Promosie

Kennisgewing van geregtelike veiling: Kuilsrivier/Stellenbosch

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die hoofwoning op die landgoed wat opgeveil word.
Die hoofwoning op die landgoed wat opgeveil word.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAP AFDELING, KAAPSTAD)

Saaknommer: 12654/18

In die saak tussen: NEDBANK BEPERK vs GOEDE HOOP TRUST, IT1333/94 EN ANDER

Geliewe kennis te neem dat die volgende eiendom op 8 Julie 2025 om 10:00 per openbare veiling in eksekusie opgeveil sal word by die Goedehoop Landgoed, Kuilsrivier, Wes-Kaap, ingevolge 'n lasbrief in eksekusie, uitgereik kragtens 'n vonnis deur die bovermelde Agbare Hof op 17 September 2020:

Restant van Gedeelte 2 (Gedeelte van Gedeelte 1) van die Plaas Goede Hoop, Nommer 220 in die Stellenbosch-Munisipaliteit, Afdeling Stellenbosch, Wes-Kaap Provinsie.

Grootte: 115,6623 ha (een-een-vyf-komma-ses-ses-twee-drie hektaar)

Gehou deur Transportakte No.: T49155/1996

ONDERHEWIG AAN DIE BEPALINGS EN VOORWAARDES DAARIN GENOEM OF NA VERWYS.

GELEë TE: Goedehoop Landgoed, Kuilsrivier, Wes-Kaap.

Alhoewel geen waarborge gegee word nie: Die eiendom is 'n 115,6623-hektaar wynlandgoed met 58,4 ha wingerde, insluitend 11,3 ha sauvignon blanc, 10,6 ha chenin blanc, 2,57 ha chardonnay, 8,7 ha cabernet, 8,96 ha shiraz, 2,64 ha cinsaut, 5,18 ha merlot, 1,01 ha malbec, 7,39 ha pinotage.

Die verbeterings op die eiendom bestaan uit:

'n Hoofwoning, 'n kantoor, 'n kelder met 'n proelokaal, 'n kerk, 2 motorhuise en 12 arbeidershuise.

1. Die geregtelike veiling sal gehou word deur mnr. Robert Lewis van die Balju van die Hooggeregshof Stellenbosch, Nr. 4, Lutz-gebou, Victoriastraat 11, Stellenbosch-sentraal, tel. 021 877 9999.

Die volgende inligting kan by die Balju verkry word:

1.1. Veilingsreëls (verkoopvoorwaardes);

1.2. Aanwysings na die eiendom wat in die geregtelike veiling aangebied word; en

1.3. Aanwysings na die perseel waar die geregtelike veiling sal plaasvind.

VANDERSPUY KAAPSTAD ING.

Prokureurs vir eiser

Mnr. Alfie Langley

1ste Vloer

Kortmarkstraat 56

KAAPSTAD

(Tel: 021 419 3622)

(Faks: 021 418 1329)

(Verw.: Mnr. CAG Langley/MAT31288)

Daar is heelwat geboue op die plaas wat opgeveil gaan word.
Daar is heelwat geboue op die plaas wat opgeveil gaan word.

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM