Promosie

Ekspo spesiaal vir buitelugmense

Pak solank jou tent en bespreek jou kaartjies vir die kykNET se Buite-ekspo wat van 2 tot 4 Augustus gehou word. Foto: Pexels
Pak solank jou tent en bespreek jou kaartjies vir die kykNET se Buite-ekspo wat van 2 tot 4 Augustus gehou word. Foto: Pexels

As jy hou van kampeer en die buitelewe, sal jy plan moet maak om uit te kom by kykNET se Buite-ekspo Limpopo wat van 2 tot 4 Augustus by die Sondela-natuurreservaat en Spa net buite Bela-Bela aangebied word.

Hier kan jy vir 'n hele naweek in 'n veilige plaasomgewing saam met jou vriende en familie kampeer - of net opdaag as 'n dagbesoeker - terwyl julle die jongste aanbiedings in die kampeer- en buitelugbedryf ontdek.

Die naweek in die Bosveld gee jou die geleentheid om jou batterye te herlaai en sommer 'n hele paar blink idees te kry by ander kampeerders om jou tentpenne in die toekoms nóg beter in te slaan.

Daar gaan uitstallings wees van woonwaens en kampeertoerusting en 'n program propvol aktiwiteite vir elke lid van die gesin, waaronder prettige kindervermaak vir die kleingoed.

Dagbesoekers is welkom, maar vir diegene wat die hele naweek wil uitspan, is daar verblyfgeriewe wat wissel van chalets tot kampeerplekke.

Die naweek in die Bosveld gee jou die geleentheid om jou batterye te herlaai en sommer 'n hele paar blink idees te kry by ander kampeerders om jou tentpenne in die toekoms nóg beter in te slaan.

Vir adrenalienverslaafdes is daar onder meer helikoptervlugte, perderitte en lekker uitdagende bergfietsroetes.

Vermaak vir almal

Franja du Plessis (Foto: Deaan Vivier)
Franja du Plessis (Foto: Deaan Vivier)

'n Snuffel- en kunsmark, 'n verskeidenheid eetgoed en vermaak deur kunstenaars soos Pieter Smith, Ruan Josh en Franja du Plessis, Willem Botha, Chereé en Jan Rhaap bied jou die geleentheid om jou das los te knoop en jou tekkies (of dansskoene!) aan te trek.

En wat is dan lekkerder as om laataand, wanneer die son water trek, jou vuurtjie te pak en 'n vleisie op die kole te gooi?

KOOP JOU KAARTJIES HIER!

Kaartjies vir die geleentheid is by die hekke beskikbaar of kan vooraf aanlyn by Computicket of by enige Money Market-toonbank in Shoprite/Checkers-winkels gekoop word.

Besoek www.ekspo.co.za vir meer inligting.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM