Promosie

Die Herlaai-fees is in 5 dorpe! Kry kaartjies om Bok van Blerk, Spoegwolf en kie te sien

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf.
Foto: Verskaf.

Jy kan uitsien na vyf konserte in vyf dorpe, plus die kans om self op die Herlaai-verhoog te verskyn in die Herlaai-talentsoektog, en 'n kaartjiekompetisie vir Herlaai se Ultimate Fan. Goeie musiek, geleenthede en opwinding - net wat ons nodig het om te Herlaai. 'n Deel van die inkomste gaan ook geskenk word aan die President Kruger-kinderhuise.

Wanneer is die konserte?

7 Mei - Pretoria, Monte de Dios

21 Mei - Paarl, Faure-stadion

10 September - Vaaldriehoek, Isak Steyl-stadion

8 Oktober - Oos-Rand - School of Achievement

15 Oktober - George - Outeniquapark

Wat kos dit?

Kaartjies kos vanaf R280, en jy kan hier kaartjies koop. Kry vandag nog kaartjies om te verseker jy het 'n plek by dié lekkerte.

Die Herlaai-talentsoektog

Dié kompetisie bied jou die kans van 'n leeftyd: om saam met jou gunstelingkunstenaar of -groep op die verhoog te sing! Een gelukkige sanger sal saam met die kunstenaars op die verhoog verskyn die aand wanneer Herlaai in jou dorp is.

Enige iemand tussen die ouderdom van 7 en 35 kan inskryf, al wat jy moet doen is om 'n video te maak waar jy jou gunstelingliedjie van een van die kunstenaars wat in die Herlaai-konsertreeks optree, te sing. Plaas dit op TikTok of stuur dit na 082-448-4569 op WhatsApp, met die volgende besonderhede: Naam en van, ouderdom, dorp, kontakbesonderhede, jou gunsteling Herlaai-2022-kunstenaar saam met wie jy wil sing (bv. #HerlaaiBok) en die hutsmerke #HerlaaiTalent #Herlaai #JouProvinsie #JouTaal #JouKonsert. Onthou om Herlaai te tag by @Herlaai.

Inskrywings vir Pretoria en die Paarl se konserte het reeds gesluit, maar jy kan nog vir die Vaaldriehoek (11 Augustus sluitingsdatum), die Oos-Rand (25 Augustus sluitingsdatum) en George (25 Augustus sluitingsdatum) inskryf. Jy kan meer besonderhede oor die Herlaai-talentsoektog kry hier.

Die Herlaai-Ultimate Fan-kompetisie

Om in te skryf vir dié kompetisie, moet jy 'n kaartjie hê vir een van die konserte. Dan moet jy vir Herlaai wys hoe 'n groot fan jy is deur sosialemediaplasings, deel van plasings, en die tag van Herlaai op Facebook, Instagram en TikTok. Gebruik hierdie hutsmerke vir die Pretoria- en die Paarl-konserte: #herlaai2022 #herlaaitalent #ultimatefan #joudorp #joumense #joumusiek #jouprovinsie #joutaal #joukonsert #spoegwolf #bokvanblerk #elandré #refentse #pretoria #paarl #vaaldriehoek #oosrand #george #afrikaans #musiek #fees #familie #kuier #vriende #samesyn #Virseker #MitMakMotors #PretoriaFM #PaarlFM #Vinette #Lift #CityLodgeHotelLynnwood

Vyf semifinaliste sal op 3 Mei aangekondig word op sosiale media. Elk van die semifinaliste kry vier gratis kaartjies sodat jy jou vriende kan saambring konserte toe. Op die dag van die konsert kan jy dan verder bewys watter groot fan jy is - tot en met 20:00, wanneer die wenners op die verhoog aangekondig sal word.

  • Meer inligting oor die konsertreeks is hier beskikbaar.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM