Promosie

Leefstyl-landgoedere te kies en te keur

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Dit is geen geheim dat daar heelwat uitsonderlike plekke in en om Kaapstad is waar kopers en hul gesin kan gaan woon óf waar hulle kan gaan aftree nie. Hiermee 'n kort blik op enkele van die ontwikkelings wat kopers kan oorweeg.

Gaan tree rustig af by die Helderberg Village in Somerset-Wes. Foto: Burger Engelbrecht
Gaan tree rustig af by die Helderberg Village in Somerset-Wes. Foto: Burger Engelbrecht

Luukse, veilige aftrede in Helderberg Village

Helderberg Village is meer as 30 jaar gelede gevestig en het sedertdien ontwikkel tot een van die mees gesogte en luukse aftreeoorde in Suid-Afrika.

Die gewilde oord is geleë teen die hange van die Helderberg in Somerset-Wes, tussen wêreldberoemde wynlandgoedere, 20 minute vanaf Kaapstadse Internasionale Lughawe en verskeie winkelkomplekse, asook naby die mooiste strande.

Die ontwikkeling bied die volgende:

  • Luukse een-, twee- en drieslaapkamerwonings gesetel tussen pragtige tuine en damme;
  • Puik gesondheidsorgdienste is beskikbaar en die gemoedsrus van mediese hulp in geval van nood met die druk van 'n knoppie;
  • Bemande 24-uur-beveiliging met streng toegangsbeheer om gemoedsrus te verseker;
  • 'n Negeputjie-gholfbaan, kroketbaan, rolbalbane, vier swembaddens (een is verhit), tennisbane en 9 km veilige wandelpaadjies is van die verskeie geriewe wat die oord so gewild maak;
  • Die klubhuis bied, onder meer, 'n restaurant, kafee, OTM, haarsalon, gimnasium en 'n oefenlokaal waar dans-, oefen- en ander klasse aangebied word;
  • 'n Omvattende biblioteek met talle boeke, DVD's en ander items;
  • Vir die kunssinniges is daar 'n studio en pottebakkery;
  • Baie gevestigde klubs bied gereeld interessante sosiale byeenkomste aan vir inwoners; en
  • 'n Veselnetwerk voorsien hoëspoed-internet in elke wooneenheid.

Jou kontak: Besoek www.helderbergvillage.org.za vir meer inligting.

'n Prentjiemooi omgewing en gehalte-geriewe is deel van die pakkie op die leefstyllandgoed King's View.
'n Prentjiemooi omgewing en gehalte-geriewe is deel van die pakkie op die leefstyllandgoed King's View. (SYSTEM)

King's View het 49 erwe vir nuwe eienaars

Die King's View-leefstyllandgoed in Stellenbosch is onlangs voltooi en spog nou met 49 erwe. Bouwerk het reeds begin.

Verskeie geriewe soos die nuwe Mediclinic-hospitaal, gholfbane, goeie skole, winkelsentrums en natuurgebiede is binne stapafstand geleë.

Dit bied 'n gulde geleentheid vir beleggers sowel as voornemende huiseienaars om te belê in 'n gesogte landelike omgewing met gerieflike toegang en besondere uitsigte oor berge, plantasies, vleiland en wingerd.

Eienaars kan hul eie argitekte nomineer, wat 'n voorgeskrewe stel weldeurdagte maar plooibare ontwerpsriglyne moet volg, met 'n fokus op eietydse argitektuur.

'n Ervare landgoedbestuurder hou toesig oor die gekontroleerde bouprosesse en 'n bewese agentskap bestuur die landgoed.

Gegrond op 'n groeiende aanvraag en gebrek aan voorraad, het 'n belegging in King's View dus goeie potensiaal om 'n mededingende opbrengs te lewer.

Jou kontak: Vir meer inligting, besoek www.kingsviewestate.co.za. Kontak ook vir Dawid Prinsloo op die perseel by 060 960 0100 of stuur e-pos na dawidprinsloo10@gmail.com.

Verdeau bied jou 'n keuse van verskeie moderne wonings.
Verdeau bied jou 'n keuse van verskeie moderne wonings.

Verdeau bied meer as net 'n woning

Die Verdeau-leefstyllandgoed in die historiese dorp Wellington is een van die grootste en snelgroeiendste landgoedere in die omgewing.

Dít blyk duidelik uit die meer as 180 eenhede wat reeds hier verkoop is. Verdeau bied 'n idilliese leefstyl met 'n balans tussen die rustigheid van die platteland en die gemak van die moderne samelewing danksy vele geriewe op die landgoed of binne maklike bereik daarvan.

Dit is byvoorbeeld slegs 15 minute se ry vanaf die Paarl en naby verskeie inkopiesentrums, gesondheidsorgsentrums, gehalte-skole en buitemuurse aktiwiteite.

Wellington is net 72 km vanaf Kaapstad en 43 km van Stellenbosch, wat met veselverbinding werk van die huis af in dié plattelandse ligging moontlik gaan maak.

Verdeau het ook pragtige tuine, wye oop ruimtes, asemrowende berguitsigte en twee damme wat dien as tuiste vir verskeie voëlspesies.

Fase 3 van dié ontwikkeling is byna uitverkoop. Dit bied huiskeuses wat ideaal is vir paartjies en gesinne vanaf R1 795 000, met geen oordragskoste.

Elke huis is ontwerp met 'n moderne argitektuur wat moeiteloos inskakel by die natuurlike landskap. Jy kan kies uit vyf uitlegte vir die binne-ontwerp, wat by elke koper se styl sal pas.

Ruim oopplan-binne-ontwerpe en gehalte-afwerkings bevorder verder 'n elegante leefstyl in Wellington.

Fase 4 van Verdeau is onlangs amptelik bekendgestel en bied 'n keuse van drieslaapkamer- semi-losstaande en losstaande huise vanaf R1 995 000, met geen oordragskoste.

Dié huise is goed geleë op die landgoed, want dit word langs die dam gebou. Fase 4 bied dus uitsigte oor die dam en omliggende berge in die agtergrond. Dit sal ook naby die leefstylsentrum wees wat vir die landgoed beplan word.

Bykomend bied elke huis 'n keuse van twee binne-ontwerpe, sowel as gehalte-afwerkings soos Bosch-gasplate en -elektriese oonde, kliptoonbanke, Grohe-toiletgeriewe, veselverbinding, asook sonkragver­hit­ting. Die landgoed is ook naby aan topskole en universiteite vir gehalteonderrig. As jy dit so sou verkies, kan jy ook 'n plonspoel laat insit.

Jou kontak: Besoek www.verdeau.co.za

Die aftreeoord Schonenberg bied inwoners rustigheid en mooi natuurskoon.
Die aftreeoord Schonenberg bied inwoners rustigheid en mooi natuurskoon. (SYSTEM)

Holte vir jou voet in mooie Schonenberg

Die Schonenberg-aftreeoord bied 'n ongeëwenaarde leefstyl wat die rustigheid van die platteland met die gerief van die stad kombineer - op die perfekte plek.

Schonenberg, wat langs die Waterstone Village-winkelsentrum in Somerset-Wes geleë is, is net 30 minute se ry vanaf die Moederstad, 20 minute van die Kaapstadse Internasionale Lughawe en 10 minute van die pragtige Stellenbosch en natuurreservate.

Die oord is omring deur bekende wynlandgoedere en gholfbane. Die oord self het pragtige natuurtonele, 5 km se wandelpaadjies en 'n gesellige klubhuis.

Die gesondheidsorggeriewe is ten volle in werking, en daar is ook goed toegeruste eenhede wat puik verswaktesorg- en tuisversorgingsdienste bied.

Jou kontak: Besoek www.srvillage.co.za vir meer inligting oor die verkryging van een van hierdie uitsonderlike deeltitelwonings.

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produkte nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM