
Op 1 April 2000 het Cape Timber & Mouldings hul onderneming begin bedryf vanuit 'n gehuurde perseel in Lansdowne, met slegs 'n horisontale bandsaag, 'n vurkhyser en drie personeellede.

In die eerste jaar het hulle slegs nat-van-saag-hout by die plaaslike saagmeulens gekoop en in materiaal vir houthuisies (wendyhuise) en informele behuising verwerk.
In 2003 kry hulle toe 'n kontrak om bedbasisse vir Bravo Bedding te maak. Dit het hulle genoodsaak om 'n aangrensende perseel by te huur.
Die huidige eienaar, Anton de Kock, het die ander twee vennote, Jaco en Ian Louw, se aandele in 2005 uitgekoop, en in 2006 die perseel in Bellville-Suid gekoop, van waar Cape Timber & Mouldings vandag steeds sake doen.
Ou en nuwe produkte
Hul fabriek van 6 000 m² beskik oor 'n moderne infrastruktuur wat hulle in staat stel om produkte aan hoofsaaklik bouhandelaars en rakinstalleerders te lewer, asook verpakkingskratte en palette vir uitvoer.

- Pasgemaakte kratte: Cape Timber & Mouldings se reeks kratte word deur die invoer-, uitvoer- en plaaslike markte gebruik. Enige krat kan aangepas word volgens die kliënt se vereistes, en dit word met hitte behandel volgens ISPM 15-spesifikasies.
- Deure en hekke: Hulle maak ook 'n groot verskeidenheid deurrame, lathekke, strookdeure en BB-deure waaruit kliënte kan kies. Denne- en hardehoutdeurrame is beskikbaar in econo- en standaardreekse. Alle dennehoutdeurrame het vingerlaste of is gelamineer vir groter stabiliteit.
- Profielprodukte: Hulle verskaf en vervaardig meer as 70 profielprodukte, insluitend vloerlyste, plafonne, vloerplanke en veel meer.
- Timmerhout-rakwerk: Cape Timber & Mouldings maak verskeie rakwerkoplossings van oondgedroogde materiale wat sterk en duursaam is, volgens die kliënt se spesifikasies en teen mededingende pryse wat spreek van die hoogste standaard vakmanskap.
- Houtkomponente: Hulle verskaf verskillende houtkomponente aan die meubel-, konstruksie-, bou- en nywerheidsverwante bedrywe. Dit word op maat gesny en tot 'n gladde afwerking gemasjineer.

In Januarie 2010 is die bestuurspan versterk toe Anton se seun, Jean-Pierre de Kock, by die maatskappy aangesluit het as algemene bestuurder. Nuwe produkte is gedurende hierdie tyd ontwikkel en in 2020 is Cape Timber Shelving bekend gestel.
Cape Timber Shelving is 'n baie suksesvolle doen-dit-self-houtrakstelsel wat vir die publiek en maatskappye vervaardig word.
- Rakke vir tuis, stoor of besigheid: Die rakke bestaan uit standaard- modulêre komponente wat volgens jou behoeftes en spesifikasies aangepas word. Die tong-en groef-rakke is 900 mm breed, die hoogte kan wissel van 600 mm, 1 104 mm, 1 744 mm, 2 000 mm of 2 256 mm, en die rakdieptes kan wissel van 300 mm, 400 mm, 500 mm of 600 mm.

Cape Timber & Moulding se hout word vanuit die hele Suid-Afrika aangekoop. Tussen 600 en 1 000 m³ hout word per maand verwerk vir kliënte in die verskillende markte, deur 'n span van 90 werknemers.
"Die bestuur is passievol om die besigheid se koolstofvoetspoor so klein as moontlik te hou, met geen materiaal wat weggegooi word nie. Alle hout wat nie verwerk kan word nie, word ‘gechip' en saam met die saagsels gemaal om uiteindelik as kompos saam met hoenderafval verwerk te word," verduidelik Anton. Hy voeg by dat hulle ook op 'n weeklikse basis herwinbare kantoorafval vir herwinning lewer.

Twee maande gelede het Cape Timber & Mouldings 'n projek begin om 10 000 m² se asbesdakke te vervang, waarna 700 kW se sonpanele aangebring gaan word. Hulle hoop om hierdie projek teen einde Junie te voltooi.
"Alle dank aan 'n lojale bestuurspan, werknemers, verskaffers en kliënte wat oor die afgelope 21 jaar heen ons gehelp en ondersteun het om van 'n klein eenmansaak tot 'n multimiljoenrand-onderneming te groei. Ons dank ook ons Hemelse Vader vir wysheid, en dat Hy sy hand oor die besigheid en die personeel hou."
Vir meer inligting oor Cape Timber & Mouldings of Cape Timber Shelving se produkte en dienste, besoek hul webwerwe.
Skakel ook gerus 021 951 8656/8622 of stuur e-pos na info@capetimber.co.za.
GEBORG
Die volgende verskaffers en kliënte wens Cape Timber & Mouldings geluk met hul 21ste verjaardag:
- Baie geluk met jul 21ste bestaansjaar. Ons wens julle alle voorspoed en groei toe vir die toekoms. MERENSKY Timber- Doen Goed.http://http://pubads.g.doubleclick.net/gampad/clk?id=5679032849&iu=/8900
- Baie geluk met hierdie merkwaardige mylpaal, Cape Timber & Mouldings. Ons is trots om met julle verbind te wees - Melody D Timber Brokers
- Aan Anton en die span van Cape Timber & Mouldings, baie geluk met jul 21ste verjaardag. Ons by TFA Global is trots daarop om geassosieer te wees met julle en as jul rekenmeesters te dien. Mag julle van krag tot krag gaan. Beste wense van Brian en die TFA Global-span.http://http://pubads.g.doubleclick.net/gampad/clk?id=5677492458&iu=/8900
- Cape Timber & Mouldings, gelukkige 21ste verjaardag! Geen onafhanklikheid vir julle nie, met julle van die begin tot die einde! Met liefde van jul Geelhoutvlei Timbers-familie.
- Ons wens Cape Timber & Mouldings 'n gelukkige 21ste verjaardag toe. Van die span by Rance Timber.
- Gelukkige 21ste verjaardag aan een van ons beste verskaffers - van die Palian-span! Mag julle nog vele suksesvolle jare beleef.
- Baie geluk, Anton, Jean-Pierre en personeel, met jul 21ste bestaansjaar. Dit is voorwaar 'n mylpaal en MTO wens julle alle sukses toe vir die toekoms.












