Promosie

Bid meer, bekommer minder ...

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kom neem deel aan GROOTfm 90.5 se GROOT Biddag. Dis ’n 24-uur-biddag van 05:00 op Maandag 29 April tot Dinsdag 30 April om 05:00.
Kom neem deel aan GROOTfm 90.5 se GROOT Biddag. Dis ’n 24-uur-biddag van 05:00 op Maandag 29 April tot Dinsdag 30 April om 05:00.

"Want waar twee of drie in My Naam vergader, daar is Ek in hul midde." Mattheus 18:20

GROOTfm 90.5 fasiliteer 'n GROOT Biddag van 05:00 op Maandag 29 April tot 05:00 op Dinsdag 30 April.

Daar is krag in gebed, want, Hy wat hoor en luister, is die Een met hierdie krag, almag en gesag. Elke gelowige ken iewers 'n gebedsrympie wat jy as kind opgesê het... "Ons vou ons handjies saam, en sê in Jesus Naam. Dankie vir die kossies, Amen!" Of, die gebed met 'n ritme... "Vir spys en drank sê ons U dank, ons loof U naam o Heer. Al ons goeie gawes, daal van die Hemel neer. Ons dank U, Heer! Ons dank U, Heer! Ons wil U liefde eer!" En dan, die Onse Vader, die riglyn-gebed, fondasie van jou gebedsverhouding met God. Maar, binne hierdie rympie en raamwerk, lê daar soveel meer ... en besef jy dit wanneer jy op hierdie intieme manier met God praat. Hy luister altyd. Die vraag lê by jou of jy altyd glo, en bo alles vertrou.

Jy weet ook gebed is nie 'n aftiklysie wat dieselfde trant volg as dié van 'n brief aan Kersvader nie. Dit gaan nie net oor dit wat jy ontvang en vra van jou Vader nie, maar eerder dit wat jy verloor. Selfsug, woede, onvergifnis, trots... alles wat jy dink jou van Sy liefde skei. Ook hier is daar niks. Niks wat jy kan skei nie. Dis bloot wanneer jy nader aan Hom beweeg (met Hom die een wat nêrens heen beweeg nie), dat jy minder en kleiner spasies los vir die leuens wat arms-ingehak saam met die wêreld by die deur ingestap kom, en die plek en spasie van waarheid bedreig. Dis hoe dit altyd is en gaan wees... Gees teenoor vlees. Wêreld teenoor Waarheid.

GROOTfm 90.5 se GROOT Biddag behels 24 uur van gebed en gesprekke op lug wat fokus op temas soos leierskap, identiteit, aanbidding, skole, finansies, ouerskap, verslawing, verhoudings, die huwelik, familie, besigheid, bestuur van tyd en waardes, dissipelskap, versoening, geloof, dankbaarheid, liefde en eenheid. Daar gaan ook groot klem wees op die komende verkiesing, gesondheid en sorg, hoop, oorwinning, Pretoria en Suid-Afrika.

Die GROOT Biddag is tweeledig. Daar gaan temas op lug bespreek word en daar gaan fisies by GROOTfm 90.5 se kantoor in Ringwoodweg 26, Lynnwood gebid word. Elke uur, vir 24 uur, gaan GROOTfm 90.5-omroepers met kenners, geestelike leiers, en bekendes gesels oor die onderskeie temas. Met gaste soos Retief Burger, Riana Nel, Jannie Putter en Lindie Strydom, word jy uitgenooi om deel te neem aan gesprekke, gebed, aanbidding en lofprysing - alles regstreeks op GROOTfm 90.5.

Elke gesprekspunt en tema fokus op hoe jy uitdagings in die wêreld oorwin met die waarheid in die Woord. Gesels saam oor die praktiese toepassing en hou mekaar ook aanspreeklik.

Die gebedsdag is vir jou, vir Pretoria, vir elke stad, vir ons land! Moenie opgee nie; gee oor! Oor aan Hom wat magtig is om oneindig meer te doen as wat jy bid of dink (Efesiërs 3:20). Jy word nie net uitgenooi om in te skakel nie, maar om saam te bid. Indien jy gebed verlang, besoek GROOTfm 90.5 op 29 April vanaf 05:00 tot 30 April om 05:00 by Ringwoodweg 26, Lynnwood Manor, of stuur 'n Whatsapp-boodskap binne hierdie 24 uur (slegs teks) na 060 643 3877.

Vir meer inligting stuur e-pos na info@grootfm.co.za of besoek grootfm.co.za.

Biddag
Biddag

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM