Promosie

‘Huisgenoot’ se nuwe raaiseltydskrif bied jou ure se woordplesier: Laat die woordsoektog begin!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf.
Foto: Verskaf.

Huisgenoot-Woordsoek se raaisels is die ideale tydverdryf vir 'n stil oomblik wanneer jy 'n koffietjie geniet of op 'n rustige Saterdagoggend.

Die negende uitgawe in hierdie gewilde reeks bevat 115 heerlike raaisels - elk met sy eie interessante tema.

Met hierdie tydskrif kan jy al soekend meer te wete kom oor 'n ryk verskeidenheid aalwyn-, palmboom- en haaisoorte, jy kan met 'n klompie bergpasse van Suid-Afrika kennis maak en die wêreld van renjaers bekyk.

Ons bring hulde aan twee Suid-Afrikaanse ikone met soekblokke oor Theuns Jordaan se liedjies en Elize Cawood se flieks.

Dan is daar ook lysies met van die mooiste temaliedjies in Afrikaans, Oprah Winfrey se opspraakwekkendste onderhoude, Spaanse woorde in Afrikaans, vegvliegtuie se beskrywende name, 'n toer deur Duitsland en nog baie meer!

Vir die jongspan is daar 'n pragtig geïllustreerde afdeling met 31 woordsoekraaisels. Kinders kan uitsien na die vrugteskommel- en somspeletjie en kan gerus kyk hoeveel van die tekenprentkarakters en kinderstoriespeurders op ons lysies hulle ken.

Gee jou woordeskat en algemene kennis 'n hupstoot met Huisgenoot se negende Woordsoek-tydskrif. Dié uitgawe bevat meer as 1 500 soekwoorde en is pret gewaarborg!

Om dit te koop, gaan na Huisgenoot se aanlyn winkel.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM