Sedert die Covid-19-pandemie het Suid-Afrikaners soveel wisselvalligheid beleef: inflasie- en rentekoersveranderinge, 'n oorlog, beurtkrag hier op eie bodem, asook politieke onstabiliteit.
Hoe maak jy nou in onstuimige tye soos dié met beleggings? "Ongelukkig het ons nie 'n kristalbal om in die toekoms te sien nie, maar hier is 'n paar strategieë wat ek oor die jare al geleer het, en wat ek ook vir my kliënte voorstel en adviseer om sodoende nie minder as 10% op hul beleggings te genereer nie," sê Thys van Zyl, uitvoerende produkhoof van Everest Wealth.

Spekulerende groeistrategie
• Dit is tipies aandele wat kop uitsteek, vernaam in industrieë soos mynbou, tegnologie en industriële aandele wat dan die leiding in die mark neem. Hierdie soort aandele is dikwels duur, maar daar is steeds potensiaal vir addisionele groei, selfs al is daar min tot geen dividende in die tydperk wat jy die aandele hou nie. Hierdie addisionele groei kan binne 'n kort termyn van 12 tot 36 maande wys. Die aankoop van hierdie soort aandele is gewoonlik ná daar 'n verlies op die mark gely is en daar 'n goeie groeiverwagting aan gekoppel word.
Waarde-groeistrategie
• Hierdie strategie is minder riskant en is tipies daarop gemik om langtermyn-aandele te bekom wat ondergewaardeer is, maar wat gereelde dividend-uitbetalings lewer. Hierdie aandele is kenmerkend bekombaar in klein tot mediumgroot maatskappye en selfs in private ekwiteit waar maatskappye mik na notering op die JSE op die medium termyn.

Dividendgefokusde strategie
• Dit is 'n strategie gefokus op hoë inkomste in maatskappye wat waarde bied met 'n groot kontantvloei en wat gefokus is op dividendverdienste wat 'n meer stabiele inkomste is. Hierdie soort aandele is bekombaar in klein tot mediumgroot maatskappye, en meer spesifiek openbarehandelgedrewe maatskappye.
Handelsmerk-strategie
• Wat my betref, is die handelsmerkstrategie seker die veiligste strategie wat nie met emosionele sentiment bestuur word en tot risiko lei nie. Die verkoop van hierdie aandele is amper altyd gewaarborg, selfs in onseker tye. Dit is aandele in kenmerkend top-wêreldhandelsmerke soos Coca-Cola, Visa, Microsoft, McDonalds en Alphabet. Met byvoorbeeld hierdie vyf handelsmerke se aandele in jou mandjie, kon die normale Suid-Afrikaanse belegger sowat 90% saamgestelde groei verkry op 'n gemiddeld van 20% allokasie na elke aandeel. As jy die wisselkoers ook in ag neem, sou dit 'n addisionele 40% bygevoeg het, wat 'n opbrengs van sowat 130% oor die laaste vyf jaar is. Onthou egter dat die strategie geskoei is op die lang termyn met groei in gedagte.
Faktorstrategie
• Die faktorstrategie fokus op faktore soos rentekoerse, inflasie, die kredietstatus van die regering, bruto binnelandse groei, en moenie vergeet van die sogenaamde "black swans" soos Covid en oorloë nie. Hierdie faktore speel 'n rol op die kort termyn wat tussen 12 tot 24 maande is. Beleggers sal kenmerkend oor dié tydperk kyk na watter bedrywe uitblink en presteer, en dan daarop besluit, byvoorbeeld mynbouaandele wat gefokus is op goud en staatsverbande, en vaste korttermyn-deposito's wat bogemiddelde rente-opbrengste lewer as gevolg van rentekoersaanpassings. Dit word gesien as korttermynbeplanning en risikobepaling om sodoende genoeg beskerming te vind gedurende onseker tye.

"Met al hierdie strategieë in ag geneem, het elke kliënt unieke verwagtinge, inkomstebehoeftes en verskillende vlakke van risiko's wat geneem word. Ek vind trots in hierdie vyf strategieë en maak altyd seker dat dit noukeurig gevolg word. Daarom kon ons by Everest Wealth 'n minimum van 10%-opbrengste verseker gedurende die onstabiliteit van die laaste vyf jaar," sê Van Zyl.
Vir meer inligting skakel Everest Wealth by 087 654 8705, stuur e-pos na info@everestwealth.co.za, of besoek www.everestwealth.co.za.
Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.













