
7 April 2025 om 10:00 te Goedehoop Landgoed, Kuilsrivier, Wes-Kaap
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAP-AFDELING, KAAPSTAD)
NEDBANK BEPERK vs GOEDE HOOP TRUST, IT1333/94 EN 'N ANDER
(Saaknommer: 12654/18)
Geliewe kennis te neem dat die volgende eiendom op 7 April 2025 per openbare veiling in eksekusie opgeveil sal word deur die Balju van die Hooggeregshof, Stellenbosch, ingevolge 'n lasbrief in eksekusie, uitgereik kragtens 'n vonnis deur die bovermelde Agbare Hof op 17 September 2020:
RESTANT VAN GEDEELTE 2 (GEDEELTE VAN GEDEELTE 1) VAN DIE PLAAS GOOD HOPE NOMMER 220 IN DIE MUNISIPALITEIT STELLENBOSCH, AFDELING STELLENBOSCH, WES-KAAP-PROVINSIE. GROOTTE: 115,6623 HEKTAAR GEHOU DEUR TRANSPORTAKTE: T49155/1996, ONDERHEWIG AAN DIE BEPALINGS EN VOORWAARDES DAARIN BEVAT.
VERBETERINGE (NIKS IS GEWAARBORG NIE): Die eiendom is 'n 115,6623-hektaar wynlandgoed met 58,4 ha-wingerde insluitend 11,3 ha Sauvignon Blanc, 10,6 ha Chenin Blanc, 2,57 ha Chardonnay, 8,7 ha Cabernet, 8,96 ha Shiraz, 2,64 ha Cinsaut, 5,18 ha Merlot, 1,01 ha Malbec, 7,39 ha Pinotage. Die verbeterings op die eiendom bestaan uit: 'n hoofwoning, 'n kantoor, 'n kelder met 'n proelokaal, 'n kerk, 2 motorhuise en 12 arbeidershuise.
Die geregtelike veiling sal gehou word deur mnr. Robert Lewis van die Balju van die Hooggeregshof Stellenbosch, Nr. 4, Lutz-gebou, Victoriastraat 11, Stellenbosch-sentraal, tel. 021 877 9999.
Die volgende inligting kan by die Balju verkry word:
1. Veilingsreëls (verkoopvoorwaardes);
2. Aanwysings na die eiendom wat in die geregtelike veiling aangebied word; en
3. Aanwysings na die perseel waar die geregtelike veiling sal plaasvind.
Navrae: Alfie Langley by die kantore van VanderSpuy Kaapstad Ingelyf, Eerste Vloer, Kortmarksraat 56, Kaapstad (tel. 021 419 3622).

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.





















