Ná die eerste KuierCombo Speletjies vroeër vanjaar verskyn het, het lesers gevra vir selfs meer blokraaie, en dít (plus meer) is presies wat jy in ons tweede speletjiesboek sal vind.
Is jy een van die vele lesers wat elke tweede week die speletjies in Kuier verorber? Dan moet jy beslis 'n plan maak om dié Combo in die hande te kry. Dit is al jou gunstelingspeletjies in een boek, so hark solank jou potlood of pen (as jy so dapper is!) nader . . . Dis sowaar die perfekte tydverdryf en manier om jou brein oefening te gee, veral tydens die inperkings.
As blokraailiefhebber gaan jou mond sonder twyfel water - in KuierCombo Speletjies 2 is daar groot blokraaie, mini-blokraaie, crisscross, Engelse blokraaie én tweetalige blokraaie om dinge 'n bietjie meer uitdagend te maak. Die gewilde sudoku en woordsoek (jumbo en kleintjies) gaan jou boonop ook vir ure besig hou.
Daar is heelwat speletjies vir die jongspan - hulle gaan sommer baie leer so tussendeur die pret!
Maak seker jy koop jou KuierCombo Speletjies 2 by jou naaste Kuier-winkel teen slegs R40.













