Promosie

Goud, van die grond af op

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Met meer as 300 jaar se wynmaakerfenis agter die blad, ryg Spier se wyne steeds die toekennings in. In 2021 is hul wyne bekroon deur onder meer die Platter’s-wyngids en by die Veritas-toekennings. Spier se wynmaakspan is Lizanne Jordaan, Johan Jordaa
Met meer as 300 jaar se wynmaakerfenis agter die blad, ryg Spier se wyne steeds die toekennings in. In 2021 is hul wyne bekroon deur onder meer die Platter’s-wyngids en by die Veritas-toekennings. Spier se wynmaakspan is Lizanne Jordaan, Johan Jordaa

Spier vier met trots 'n skitterende 2021-toekenningseisoen!

Om hul "seldsame kombinasie van prestasies . . . uitmuntendheid in die skaarser sowel as die groter volumespektrums van die mark" te erken, het die toonaangewende Platter's-wyngids die wynplaas vanjaar met die Editor's Choice: Winery of the Year 2022-toekenning vereer.

Spier het ook die hoogste eer by die Veritas-wyntoekennings ontvang met die Duimpie Bayly Veritas Vertex-toekenning vir hul 2018 Spier Creative Block 5. Hierdie Bordeaux-styl versnit het uit meer as 1 300 inskrywings met die louere as algehele kampioenwyn weggestap. Dit is ongelooflik om te dink dat Spier hierdie trofee vir die tweede keer omhoog kan hou!

Met 'n geskiedenis diep gewortel in meer as 300 jaar se wynmaak-erfenis, is dit veilig om sê dat hul wyne sonder twyfel aan die goue standaard voldoen. Hier volg die redes waarom Spier hul sukses toeskryf aan die beginsel dat gouemedaljewyne van die grond af boontoe groei.

Spier se wegspringplek met die maak van al hul wyne is 'n gesonde wingerd en respek vir die natuur, daarom begin hul wynmaakfilosofie waar alle goeie wyne moet: in die wingerd.
Spier se wegspringplek met die maak van al hul wyne is 'n gesonde wingerd en respek vir die natuur, daarom begin hul wynmaakfilosofie waar alle goeie wyne moet: in die wingerd.

Goud begin met slim dinkwerk

Spier se wegspringplek is 'n gesonde wingerd en respek vir die natuur. Deur sover moontlik natuurlike boerdery- en wynmaaktegnieke toe te pas, bly die fokus op die mees geskikte variëteite vir die terroir. Johan Jordaan, Spier se keldermeester, glo dat goeie druiwe uit die wingerd kom, maar dat goeie wyne 'n spanpoging verg. Johan het onlangs die leisels oorgeneem by sy mentor en bedryfsikoon, Frans Smit, wat ná 25 jaar se onberispelike wynmaak- en vitikulterele leierskap nou as Spier se besturende direkteur dien.

"Spier se wynmaakfilosofie begin waar alle goeie wyne moet: in die wingerd. Ons verkies om elke blok individueel te benader en ploeg groot moeite en kennis in die besonderhede," deel Johan jou mee.

Hy werk baie nou saam met die bekwame wingerdkundige, Bennie Liebenberg, om die beste uit elke terrein te kry. Sedert hy in Julie 2019 by Spier aangesluit het, fokus Bennie op die bou van betroubare verhoudings met die groeiers wat druiwe vir hul top-wynreekse verskaf, insluitend Frans K. Smit, 21 Gables, Creative Block en Seaward.

"Ek probeer om net die beste te kry uit elke terrein wat aan ons druiwe lewer," verduidelik hy. "Wat ons in die wingerd doen, kan uiteindelik 'n beduidende uitwerking op die wyn se gehalte hê. Dit sluit in die soort wortelstokke wat ons gebruik, die soort rankstelsel, die snoei- en afsnywerk, en wanneer ons oes. My werk is om te verseker dat ons al hierdie dinge optimaal doen."

Die span agter die goud

Wanneer die druiwe Spier se kelder bereik, is die motivering steeds om die beste uit elke terrein te verkry. Dit sluit 'n benadering van minimale ingryping in om die suiwerheid van die variëteit te verseker, maar steeds die omgewing te respekteer.

"Hoekom is dit so belangrik om in die wingerd te begin? Want goeie druiwe is 99% van die rou materiaal wat jy benodig vir goeie wynmaak!" sê Tania Kleintjes-Moses, organiese wynmaker.

As 'n span bring elke lid 'n besonderse vaardigheid na die kelder, met almal wat deur 'n oorkoepelende gees van samewerking gelei word.

Spier het diep respek vir die land en sy mense, daarom het hulle die Growing for Good-inisiatiewe op die been gebring wat daarop gemik is om gemeenskappe te bemagtig om positiewe maatskaplike en omgewingsveranderinge teweeg te bring.
Spier het diep respek vir die land en sy mense, daarom het hulle die Growing for Good-inisiatiewe op die been gebring wat daarop gemik is om gemeenskappe te bemagtig om positiewe maatskaplike en omgewingsveranderinge teweeg te bring.

Wynbou, nie wynmaak

Met die 2022-oes wat vroeg in April eindig, bepeins keldermeester Johan die span se insae in elke bottel:

"Dit is vir my moeilik om oor wynmaak te gesels, sonder om ook oor die wingerd te praat, dus is ‘wyngroei' die term wat ek verkies. Wanneer jy 'n Spier-wyn proe, moet jy nie net die hoogste gehalte wyn proe nie. My wens is dat jy ook 'n gevoel van die plek kry, asook die mense wat daardie wyn gemaak het."

Spier, wat in 1692 gevestig is, se lang lewensduur is diep gewortel in respek vir die land en sy mense. Hierdie mantra sluit aan by hul Growing For Good-inisiatiewe, wat daarop gemik is om gemeenskappe te bemagtig om positiewe maatskaplike en omgewingsveranderinge teweeg te bring. As toesighouer oor 620 ha, glo hulle daarin om goeie bure te wees, saam te werk om die grond te hernuwe, die gesondheid van hul riviere te herstel en voedsel aan gemeenskappe te voorsien om te verseker die toekoms is veerkragtig, gesond en welvarend vir toekomstige generasies. Dit is hierdie holistiese benadering wat verseker dat Spier-wyn sy gewig in goud werd is.

(SYSTEM)

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM