Promosie

Dié vrouesterre skitter by Krone!

Die Krone 6-konsertreeks vind tydens Vrouemaand plaas. Dis daarom tyd om so 'n bietjie te kyk wie is die vrouekunstenaars wat aan dié konsertreeks deelneem. Staan terug, manne. Tyd vir die vroue om te skitter!

Andriëtte  gaan weer die gehoor aan die jol kry by Krone 6 Foto: Verskaf
Andriëtte gaan weer die gehoor aan die jol kry by Krone 6 Foto: Verskaf

Vanjaar is Andriëtte weer op die Krone-verhoog te sien. Dié Kapenaar het natuurlik bekendheid verwerf toe sy in 2007 tweede gekom het in die vierde seisoen van Idols. Haar debuutalbum, Diamant, is die volgende jaar uitgereik. Kyk hier hoe sing sy "Sewe oseane", wat 'n groot gunsteling onder Suid-Afrikaners en aanhangers is:

Die boeremeisie Lianie May het geen bekendstelling nodig nie en sal vir die eerste keer deel wees van die Krone-familie. Veral country-aanhangers is gek na haar musiek. Lianie en Jay is 'n gewilde kombinasie en hul duette word gereeld oor radiostasies gehoor.

Kyk hier na hul weergawe van "In a moment like this".

Elizma Theron is 'n voormalige model wat later die loopplank vir die verhoog verruil het. Elizma is ook al die laaste paar jaar deel van die Krone-familie.

Elizma Theron. Foto: Verskaf
Elizma Theron. Foto: Verskaf

Sy is al vir talle musiekeerbewyse benoem en het onder meer twee Suid-Afrikaanse Musiekpryse (Samas) agter haar naam. Kyk hier na haar nuutste musiekvideo van "Roep my":

Liezel Pieters is al "die Laura Branigan van Afrikaanse musiek" genoem. Sy is ewe gemaklik om in Afrikaans te sing as om liedjies uit die 1980's te sing. Luister hier na haar nuwe treffer "In ons bloed":

Die sokkiekoningin Juanita du Plessis is ook weer by Krone te sien vanjaar. Dié sprankelende sangeres het jare gelede al in musiekliefhebbers se hart gespring, maar lewer steeds die een treffer ná die ander op.

Kyk hier na die prettige video van haar sokkietreffer "Gaan groot" waarin Krone-kunstenaars Kurt Darren en Snotkop ook te sien is.

Kry vandag nog jou Krone 6-konsertkaartjiesas jy wil saamjol met dié kunstenaars en vele meer. Bespreek vandag nog jou plek, want kaartjies verkoop soos soetkoek!

En onthou, die lekker ding van Krone is die saamsing. Die woorde van al die liedjies word op skerms vertoon sodat jy saam met die kunstenaars kan sing, dans en jol.

Die konsert op Saterdag 17 Augustus in Pretoria, asook die konsert op Saterdag 3 Augustus in Kaapstad, is reeds uitverkoop.

Koop jou kaartjies nou!

Kaartjies is nog beskikbaar vir Krone 6 op 4 Augustus om 14:00 in Kaapstad in die Grand Arena in GrandWest en vir die konserte in Pretoria, wat op Vrydag 16 Augustus om 19:00 en Sondag 18 Augustus om 14:00 in die Sun Arena in Time Square gehou word.

Kaartjiepryse wissel van R195 vir 'n staanplek teen die verhoog tot R470 vir sitplekke. Kaartjies vir vanjaar se Krone is aanlyn beskikbaar by iTickets

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM