Promosie

Dís hoekom MMI sy naam verander het

Die krag van die nuwe naam vloei uit die twee handelsname waaruit MMI Holdings ontstaan het, Momentum en Metropolitan.

Nadat Momentum en Metropolitan in 2010 saamgesmelt het, het MMI Holdings gegroei tot een van Suid-Afrika se grootste genoteerde versekeraars op die JSE. Die welbekende handelsname Momentum en Metropolitan is sterker wanneer hul saamstaan.

Om dié krag te ontgin en die handelsname se erfenis en waardes te bewaar, verander die versekerings- en finansiëledienstegroep se naam na Momentum Metropolitan Holdings. Dié naam weerspieël hierdie enorme krag. Dié inisiatief sal wyer blootstelling ontsluit en kennis van die groep se Herstel- en Groeistrategie bevorder.

Die plan beloof beter begrip van die aard en omvang van die genoteerde maatskappy, vir interne en eksterne belanghebbers, sowel as vir beleggers. Die naamverandering wys ook die kollektiewe mag van sterk maatskappye met sterk bevoegdhede.

Die Groep se interaksie met spesialis-maatskappye soos Guardrisk, Exponential en Eris Property Group, sal sonder onderbrekings voortgaan. Die verandering het geen effek op ondernemings wat tans die Momentum- of Metropolitan-handelsnaam dra nie, insluitend van alle bestaande polisse, lidmaatskap, ooreenkomste en beleggings.

Die individuele handelsnaam-entiteite bly onveranderd. Momentum Metropolitan sal handel dryf as Momentum Metropolitan Holdings Beperk, genoteer op die Johannesburgse Effektebeurs (JSE: MTM) en op die Namibiese Effektebeurs (NSX: MMT).

Die Groep se prestasies is 'n saak van trots. Momentum Metropolitan is die eerste versekeringsmaatskappy in Suid-Afrika met 'n Vlak 1 B-BBEE-status onder die nuwe kode vir die Finansiële Sektor. Hulle belê meer as R200 miljoen in die gemeenskap, hoofsaaklik gemik op werkskepping vir die jeug sedert 2011.

Hulle doelwit is om besighede en individue op alle vlakke van die samelewing te bemagtig om finansiële mikpunte en persoonlike mylpale te bereik. Hulle meer as 7 miljoen kliënte word deur 16 000 werknemers wêreldwyd bygestaan om beleggings te laat groei, hulle te help om die dinge wat vir hulle belangrik is, te beskerm en in hul toekoms te belê.

Vind meer uit by www.momentummetropolitan.co.za of +27 12 671 8911.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM