Promosie

Die ware feite oor Woolworths se Pride-veldtog

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
woolies
woolies

Die bekende kleinhandelaar Woolworths vier vanjaar internasionale Pride-maand met 'n spesiale veldtog in sy winkels. Dit is deel van sy "Inclusive Justice Initiative" (IJI), 'n natuurlike uitvloeisel van die maatskappy se goeie besigheid-reis en sy verbintenis om na die omgewing, mense en gemeenskappe om te sien. Die IGI erken dat sekere groepe in die gemeenskap opsy geskuif word en probeer om 'n wêreld te help skep waarin almal voel hulle behoort.

"Ons sien baie duidelik 'n wêreld wat gekenmerk word deur stygende vlakke van ongelykheid, diskriminasie en marginalisering," sê Roy Bagattini, die groep se uitvoerende hoof. "En ons glo dit is ons plig om die platform tot ons beskikking te gebruik om 'n breër bydrae tot die wêreld om ons te maak."

Reaksie op die veldtog, wat erken dat LGBTQIA+-mense 'n gemarginaliseerde groep is wat meer geneig is om met diskriminasie en geweld te doen te kry, was meestal positief en ondersteunend. Daar was egter ook heelwat negatiewe kommentaar. Misleidende inligting oor die veldtog is op sosiale-media-platforms en WhatsApp-groepe versprei.

Misleidende inligting oor die veldtog sluit in:

  • Dat die veldtog kinders teiken, terwyl die betrokke handelsware inderwaarheid uitsluitlik klere vir volwassenes behels, en kinders nie in enige van die uitstallings of veldtogmateriaal uitgebeeld word nie.
  • Dat Woolworths 'n deel van sy Junie-winste sal skenk aan organisasies wat deur die maatskappy ondersteun word, terwyl die skenking eintlik beperk is tot die wins wat gemaak word uit verkope van die Pride-veldtog-reeks van slegs ses items.
  • Foto's van naakte winkelpoppe in suggestiewe posisies word valslik aan die veldtog toegeskryf.
  • Vals briewe is te kwader trou geskep om te lyk asof dit deur Woolworths uitgereik is - hierdie briewe is heeltemal vals en misleidend.

Dit is nie die eerste keer dat die kleinhandelaar 'n positiewe standpunt jeens sosiale geregtigheid inneem nie, en waarskynlik sal dit ook nie die laaste keer wees nie. Om die waarheid te sê, in die groep se 90 jaar lange geskiedenis het Woolworths nog altyd maatskaplike kwessies aangespreek.

Gegewe sy visie om een van die wêreld se verantwoordelikste kleinhandelaars te wees, het die maatskappy deur sy IJI gekies om aandag te skenk aan 'n hele paar kwessies te make met rassisme, geslagsgelykheid, geslagsgeweld, diversiteit en inklusiwiteit, maatskaplike en gemeenskapsontwikkeling, regverdige en verantwoordelike vergoeding, die ontwikkeling van klein tot medium ondernemings asook die etiese en plaaslike verkryging van goedere. Opkomende veldtogte sal die aandag op ander gemarginaliseerde groepe vestig, insluitend die lot van armes, ontmoedigde jong Suid-Afrikaners op Jeugdag, kwessies oor die bevordering van vroue gedurende Vrouemaand en die viering van 16 Dae van Aktivisme, om maar net 'n paar op te noem.

"Daar is by my geen twyfel dat ons waarde as 'n onderneming en die waardes van die maatskappy, onlosmaaklik deel van mekaar is nie," sê Bagattini. "Deur die werk wat ons doen, wil ons brûe bou tussen al die gemeenskappe wat ons bedien en wat ons waardeer. Ons doelwit is om by te dra tot 'n wêreld waarin almal voel hulle behoort, en om niemand agterweë te laat nie."

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM