Promosie

Kies só die regte trouvenue

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Maak seker jy vra die regte vrae sodat jou trouvenue perfek vir jou spesiale dag is. Foto: ISTOCK
Maak seker jy vra die regte vrae sodat jou trouvenue perfek vir jou spesiale dag is. Foto: ISTOCK

Of dit nou 'n winter- of somertroue is, die ligging en venue speel 'n baie groot rol in die sukses van jou sprokies- of droomtroue. Moet ook nie vergeet van behoorlike beplanning en elemente soos die weer nie.

Edmund Beukes, eienaar van XL Events, sê die meeste trouvenues word amper 'n jaar vooruit bespreek. "Dit is natuurlik na gelang van die seisoen. In die Kaap is troues gewoonlik volop van Augustus regdeur tot April. Baie van die venues bied ook deesdae spesiale aanbiedinge op Vrydae of in die middel van die week wat meer bekostigbaar kan wees. Min mense beplan hul troue 'n hele jaar vooruit, maar ek sou aanbeveel dat jy minstens ses maande voor die tyd bespreek."

Hy sê ook daar is baie verskillende venuestyle: plaas, wynland, stad, dorp, 1970's, moderne geboue en museums. "Jy sal dadelik aanklank vind by die regte venue. Jy sal wéét."

Wenke vir die beste venue

Edmund gee 'n lys van wenke vir wat die beste venue jou moet kan bied:

1. Wat sluit die venue alles in? Byvoorbeeld eetgerei, tafels, stoele en dienste soos spyseniering en kelners. "Jy moet seker wees watter ekstra koste jy sal moet aangaan. Partykeer is dit beter om duurder vir 'n venue te betaal wat alles het as om 'n venue te kies waarheen jy jou eie goed moet neem."

2. Die ligging is baie belangrik. Is daar genoeg slaapplek in die onmiddellike omgewing vir jou gaste indien hulle moet oorbly? Hoe ver is die venue van die seremonie af, of kan albei op dieselfde plek plaasvind?

3. Moenie 'n venue probeer omskep in iets wat dit nie is nie. Moenie 'n tema op 'n venue afdwing wat nie daarvoor geskik is nie.

4. Bied die venue 'n oplossing vir beurtkrag? 'n Kragopwekker kan jou 'n paar rand ekstra uit die sak jaag en dit is dikwels moeilik om op die nippertjie te reël, want daar is baie wetlike vereistes wat nagekom moet word en wat die venue kan verwag nagekom moet word.

5. Maak seker daar is 'n plan in geval van gure weer. Sou dit 'n koue dag wees, oorweeg en beplan hoe almal warm gaan bly. Die seisoen en keuse van venue behoort hand aan hand te gaan.

6. Het die venue 'n afsnytyd? Sekere venues is in woongebiede en moet 22:00 stil raak. Ander is so afgeleë hulle kan tot 02:00 lekker musiek maak. Vind ook voor die tyd uit wat die koste van hierdie oortyd gaan wees om onsmaaklike ekstra kostes te verhoed.

7. Maak seker wat die venue se reëls vir verskaffers is. Wil jy jou eie inbring of die venue s'n gebruik. Partykeer is die venue bekostigbaar, maar jy moet hulle verskaffers gebruik en dié kostes kan partykeer hoog raak. Maak dus seker jy het al die kwotasies van al die verskaffers voor jy 'n besluit neem oor kostes.

8. Hoe vind jy die venue se personeel? Mense is so belangrik en jy moet aanklank vind by die koördineerder. As julle van die begin af koppe stamp, gaan dinge nie sommer beter word nie.

GEBORG

Grand Africa Lookout Beach

Wat kan nou lekkerder wees as om met jou voete in die sand langs die see in Plettenbergbaai te sit en eet? Nou kan jy! Grand Africa Lookout Beach het onlangs sy deure in 'n unieke ligging op die strand geopen. Danksy die modieuse en gesofistikeerde atmosfeer, kan jy jou verbeel dat jy by die oorspronklike Grand Beach in Kaapstad is, lekker ontspan en aan 'n glas wyn teug.

Grand Africa bied ook prentjiemooi see- en strandtroues by hul sentraal geleë Cape Town Grand Africa Café & Beach-venue, sowel as meer intieme bestemmingsvieringe by hul twee venues in Plettenbergbaai se Grand Lookout Beach-restaurant.

Die span sal na al jou behoeftes omsien - of dit nou 'n intieme weglooptroue vir tot 15 mense op die hotel se terras is of 'n spoggerige geleentheid vir tot 500 gaste wat sit by die Grand Africa Café & Beach.

