Promosie

Lotto-“boerpot” bring vreugde

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Vir Estia Lochner (46) van Villiersdorp was dit soos om die Lotto te wen toe sy die nuus ontvang dat die inwoners van Vrederus sal baatvind by Dankie, Lottoland.

Estia vertel toe sy die vorm op Lottoland invul om dalk een van die deelnemers op die kykNET-program Dankie, Lottoland te wees, het sy nie gedink sy staan 'n kans nie.

Estia was egter oorstelp met die nuus dat Vrederus - 'n ouetehuis op Villiersdorp wat 'n anneks spesifiek vir gestremdes het - op Dankie, Lottoland gaan verskyn én geld én toerusting gaan kry.

"Die dag toe ek die vorm invul, het die storie net uit my geborrel. En toe ek hoor ons het gewen, was dit net soos: "Wow, jy kan eintlik regtig die Lotto wen. Want ons het!"

Estia is gefokus en emosies kry haar nie sommer onder nie. "Wanneer ek die dag by die werk kom en bedruk voel, stap ek net anneks toe en sodra ek die mense daar sien, voel ek sommer beter. Dis soos 'n energie-inspuiting. Daar is dae wat jy saans in die bed lê en 'n bietjie oë-uitspoel, maar om te weet ek maak daagliks 'n verskil in die mense se lewens, is al wat ek nodig het."

Estia is onlangs genooi om op VIA (DStv-kanaal 147) se program Minki en vriende te verskyn waar Lottoland haar bedank én bederf het vir haar onbaatsugtige werk. Sy het 'n nuwe voorkoms gekry wat uit 'n nuwe uitrusting, haarstyl, 'n grimeersessie van Catrice Cosmetics, en 'n besoek aan JJS Dentistry, bestaan het.

Oor haar ervaring van dié bederf vertel sy: "Dit laat 'n mens soos 'n prinses voel, dis iets wat jy nooit vir jouself sal doen nie. As vrou prioritiseer mens eers ander se belange, maar dié dag was net vir my."

Sy kyk gereeld Minki wanneer sy eers haar huistake afgehandel het en haar dogtertjie gaan slaap het. Sy was vreeslik opgewonde om hierdie keer self op Minki se bank te sit.

"Dis lekker om te sien hoe die program aanmekaargesit word en al die harde werk wat daarin gaan om dit te doen."

Oor haar nuwe uitrusting spog sy: "Ek dra dit steeds en ek kry elke keer komplimente wanneer ek die rok dra."

Sy kan nie wag om haar episode saam met haar familie te kyk nie.

"My ma kuier toevallig by my, so ons gaan sommer almal die episode saam kyk."

Estia Lochner
Estia Lochner

Saam met Lottoland se R100 000 kontant, hospitaalbeddens, bordspeletjies, 'n apparaat om mense uit die bed te lig en verskeie ander bydraes, het sy nou 'n tikkie meer vrede oor hul toekoms.

"Ek is al amper sewe jaar by Vrederus en ons het 20 fisiek en verstandelik gestremde inwoners wat versorging nodig het. Baie van hulle het nie familie nie - hulle het niemand nie. Hulle kry hul klein toelaag, maar daar is altyd uitgawes, soos doeke, toiletware en ander benodigdhede. Nou het ons die geld om dit vir hulle te gee. Om aan te hou om vir hulle te wys al is jy gestremd, kan jy ook leef."

Sy het nog altyd gevoel versorging roep haar. Eers wou sy onderwys studeer, maar fokus toe op kinderontwikkeling. Voor Vrederus het sy etlike jare by 'n kinderhuis gewerk. "Ek het nie gedink die sprong van kinderhuiskinders na gestremdes wat almal tussen 35 en 78 jaar oud is, is te groot nie. Kinders het nie gekies om in 'n kinderhuis te wees nie, nes gestremdes nie kies om gestremd te wees nie. Dit bly vir my wonderlik om net hul klere uit te sit en hulle te help om 'n bietjie te beweeg."

Die anneks was eers 'n kraaminrigting en baie van die mense wat nou in die ouetehuis is, se kinders is in die anneks gebore. Dis later deur die departement van gesondheid in 'n versorgingseenheid omskep.

"Nou is ons die niewinsgewende organisasie wat mense hier help, want geld van die departement is maar min."

Terwyl Estia daagliks onbaatsugtig van haarself aan ander gee, het die geluksgodin in 2020 vir haar geglimlag toe sy en 'n goeie vriend, Steven, getroud is. Hul dogtertjie Anja (2) is kort daarna gebore. "Toe was 2020 se Covid-jaar nie vir my so erg nie. Elke keer wat ek na my kinders (soos sy na die inwoners verwys omdat baie van hulle steeds soos kinders is) kyk, besef ek hoe 'n groot genade dit is dat ek en my dogtertjie gesond is. Dit kon ons gewees het. Dit kan met enigiemand gebeur."

Een van Estia se grootste vrese was dat sy alleen oud sal word. "Nou het ek my kinders en my eie gesin. Ek was bang ek gaan alleen op die stoep moet sit en oor my lewe dink; dis darem net lekkerder om dit met iemand te kan deel. Nou het ek dit, en my werk waarvoor ek so dankbaar is. En danksy Lottoland nog meer, want daar is soveel meer wat ons kan doen. Dis alles net genade."

  • Kyk Minki en vriende op VIA (DStv-kanaal 147), Maandae om 17:30 met heruitsendings Donderdae om 21:30. Episodes is ook op Catch Up en in die DStv-app beskikbaar.

Jy kan ook wen!

Kry 10 x US Powerball Mini Weds vir slegs R80!

Gebruik promosiekode: UP287

Wed nou op Lottoland: http://lotto.land/5fj

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.https://www.lottoland.co.za/shoppingcart

https://www.lottoland.co.za/shoppingcart

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM