besigheid, in elke vorm en klank, maak sommer baie saak!

Tariewe om op die program te verskyn begin vanaf so min as R3 000 per minuut, wat behalwe vir die Saterdagoggend-program ook ? verdere drie heruitsendings in die daaropvolgende week insluit. Dit is uitstekende waarde vir adverteerders. Ondernemings wat belangstel om op Besigheid wat saak maak te verskyn en graag meer wil weet van die reeks reklamepakkette wat beskikbaar is, kan hul versoek per e-pos stuur aan info@btmatters.co.za of ons per telefoon kontak by 012 991 7810.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM