
By JJS Dentistry is ons trots daarop om jou die toekoms van inplantingstandheelkunde te bied. Met die jongste tegnologie tot ons beskikking en ongeëwenaarde ervaring, is die manier hoe ons die inplantings doen revolusionêr en verbeter ons tientalle mense se lewe.
Is jy selfbewus oor jou glimlag? Inplanting is 'n permanente vervanging van 'n vermiste tand, dit is stabiel, het 'n natuurlike voorkoms en jy kan dit nes jou natuurlike tande in stand hou. "As 'n progressiewe tandarts glo ek daaraan om die grense van konvensionele tandheelkunde te verskuif en innoverende, moderne prosesse te inkorporeer in alles wat ons doen," verduidelik dr. Serfontein, stigter en gerekende tandheelkundige chirurg by JJS Dentistry.
JJS Dentistry is 'n luukse tandheelkunde-kliniek wat daartoe verbind is om 'n uitsonderlike ervaring aan pasiënte te bied en het twee praktyke in Kaapstad. Dr. Serfontein kombineer sy vele prestasies om individuele behandelingsplanne vir elke pasiënt te skep, en as lid van die International Team for Implantology (ITI), SA Akademie vir Estetiese Tandheelkunde (SAAAD) en meer, is sy praktyk 'n leier in die bedryf.
JJS Dentistry se toewyding aan uitnemendheid strek verder as net hul moderne tegnologie. Gedryf deur dr. Serfontein se passie vir innovering, is hulle aan die voorpunt van die nuutste navorsing rakende tandheelkundige inplanting sodat hulle pasiënte die mees doeltreffende en gevorderde oplossings kan bied. Deur hul unieke digitale werksvloei verseker hulle die presiese plasing van inplantings, buitengewone estetika en funksionele resultate. Hul nougesette benadering en gebruik van materiale van die hoogste gehalte onderskei hulle as 'n topbestemming vir tandheelkundige inplantings.
Wanneer jy JJS Dentistry kies, baat jy nie net ten opsigte van hul ervaring in tandheelkundige inplantings nie, maar is jou ervaring as pasiënt ook ongeëwenaard. Die simpatieke omgewing, gekombineer met die span se toewyding tot 'n gesonde, funksionele en estetiese glimlag, verseker jou gerief en satisfaksie. Met 'n omvattende reeks behandelings, wat insluit tandheelkunige inplantings, die skep van 'n nuwe glimlag, ortodonsie en nog meer, beskik hulle oor die kundigheid en gevorderde behandelings wat vir jou geskik is.
Ervaar die toekoms van tandheelkundige inplantings en herontdek die vreugde van 'n wye glimlag en die verandering wat dit in jou lewe kan hê. Besoek JJS Dentistry waar die wetenskap van tandheelkunde en kuns ontmoet, met jou lieflike glimlag die hoofdoelwit.















