
Wanneer daar holisties na noodhulp-opleiding gekyk word, is dit noodsaaklik dat werkgewers genoeg werkers in die werkplek het wat in noodhulp opgelei is. Dit is 'n gesondheids- en veiligheidsvereiste waaraan die meeste werksomgewings moet voldoen.
Al is voldoende gesondheids- en veiligheidsmaatreëls in plek gesit, is dit steeds geen waarborg dat 'n ongeluk of besering verhoed kan word nie. Die maatreëls kan wel die impak van die ongeluk beperk, maar dis steeds noodsaaklik om 'n opgeleide persoon op die toneel te hê wat beheer oor die situasie kan neem.
Daar is verskeie redes waarom noodhulp-opleiding nodig is, ondermeer:
• Dit verseker toenemende veiligheid;
• Dit kan help om 'n lewe te red;
• Dit kan help met primêre pynverligting;
• Dit dra by tot 'n gevoel van veiligheid en gemoedsrus;
• Dit verminder die kanse vir infeksies wanneer 'n ongeluk wel gebeur het;
• Dit verminder die angs dat 'n ongeluk wel kan gebeur
SafetyWallet en die voorsiening van Noodhulp Vlak 1 e-opleiding
Een van die vier aspekte waarin SafetyWallet ondersteuning bied, is dié van gesondheids- en veiligheidsopleiding in vennootskap met MAKROSAFE. Dié opleiding is in pas met die eenheidstandaarde en aanlynleerplanne van die Suid Afrikaanse Kwalifikasies-owerheid (SAQA).
Die opleiding wat deur SafetyWallet aangebied word, word geakkrediteer en bekragtig deur die volgende instansies:
• Die Department van Arbeid
• Kwaliteitsraad vir ambagte en beroepe (QCTC)
• Die Gesondheids- en Welsynsonderwys en Opleiding-instansie (HWSeta) en
• Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Beroepsgesondheid en -veiligheid (SAIOSH)
Die opleiding deur SatefyWallet en aangebied deur 'n toegewysde Ondersteuningsbestuurder, sluit die volgende in:
• 'n Analise van alle opleidingsbehoeftes;
• 'n Toegewysde vaardigheidsontwikkelingsfasiliteerder;
• 'n Jaarlikse besigheidsvaardigheidsplan;
• Vaardigheidsontwikkelingsheffing en -terugbetalings;
• B-BBEE leerlingskaphulp;
• Belastingvoordele toepaslik op kwalifikasies, beurse en leerlingskappe;
• Covid-19-ondersteuning, -hulp en -riglyne
• Weeklikse inligting oor wetgewing
• Wetgewingsvereistes en
• 'n Maandelikse nuusbrief
Hiermee saam verskaf SafetyWallet die perfekte platform vir die volgende opleidingsoplossings:
• E-leer: Toegang tot meer as 41 gratis opleidingsmodules sodra 'n werkgewer 'n lid word;
• Geakkrediteerde e-leer met formele assessering vir alle e-leer geakkrediteerde opleiding-leerlingskappe;
• Formele opleiding
As deel van hierdie, bied SafetyWallet ook aan sy lede Noodhulp Vlak 1-opleiding as ‘n e-leerkursus.
Belangrike stappe tot reanimasie

Stap 1:
Druk hard, druk vinnig. Plaas jou hande, een bo-op die ander, op die middel van die bors. Gebruik jou liggaamsgewig om jou te help met die toediening van kompressies van ten minste twee duim diep en teen 'n tempo van ten minste 100 kompressies per minuut.

Stap 2:
Lewer reddingsasem. Met die persoon se kop effens agteroor gekantel en die ken gelig, knyp die neus toe en plaas jou mond oor die persoon s'n om dit volledig te seël. Blaas in die persoon se mond om die bors te laat rys. Lewer twee reddingsasemhalings en gaan dan voort met die drukke.