Of dit in die hartjie van Kaapstad is of 'n kort een uur lange vlug na die mooiste bestemmingstroue in Plettenbergbaai, die professionele span bestuurders, koördineerders en wêreldklas-sjefs sal sorg dat al jou wense bewaarheid word.

Grand Africa Café & Beach

Grand Africa Café & Beach omarm 'n speelse strandkafee-kultuur in Kaapstad knus teen die see met 'n majestueuse uitsig oor die magtige Atlantiese Oseaan en Robbeneiland.

Die Grand se ikoniese styl en speelse luuksheid vang die styl en energie van die besige stad volmaak vas, maar bied ook 'n ouwêreldse en ontspanne wegbreekgeleentheid - 'n "wêreld weg" in die hartjie van Kaapstad se sosiale myl.

Met 'n keuse van vyf kroeë, dekke met see-uitsigte, nege privaat funksie-gedeeltes en etes op die strand, sal jy beslis die perfekte plekkie vind om daardie onvergeetlike betowering te ervaar wat so eie aan die Grand is.

Country Grand Franschhoek

By die Country Grand kan jy jou verbeel jy kuier by 'n ontspanne plattelandse kafee. Dit is hoog teen die steil suidwestelike hellings van die Franschhoekberge geleë, wat die ergste son demp en vir indrukwekkende uitsigte oor Franschhoek se beroemde bakens sorg.

Die Country Grand is luuks, maar speels. Dit eggo die sjarme en informele energie van die wingerde en bied jou 'n ontspanne toevlug tussen die berge.

The Twelve Apostles Hotel and Spa

Die perfekte troue vereis die perfekte venue en die bekroonde The Twelve Apostles Hotel and Spa bied een van die mooiste trouebestemmings in Suid-Afrika.

Omring deur die Tafelberg Nasionale Park en met pragtige uitsigte oor die Atlantiese Oseaan, bied dié hotel 'n verskeidenheid opsies vir die huweliksaanbod, 'n sprokietroue en 'n idilliese wittebrood.

Van ontspannende spa-behandelings tot intieme aandetes vir die hennepartytjie of 'n heerlike tee vir die bruidsgevolg, hul professionele troukoördineerder en ervare span is byderhand met raad en diens om jou persoonlik te pas en die troue van jou drome by #12apostleshotel te help skep.

Dwarsberg Trout Hideaway

Dwarsberg is omring deur pragtige berge, boorde en wingerde. Dit bied 'n asemrowende omgewing vir jou spesiale dag. Elke aspek van jou troue word noukeurig oorweeg, van pragtige seremonieruimtes tot idilliese liggings om jou troufoto's vas te vang. 'n Manjifieke venue vir die perfekte onthaal. Jy kan selfs regmaak in hul eie weelderige bruidsvoorbereidinggedeelte wat op die plaas geleë is en in een van hul luukse "pod"-huise oornag. Dwarsberg is slegs 105 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe geleë.

Hul hooflokaal kan tot 150 gaste gemaklik huisves, na gelang van die tafeluitleg en dansgedeelte. Daar is ook geriewe wat 'n buitelug-venue moontlik maak en wat genoeg mense kan vat Die dansvloer langs die venue is 'n baie gewilde keuse vir die jonges van gees. Hier kan jy die nag onder die sterre feesvier en dans.

Olive Rock Wedding and Function venue

Nick en Simone Stanford verwelkom jou in 'n elegante en moderne gebou in 'n aardse ruimte, geleë op 'n plaas aan die voet van die Witzenberg-bergreeks met die Breederivier wat verby die voorste grasperke loop. Dit is 'n plek waar jy jou ware self kan wees en kan fokus op waaroor jou dag gaan.

Dit is een van die beste trouvenues wat 90 minute vanaf Kaapstad geleë is.

Seremonies word gehou in die pragtig versorgde tuin of in die sagte grasagtige deel van die rivierbedding. Daarna kan vriende en familie kuier, grasperkspeletjies speel of betower word met magiese musiek en asemrowende uitsigte terwyl die son wegglip. Jy kan kies tussen 'n opelugonthaal op 'n warm somersnag of die afskerming van 'n Bedoeïentent vir die koeler nagte, albei sag verlig met feetjieliggies.

Jou gaste sal daarvan hou om die Tulbagh- en Ceres-omgewings te verken - met Ceres Ziplines, wynproe by die plaaslike wynkelders, perdry, gholf, staproetes - alles wat jy van 'n bestemming as trouvenue verwag.

Die eienaars is passievol oor mekaar, die liefde en die lewe. Hulle sien uit daarna om jou troue by Olive Rock aan te bied. Vir meer inligting stuur e-pos aan thevenue@oliverock.co.za.

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerders. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM