
Dis Afrikaans se eeufees as amptelike taal en dit moet darem behoorlik gevier word! Daar is gelukkig verskeie feesvieringe waarna jy vanjaar kan uitsien. Hier's 'n blik op die program deur Afrikaans 100.
Openingseremonie
Afrikaans het sy eerste tree in die Bo-Kaap gegee en dit is dus net gepas dat die openingseremonie daar sal plaasvind.
Dit gaan 'n feestelike geleentheid wees met Afrikaans, die mooiste taal, as eregas en met verskeie bekendes en kenners wat saam die spreekwoordelike lint gaan knip.
Die digter dr. Diana Ferrus, wie onlangs 'n Prestige-eerbewys van die ATKV ontvang het, die CMCB (Kaapse Maleierkoorraad) wat in 1939 gestig is en sedertdien slegs Afrikaanse en Nederlandse liedjies sing, se erfeniskoor saam met bekende rieldansgroepe sal tydens die openingseremonie simbolies Afrikaans huis toe bring na die plek waar alles begin het.
- 8 Mei - 09:00 tot 11:00
Kasteel die Goeie Hoop, Kasteelstraat, Kaapstad
Toegang is gratis, maar moet bespreek word by Tixsa.
Slegs vir volwassenes.

Onthulling van muurskildery
'n Ikoniese muurskildery word in die Bo-Kaap geskilder om Afrikaans se eeufees as amptelike taal te vier en 'n simboliese uitbeelding van die reis van Afrikaans na te laat.
Hierdie opdragwerk deur 'n talentvolle jong kunstenaar sal toeskouers deur middel van QR-kodes na opvoedkundige platforms lei en die komvandaan-storie van die taal laat voortleef.
- 8 Mei - 12:00 tot 13:00
Hoek van Waal- en Pentzstraat, Bo-Kaap
Almal welkom en bywoning is gratis.
Langtafels vir Afrikaans
Verskeie langtafels sal by aangesit word. Kom trek jou stoel nader en geniet 'n fees van Kaap-Maleise kos gekook deur mense wat weet hoe om kardemom, borrie en masala te meng dat dit op jou tong dans. Ook op die spyskaart is kos uit verskillende streke in die omgewing wat feesgangers gaan laat smul.
- 8 Mei - 13:00 tot 15:00
Cultural Hub, Pentzstraat 26, Schotschekloof, Bo-Kaap, Kaapstad
R280 per persoon, geskik vir die hele gesin.
- 8 Mei - 17:30 tot 20:30
Afrikaanse Taalmonument, Gabbema Doordriftstraat, Paarl
R380 per persoon, slegs vir volwassenes.
- 9 Mei - 14:00 tot 16:00
Karl Schiefer-saal, Moraviastraat, Genadendal
R250 per persoon
Gedenklesings
Gedenklesings om hierdie mylpaal in Afrikaans se geskiedenis te vier en erkenning aan die taal te gee word in die Wes-Kaap en Gauteng aangebied.
Die taaljuwele in die reis van Afrikaans, naamlik die Bo-Kaap, Genadendal, die Paarl en Pretoria sal elk 'n noemenswaardige rol speel.
Afrikaans het sy eerste treë in die Bo-Kaap gegee en dit is dus gepas dat die openingseremonie hier sal plaasvind met gedenklesings in Genadendal, die Paarl en Pretoria.
Genadendal, sowat 135 km vanaf Kaapstad, is 'n belangrike baken in die geskiedenis van Afrikaans. Dit is die tuiste van die eerste sendingstasie, die eerste Afrikaanse opleidingsentrum vir onderwysers en die eerste Afrikaanse koerant is ook daar gedruk.
Om hierdie geskiedkundige gebeure te herdenk, is daar 'n spesiale gedenklesing en huldeblyk oor en aan Afrikaans op Genadendal. Die Paarl het self diep spore in die taal getrap met onder meer die Eerste Afrikaanse Taalkongres wat in 1896 hier gehou is. Pretoria is 'n belangrike baken in Afrikaans. Die Universiteit van Suid-Afrika (1873) en die Universiteit van Pretoria (1908) is vandag steeds gerekende akademiese instellings.
Die gedenklesing in Pretoria sal deur dr. Lindi Koorts behartig word. Dr. Koorts is 'n historikus en biograaf van Johannesburg.
- 8 Mei - 16:00 tot 17:00
Afrikaanse Taalmonument, Gabbema Doordriftstraat, Paarl
Gratis, maar kaartjies moet by Tixsa bespreek word.
Slegs vir volwassenes.
- 9 Mei - 10:30 tot 12:30
Morawiese Kerk, h.v. Moravia- en Kerkstraat, Genadendal
Gratis, maar kaartjies moet by Tixsa bespreek word.
- 23 Mei - 10:00 tot 13:00
Kroonsaal, Fort Schanskop
Gratis, maar kaartjies moet by Tixsa bespreek word.
Slegs vir volwassenes.

Feesdinees
'n Glansdinee wat 'n fynproewers-driegangmaaltyd insluit op een van die mooiste wynlandgoedere in die Paarl en by die Pretoria Country Club in Waterkloof. Met seremoniemeesters Lizz Meiring en Christo Davids.
- 8 Mei - 18:30 vir 19:00
Kronenburg-landgoed, Malmesburyweg, Paarl
R850 per persoon; 20 tafels met 10 persone elk
Slegs vir volwassenes.
- 22 Mei - 18:30 vir 19:00
Pretoria Country Club, Waterkloof
R850 per persoon; 20 tafels met 10 persone elk
Slegs vir volwassenes.
‘Uit die mond'
Uit die mond is 'n musikale viering van die Afrikaanse taal uit elke mond wat dit praat. 'n Taal, net soos 'n mens, gaan deur baie gedaanteverwisselings. Jy word gebore, jy groei, jy vra. Jy praat, jy sing. Afrikaans is 'n geskenk aan elkeen wat daarin leer, liefhê en leef. Van Afrikaanse musiek se grootste stemme, begelei deur 'n orkes, neem jou op 'n reis deur die geskiedenis van Afrikaanse musiek in al sy vorme, invloede en skoonheid.
Met Amanda Strydom, Coenie de Villiers, Emo Adams, Frazer Barry, Lynelle Kenned en Nicole Holm.
Teks en regie: Bianca Flanders
Musiekregisseur: Melissa van der Spuy
Vervaardiger: Afrikaans 100
- 10 Mei - 19:30 en 11 Mei - 15:00
Hoërskool Durbanville-ouditorium, Langenhovenstraat, Durbanville
Goue sirkel-kaartjies: R265; Ander: R200
Geskik vir die hele gesin.
- 28 Mei - 19:30 en 29 Mei - 15:00
Atterbury-teater, Daventrystraat 4, Lynnwood Manor, Pretoria
Goue sirkel-kaartjies: R265; ander: R200
Geskik vir die hele gesin.
Kuns van die Afrikaanse kunslied
Aangebied deur Afrikaans 100 en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Die Afrikaanse kunslied kom al langer as 'n eeu en is geskep deur Suid-Afrikaanse komponiste deur sensitiewe bewuswording en voortdurende vernuwing en innovasie. Die bestaan van die Afrikaanse kunslied is iets om te vier, in ag genome dat die kunslied as dié klassieke musiekgenre beskou word wat uitdrukking aan die essensie van menslike emosie en geestesbestaan gee.
Gehoorlede kan uitsien na ou bekendes soos "Op my ou ramkietjie", "Mali die slaaf se lied" en "Heimwee", asook kontemporêre kunsliedere en liedsiklusse van eietydse komponiste.
Met Jo-Nette LeKay (sopraan), Linette van der Merwe (mezzosopraan), Chris Mostert (tenoor), Niël Rademan (bariton) en Susan Steenkamp-Swanepoel (pianis).
Samesteller: Linette van der Merwe
- 9 Mei - 19:30
Toringkerk, h.v. Hoof- en Van der Lingenstraat, Paarl
R165 per kaartjie
Geskik vir die hele gesin.
- 25 Mei - 15:00
Musaion, Universiteit van Pretoria-kampus
R165
Geskik vir die hele gesin.
Makieties
Is jy lus vir liplek-lekkerte? Die Afrikaans 100 Makieties - wat in die Bo-Kaap, die Paarl, Genadendal en Pretoria gehou word - gaan jou smaakkliere laat baljaar. Van geurige Kaap-Maleise geregte soos bobotie en koesisters, tot watertand boerekos soos potjiekos en malvapoeding.
Maak gereed vir spogwyn en geregte soos net Suid-Afrikaners dit kan maak. Onthou, bring daai hongerkol op jou maag saam! Dit is 'n fees vir almal met musiek, kindervermaak en stalletjies met snuisterye.
- 10 Mei - 10:00 tot 22:00
Afrikaanse Taalmonument, Paarl
R50 vir volwassenes, R20 vir kinders onder 12, kinders onder 3 gratis.
- 10 Mei - 10:00 tot 22:00
Cultural Hub, Pentzstraat 26, Schotschekloof, Bo-Kaap, Kaapstad
R50 vir volwassenes, R20 vir kinders onder 12, kinders onder 3 gratis.
- 10 Mei - 11:00 tot 18:00
Genadendal-museum, Moraviastraat, Genadendal
Bywoning is gratis.
- 24 Mei - 10:00 tot 22:00
Botaniese Tuin, Pretoria
R50 vir volwassenes, R20 vir kinders onder 12, kinders onder 3 gratis.
Gesinspakket vir minimum van vier persone: R200.
Aandmark
'n Aandmark vir die hele gesin onder die reuse-bome van die werf by die Genadendal-museum. Met spys en drank, kuns en allerlei, is hierdie 'n geleentheid om die hart van die historiese dorp te leer ken.
- 9 Mei - 18:00 tot 21:00
Genadendal-museum, Moraviastraat, Genadendal
Bywoning is gratis.
Taaltoere
- 9 Mei - 09:00 tot 15:00
Taaltoere in die Bo-Kaap
Kaartjies en bespreking by die Bo-Kaap Cultural Hub
- 9 Mei - 09:00 tot 15:00
Taaltoere in die Paarl
Kaartjies en besprekings by die Afrikaanse Taalmonument
- 10 Mei - 09:00 tot 11:00
Taaltoere in Genadendal
Kaartjies en besprekings by die Genadendal-museum
- 22 en 23 Mei - 09:00 tot 15:00
Taaltoere in Pretoria
Kaartjies en bespreking by die Voortrekkermuseum
Kyk hierdie video om te hoor watter Afrikaanse woorde mense vier:
GEBORG
Akademia

Afrikaans vier in 2025 sy eeufees as amptelike taal. Akademia, as 'n trotse Afrikaanse onafhanklike hoëronderwysinstelling, voeg sy stem trots by verskeie ander Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe om dié merkwaardige hoogtepunt te vier. Een van die maniere waarop die instelling hierdie mylpaal gestand doen, is by wyse van sy toegewyde jaartema: Afrikaans en tuis.
Wat het Afrikaans met die gedagte van tuis, tuiste en tuiskoms te doen? Prof. Danie Goosen, uitvoerende hoof van Akademie by Akademia, beantwoord dié vraag by wyse van 'n voëlvlug oor die ontwikkelingsgeskiedenis van Afrikaans. Lees meer hier.
Finbond Groep Beperk

Finbond Groep Beperk is 'n internasionale finansiëlediensteverskaffer met bedrywighede in Suid-Afrika, Noord-Amerika en Latyns-Amerika. Finbond spesialiseer in die ontwikkeling en aanbieding van unieke krediet- en beleggingsprodukte deur hul internasionale netwerk van meer as 600 takke, met meer as 400 in Suid-Afrika en meer as 150 in Noord-Amerika.
Een van hierdie produkte is 'n vastetermynbelegging wat tans 'n rentekoers van 10,5% bied. Die produk het 'n minimum belggingswaarde van R1 miljoen en die termyn is 60 maande. Kliënte kan kies hoe gereeld hulle rente wil ontvang, of hulle kan die rente herbelê en sodoende 'n gemiddelde jaarlikse rentekoers van soveel as 13,37% oor die termyn van die belegging behaal.
In Suid-Afrika besit die Finbond-groep twee operasionele filiale, Finbond Mutual Bank en Supreme Finance. Hierdie besighede het takke en streekskantore landwyd.
Finbond is ook 'n aktiewe en meelewende korporatiewe maatskaplike belegger met 'n sterk etiese verantwoordelikheidsbesef, wat hulle noop om hul hande as't ware uit te steek, en 'n werklike verskil te maak waar, en soos, moontlik, veral onder die wat minderbevoorreg is.
Benewens Finbond se bydrae tot finansiële geletterdheid onder kliënte (deur onder meer die "Spaar Slim"-opvoedingsboekie beskikbaar by hul takke), maak Finbond jaarliks wesenlike bydraes aan 'n aantal liefdadigheidsorganisasies.
AON

Die AON (Afrikaanse Onderwysnetwerk) is 'n lae profiel, vennootskapgedrewe organisasie wat ten doel het om gehalte Afrikaanse onderwys volhoubaar in 'n pyplyn te bevorder. Hierdie pyplyn strek van voorskoolse tot op tersiêre opleidsingvlak en wil leerlinge ter wille van die instandhouding en groei van Afrikaans en die versterking van gehalte Afrikaanse moedertaalonderrig lei.
Dit is 'n sambreelligaam wat sonder oorvleueling noú met bestaande organisasies in die onderwys saamwerk. Die AON fokus op die instandhouding, groei, versterking en ondersteuning van gehalte Afrikaanse moedertaalonderwys in Suid-Afrika deur die vestiging van 'n netwerk wat bekwame en toeganklike ondersteuning aan skole, onderwysers en onderwysinstellings bied.
Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.





















