Hoe versorg jy jou hare in die winter? Dit is die perfekte tyd om jou haarsorgroetine te verander of aan te pas. Dink net aan al die skade wat die yskoue weer én stilering aan jou hare doen. Jy hét daai ekstra voeding nodig vir jou hare.
Jou hare word droog, frizzy, leweloos en onhanteerbaar - en boonop breek dit nog af ook! Behandel jou hare met 'n kombinasie van voedsame olies vir die glans wat jou winterhare verdien.
Caivil, die haarinstituut verantwoordelik vir die pryswennende Fusion Oil, is terug met meer luukse haarolies. Voeg dit by jou winterroetine en maak jou gereed vir jou beste hare nóg!
Voedsame produkte wat jy moet probeer:
Caivil Fusion Oil is ontwerp om jou algehele haargroei te verbeter en ook om groei aan te moedig waar jou hare uitgeval het van braiding, weaving, stilering of chemiese behandelings.
Caivil Exotic Black Castor Oil is 'n haar-en-kopvelolie wat verryk is met die voedsaamheid van argan- en olyf-olie. Saam met die voordele vir kopvelgesondheid van neem-olie is dit 'n absolute moet vir die versorging van alle haartipes.
Caivil Advanced Coconut Oil stimuleer haargroei deur in jou haarfollikels te gaan en te keer dat jou hare afbreek en gesplete punte vorm. Só kan jou hare in vrede groei en jy jou haarlengte behou.

Die resultaat? Sterker, sagter, hanteerbare hare.
Gesteun deur die Caivil-belofte van uitmuntende gehalte. *Resultate kan verskil.
Volg Caivil op Facebook en Instagram vir meer inligting en fab produkte om te probeer.












