Die Hartbeespoortdam, oftewel Harties, is een van Suid-Afrika se gewildste trekpleisters. Het jy geweet dat dié dam vanjaar 100 jaar oud is, en ken jy die geskiedenis van Harties? Indien nie, lees verder.
Interessante feite oor die Hartbeespoortdam
Saartjie Klipkop wat die geskiedenisblad "Saartjie Klipkop" op Facebook bedryf, deel slegs 'n paar feite oor die dam:
Generaal Hendrik Schoeman het 'n plaas met die naam Hartbeespoort besit. Hy het oorspronklik hierdie dam die Sophia genoem, na sy vrou - maar die naam is later na Hartbeespoortdam verander.
Destyds het dit 'n verbasingwekkende R10 000 gekos om die damwal om te bou.
'n Sweedse man met die naam August Karlson is gehuur om die bouwerk te ontwerp. Weens finansiële probleme en die begin van oorlog, het konstruksie egter kort daarna tot stilstand gekom. Die bouwerk is weer in 1918 hervat.
Gedurende 1921 het stortreën die tydelike dam weggespoel en die bouwerk het weer tot stilstand gekom. Uit pure frustrasie het Karlson uit sy pos bedank en die raad het 'n jong, maar talentvolle ingenieur genaamd F.W. Scott aangestel.
Toe die dam uiteindelik gebou is, is die eerste pad oor die brug geteer. Dit het die nuwe pad tussen Pretoria en Rustenburg geword.

Die "Victory Arch"
Die sogenaamde "Victory Arch" aan die westekant van die dam is iets besonders en nêrens anders op 'n damwal in Suid-Afrika te vinde nie.
Die boog is amper 'n kopie van die algemene Romeinse oorwinningsboë met ooreenkomste van die Arc de Triomphe in Parys.
Die boog simboliseer dat die stryd vir die ontstaan van die dam, en die stryd teen armoede, met oorwinning beloon is. Dit is ook 'n herhaling van die dam se boogvorm, wat die vorm van die Uniegebou herhaal, wat voltooi is net voor die dam gebou is.

Ander feite oor die dam
• Hartbeespoort bestaan uit 'n aantal kleiner gemeenskappe: Meerhof, Ifafi, Melodie, Schoemansville en Kosmos.
• Schoemansville is die oudste woonbuurt van Hartbeespoort en is vernoem na generaal Hendrik Schoeman, 'n Boeregeneraal in die Anglo-Boereoorlog en oorspronklike eienaar van die plaas waarop die Hartbeespoortdam gebou is.
• Hierdie "poort" in die Magaliesberge was 'n bekende plek waar jagters die hartebeeste geskiet het.
• Ongeveer 250 000 sakke sement is vir die bou van die damwal gebruik.
• Teen volle kapasiteit vul die dam tot 205 miljoen kubieke meter water.
• Die damwal is 149,5 m lank en 59,4 m hoog, en gebou oor 'n kloof wat deur die Magaliesberg-bergreeks sny.
Bykomende bronne:Hartbeespoortonline en Boaters World Adventures.
Hier is bykomende aktiwiteite en verblyfopsies wat jy in Hartbeespoort kan oorweeg:
Orion Hotels & Resorts

Diep in die skilderagtige Magaliesberg-streek sal jy The Venue Country Hotel & Spavind, 'n asemrowende toevlugsoord ver weg van die betonoerwoud. Omring deur majestueuse, golwende heuwels en die welige groenigheid wat net in die Magalies-omgewing voorkom, is die hotel werklik 'n unieke ervaring vir gaste wat oornag, dagbesoekers en konferensiegangers. The Venue Country Hotel & Spa is langs die gewilde Magaliesberg R512-roete (Pelindabaweg) tussen Johannesburg en die Hartbeespoortdam geleë.
Dit is slegs 10 minute vanaf Lanseria Internasionale Lughawe, luukse geriewe, maklike toegang tot Johannesburg, Hartbeespoort, asook die talle internasionaal bekende besienswaardighede in die omgewing, soos die Wieg van die Mensdom, Lesedi- kulturele dorp en die Lion & Safari Park. Kom bederf jouself met hul spabehandelings, hetsy dit 'n halfdag-, nagspa of romantiese paartjie-pakket is - jy verdien dit!
Bill Harrop's Balloon Safaris

Die uiteindelike hoogtepunt van jou besoek, in elegante styl - 'n lugballonrit in die oeroue Magaliesburg-bergvallei. Geniet dié unieke besienswaardigheidstoer terwyl jy rustig op die wieke van die wind sweef. Geniet 'n glasie vonkelwyn wanneer jy land, gevolg deur 'n heerlike Engelse ontbyt by Klubhuis Pawiljoen.
Dit is 'n eenmalige ervaring!
Vir meer inligting en besprekings, skakel 083 457 3402, stuur e-pos of besoek hul webtuiste.
Hart Mark

Kom besoek Suid-Afrika se grootste geskenk- en huisversieringsmark wat toegewy is aan skeppers van handgemaakte produkte asook ontwerpers.
By dié mark kan jy uitsien na 450 uitstallers, 250 000 produkte en 24 vriendelike personeellede!
Jy sal dié mark op die R511 in Hartbeespoort vind.
Vir meer inligting skakel 061 957 8671 of besoek hul webtuiste.
Dreiers

Dreiers is sedert 1921 'n alombekende hardeware- en boumateriaalverskaffer wat oor 'n wye reeks produkte beskik. Dit is die onderneming se doel om 'n eenstop-winkel te wees. Dreiers het die vertroude hardewarewinkel in Hartbeespoort, Pretoria-Noord en omliggende gebiede geword vanweë die wye verskeidenheid produkte van goeie gehalte teen baie billike pryse. Hulle bied ook aflewering in omliggende gebiede teen die laagste moontlike prys. Die sukses van hierdie bekende hardewarewinkel is die resultaat van eerlike saketransaksies, die nakoming van beloftes en vriendelike, doeltreffende diens.
Kom besoek Dreiers vir al jou hardeware, boumateriaal-benodigdhede en vele meer. Vir meer inligting besoek hul webtuisteof Facebook-blad.
















