Promosie

Holte vir jou voet hier

Burgundy Estate, geleë tussen Bloubergstrand en die heuwels van Durbanville, is 'n rustige woonbuurt met oop ruimtes en allerlei geriewe.

Sedert die eiendomsgroep Rabie in 2015 deur middel van 'n gesamentlike onderneming met die Nedbank korporatiewe en beleggingsbank (CIB) betrokke geraak het, het Burgundy Estate in 'n volwaardige multi-generasie-landgoed ontwikkel.

Dit spog al met 3 300 voordeure, sy eie geriefswinkelsentrum, drie skole, 'n Mashie-gholfbaan, restaurante, sowel as 'n klubhuis met tennisbane en is die ideale omgewing vir 'n gesin om saam te kan groei, meen die ontwikkelaar.

'n Arendsblik op Burgundy Estate in Kaapstad. Foto: Verskaf
'n Arendsblik op Burgundy Estate in Kaapstad. Foto: Verskaf

Jou aftrede

Daarbenewens kan ouma en oupa ook 'n voortreflike aftreeleefstyl in Burgundy Estate se eie aftreelandgoed geniet.

Oasis Life Burgundy Estate is 'n beveiligde ontwikkeling wat 10 ha beslaan - geleë binne die groter Burgundy Estate-woonbuurt, met 'n kombinasie van huise en woonstelblokke.

Hier het die inwoners toegang tot hul eie leefstylsentrum, wat onder meer oor 'n restaurant en primêre gesondheidsuites beskik. Volgens Rabie kan kopers hier deel word van 'n eendersdenkende gemeenskap en opwindende geleenthede en aktiwiteite bywoon.

Die inwoners van Oasis Life Burgundy Estate kan hul onafhanklikheid kom vier in huise en woonstelle van verskeie groottes, en wat by hul onderskeie lewensfases inpas.

Vooruitgang

Bo en behalwe die ontwikkelingsvooruitgang wat Rabie binne die mure van Burgundy Estate teweeggebring het, is die omliggende paaie ook onlangs opgeknap.

Daarbenewens het die eiendomsontwikkelaars Atterbury in Julie verlede jaar 'n nuwe winkelsentrum met groot ankerhuurders, Richmond Corner, 'n klipgooi vanaf Burgundy Estate geopen.

Atterbury se Richmond-sakepark is ook in aanbou daar.

Fyn beplanning

"Ons beplan die verskeie veiligheidskomplekse binne Burgundy Estate met keur, en maak seker dat lae digtheid en heelwat groen, oop ruimtes deel van die ontwikkelingsplan vorm," verduidelik Miguel Rodrigues, direkteur van Rabie.

"Elke kompleks is uniek. Party bestaan uit woonstelblokke, terwyl ander weer losstaande gesinshuise het. Ons jongste ontwikkeling, Bow Tie, bied weer 'n kombinasie van die twee," sê hy.

"Party komplekse het selfs hul eie swembad en klubhuis. Ons wil graag verseker dat inwoners vanuit 'n wye verskeidenheid lewensfases hul knus plekkie in Burgundy Estate vind. Enkellopende professionele jong mense, gesinne met jong kinders asook lewenslustige seniors is welkom en vorm deel van ons Burgundy Estate-familie."

Burgundy Estate is 'n gewilde bestemming vir mikro- en makro-semigrasie, en bied inwoners ruimte om van die huis af te werk, kilometers se draf-en-staproetes en mooi uitsigte op Durbanville se heuwels, sowel as op Tafelberg. Volgens Rabie is dit voorwaar 'n plek om asem te skep, saam te verken, vriendskappe te bou en jou ruimte op jou voorwaardes in te neem.

Eiendomme-Redaksie

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM