Jou leefstyl het die afgelope jaar gedurende die grendeltyd aansienlik verander en steeds is daar nie 'n einde in die vooruitsig nie. Maak jou lewe makliker deur gebruik te maak van een van hierdie ondernemings se dienste of produkte.
KAMERS/Makers terug by Blaauwklippen!

Ná 'n uitdagende jaar maak KAMERS/Makers op 24 Maart uiteindelik weer hul hekke vir alle Suid-Afrikaanse entrepreneurs oop, danksy hul borgskapvennoot Consol-glas. Kom deel in die wete dat elke handgemaakte produk wat jy koop, 'n werk vir iemand beteken; 'n gesin voed en talent bevorder.
Streng Covid-19-protokol geld, daarom is die mark vir vyf dae oop om die besoekerstal te versprei. Handelsure is Woensdag en Donderdag van 09:00 tot 17:00, Vrydag en Saterdag van 09:00 tot 19:00 en Sondag van 09:00 tot 15:00. 'n Kontantlose stelsel sal in plek wees, soos altyd.
Koop jou kaartjies teen R60 aanlyn sodat die daaglikse bywoning vroegtydig bepaal kan word. Jy sal wel kaartjies teen R80 by die hek kan koop, maar aanlyn-kaartjiehouers sal voorrang geniet. Kaartjiepryse sluit 'n KAMERS/Makers-inkopiesak in, asook 'n Consol-waterbottel. Sonder maskers sal toegang geweier word. Sanitasie sal by die hoofingang plaasvind.
Vir meer inligting, klik hier of volg hulle op Instagram @kamersvol of Facebook by "kamersvol".
Soveel gebruike vir 'n Nel-tenk

Gehalte poliëtileen-tenks is nuttig vir die stoor van 'n verskeidenheid vloeistowwe soos reënwater, gryswater (bad- of stort/badkamer-afloopwater), die swembad se terugspoelwater, voedselgraad-fermentasie van wyn en olywe of olyfolie, die meng en stoor van vrugtesappe, heuning of braaisouse, die meng en stoor van chemiese middels en selfs vir die stoor van vloeibare kunsmis.
Nel Tanks, jou waterbewaringsvennoot, vervaardig al hierdie veelsydige gehalteprodukte. Besoek gerus die aanlynwinkel of enige Nel Tanks-verspreider om meer inligting te bekom. Gratis aflewering in Kaapstad.
* LEES OOK: Sonkragstelsel die antwoord op jou Eskom-frustrasies
Breek weg na Shelley Point Hotel & Spa

Verruil die stad vir 'n rustige Weskus-wegkomkans. Shelley Point Hotel & Spa bied nou drie nagte se verblyf teen die prys van twee! Hierdie spesiale aanbod is geldig van Sondae tot Donderdae en sluit heerlike ontbyt in. Bepalings en voorwaardes geld. Bespreek nou jou plek hier.
http://pubads.g.doubleclick.net/gampad/clk?id=5643858214&iu=/8900/24.com/Web/Netwerk24
Suiwer heuning, suiwer genot by Simply Bee

Egte heuning hou soveel gesondheidsvoordele in. Maak seker jy kry die ware Jakob. Simply Beese produkte is alles 100% natuurlik. Dit bevat byewas, fynbosheuning, byebrood en essensiële olies. Slegs natuurlike bestanddele uit die oorvloedige bronne van Moeder Natuur word ingespan en al die produkte is omgewingsvriendelik. Vir meer inligting of om jou bestelling te plaas, besoek hul webwerf.
* LEES OOK: Dít is waarom suiwer heuning onontbeerlik is
Kry al jou bakbenodigdhede by Value Baking Supplies

Value Baking Supplies se winkels is oop vir die publiek. Hier kry jy bakbestanddele, sjokoladevorms, voorafgemengde-pakkies, sade, speserye, koekbokse, koekborde, neute, suikerkunsgereedskap, enige verpakking, eetbare prentjies, losgoed vir spyseniering en selfs suikerkoekversierings.
Hulle het winkels in Brackenfell (021 981 0304) by Winkel 53, Brackenfell-inkopiesentrum, Ou-Paarlpad, die Paarl (021 872 0525) by Fabriekstraat 15-17, Wamakers-plein, die Strand (021 853 2144) op die hoek van die N2 en Gerber-boulevard, Gants-sentrum, in Tokai (021 712 5836) by Tokai Corner Centre 5 op die hoek van Hoof- en Tokaiweg, en in Montague Gardens (021 205 0755) by Winkel 4 Montague Park op die hoek van Ruby-boulevard en Tanzanitestraat. Besoek hul webwerf vir meer inligting.
* SIEN RESEPTE: Lekkernye vir Paasfees
http://pubads.g.doubleclick.net/gampad/clk?id=5644418306&iu=/8900/24.com/Web/Netwerk24
Omarm môre, kies uitmuntendheid met Vuma

Met Vuma Fibre Core kies jy om meer te ervaar in die gemak van jou eie huis, of jy nou in verbinding wil bly met die mense wat vir jou die belangrikste is en of jy nuwe verbindings wil maak wat landsgrense oorskry. Dis 'n manier om in verbinding en ingelig te bly, om aan te hou leer en werk aan die blink toekoms wat jy wil hê en om vermaak te word in die veiligheid en gemak van jou eie huis.
Besoek Vuma se webwerfvir 'n reeks internetdiensverskaffers en pakkette om aan jou spesifieke behoeftes te voldoen.
* LEES OOK: Alles wat jy nodig het vir die perfekte kettingkyk-sessie