Stap 3:
Gaan voort met KPR-stappe. Hou aan om borsdrukke en asemhalingsiklusse uit te voer totdat die persoon tekens van lewe, soos asemhaling, toon, of totdat 'n AED (outomatiese eksterne defribrillator) beskikbaar is, of EMS of opgeleide mediese noodhulp op die toneel opdaag. Let wel. beëindig die siklusse as die toneel onveilig word of as jy weens uitputting nie kan voortgaan nie.
(Foto's bo: Forex Suggest)
In hierdie kursus word die leerder blootgestel aan al die beginsels van basiese noodhulp wat volgens for OHSA as die minimum vereiste vir alle werkplekke in Suid-Afrika beskou word.
In die die kursus word aanlynassesserings ná elke module voltooi. Hiermee saam moet die leerder ook 'n oorhoofse evaluasie slaag wat deur 'n MAKROSAFE-assessor gefasiliteer word. Dié oorhoofste assesering sluit 'n geskrewe én praktiese toets in. Só kan die teorie, maar ook die leerder se toepassing daarvan, geassesseer word.
Die Noodhulp Vlak 1-kursus rus nie net die student toe met die basiese beginsels wat hulle in staat stel om vinnig 'n noodsituasie te ontleed nie, maar ook hoe om so vinnig moontlik die noodhulpdienste te kontak. Ná afloop van so 'n kursus is gekwalifiseerde leerders toegerus om met basiese vaardighede 'n lewe te onderhou tot nooddienste op die toneel aankom.
Die kursus duur tussen 6 en 8 ure en behels 14 video's, met die bykomende klankopnames wat die noodhulp-beginsels verder in-diepte verduidelik en vir vaslegging gebruik kan word.
Met die voltooiing van hierdie e-leerkursus, sal student die volgende kan doen:
* Die wetgewing verstaan wanneer noodhulpbeginsels toegepas moet word;
* Noodsituasies doeltreffend kan ontleed en bestuur;
* Wonde behandel en bloeding stop;
* Die korrekte noodhulp wat gepas is vir die spesifieke besering(s) kan identifiseer;
* Die regte toerusting kan gebruik saam met die toepaslike veiligheidsvoorsorgmaatreës;
* Die vermoë het om alle potensiële gevare in die werkplek to identifiseer en te evalueer;
* Kan kardiopulmonêre resussitasie toepas;
* Kan toepaslik reageer wanneer sianied-vergiftiging plaasvind, veral in goudmyne
Wanneer jy lid word van SafetyWallet, ongeag van jou lidmaatskapsirkel, is the Noodhulp Vlak 1-opleiding ingesluit.
Hoewel die noodhulp e-leerkursus gratis ingesluit word, moet lede die volgende verstaan:
• Die praktiese assessering kan eers gedoen word wanneer die leerder die teorie geslaag het;
• Die praktiese assessering is 'n eenmalige sessie met 'n MAKROSAFE-assessor teen 'n R200 fooi. Lidmaatskapbelonings sal in ag geneem word vir lede-afslag.
Noodhulp Vlak 1 is 'n bedryfstandaard en 'n basiese vereiste wat werkgewers in die werkplek aan moet voldoen. Dit kan maklik gedoen word deur die e-leeropleiding deur SafetyWallet te doen.
Hierdie is 'n diens wat SafetyWallet bykomend tot hul ander omvattende dienste aanbied en daarom sluit beduidend meer werkgewers by hul groeiende kliëntebasis aan.
SafetyWallet maak dit maklik vir werkgewers om aan te sluit en hulself te verbind tot die deurlopende verbetering van gesondheid en veiligheid in die werkplek. Daar is ook ruim belonings vir lede en wanneer nakoming verbeter.
Deur hul omvattende reeks opleiding, help SafetyWalletom werkgewers altyd op hoogte te hou van veranderings op hierdie gebied.
* Besoek SafetyWallet se webtuiste nou: https://www.safetywallet.co.za/.












