Die bekroonde onafhanklike welvaartbestuurder Brenthurst Wealth het 'n ooreenkoms met die hoogs suksesvolle skrywer Deon Meyer bereik om as handelsmerkambassadeur vir die maatskappy te dien.
"Deon is wêreldwyd bekend vir sy aangrypende fiksie. Belegging hou 'n ander soort spanning in en ons meen dat ons proses en syne soortgelyk is. Daarom is hy die perfekte persoon vir hierdie rol," sê Magnus Heystek, mede-stigter, direkteur en beleggingstrateeg van Brenthurst Wealth. "Om fiksie te skryf verg fokus, toewyding en tyd. Die ontwikkeling van 'n beleggingstrategie verg dieselfde proses."
Sue Heystek, bemarkingsdirekteur, sê samewerking met Deon is perfek vir Brenthurst. "Die bemarkingsveldtog wat ons vir hierdie projek ontwikkel het, pas uitstekend in ons bestaande, goed-gevestigde handelsmerkstrategie. Ons bemarkingsbenadering is sterk gefokus op kommunikasie met kliënte, en ons span verskillende media in om met ons kliënte en die publiek wat in belegging belangstel te kommunikeer. Deon is 'n wêreldreisiger, wat ons strategie goed pas oor ons fokus op belegging in die buiteland. Ons deel 'n internasionale perspektief met Deon wat vir ons albei sukses lewer."
"My lewe word oorheers deur navorsing en skryfwerk vir boeke, televisiereekse en rolprente," sê Meyer, wat ook 'n kliënt van Brenthurst is. "Ek het kenners met 'n bewese suksesrekord van uitstekende opbrengste, wat die waarde van verhoudings waardeer, genader om my internasionale bates te bestuur."
Hy wys voorts daarop dat Brenthurst onafhanklik is, en noem hy is beïndruk dat die maatskappy buitelandse beleggings aanbeveel het nog lank voor dit gewild geword het. "Die Brenthurst-span het ook internasionale boedelbeplanning, belastingdienste en beleggingsopsies wat aan my unieke behoeftes voldoen."
As deel van dié veldtog, het Meyer in Mei vanjaar aan Brenthurst se landwye seminaarreeks, getiteld "Die Bestuur van Onsekerheid", deelgeneem. Hy was een van die sprekers en het sy insigte en ervarings gedeel. Hy sal ook aan toekomstige geleenthede deelneem om oor sy inspirerende loopbaan te gesels.
Brian Butchart, Brenthurst Wealth se besturende direkteur, sê: "Deon is 'n uitstekende voorbeeld van 'n slim belegger - iemand wat lojaal is aan Suid-Afrika, maar 'n internasionale fokus het. Sy vermoë om komplekse verhale te skryf is soortgelyk aan ons strategiese benadering tot die bestuur van kliënte se beleggings."
Brenthurst Wealth vier vanjaar sy 20ste herdenking. Die maatskappy het met een kantoor in Fourways, Johannesburg, begin en het nou nege kantore in Suid-Afrika, asook 'n internasionale kantoor in Mauritius. Die maatskappy bestuur R17 miljard namens kliënte en is in 2017 en 2020 as die voorste boetiekwelvaartbestuurder in die jaarlikse Krutham- (voorheen Intellidex) toekennings vir private banke en welvaartbestuurders aangewys.
Gaan na bwm.co.za vir meer.
Stuur navrae rakende beleggings aan invest@brenthurstwealth.co.za.
- Brenthurst Wealth Management is 'n geregistreerde finansiëlediensteverskaffer (FDV-nommer 7833) in Suid-Afrika in terme van die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste (FAIS-wet).
Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.


















