Talle Suid-Afrikaners oorweeg dit deesdae om in nuwe residensiële ontwikkelings en komplekse te belê te danke aan onder meer die goeie veiligheid en allerlei geriewe wat jy daar aantref.
Dié kopers wissel almal van eerste-huiskopers tot groeiende gesinne of afgetredenes. "Hierdie soort eiendom is om 'n verskeidenheid redes aanloklik.
Dit sluit in die feit dat die koste van herstelwerk en om die eiendom se dekor te verander, minimaal behoort te wees vir die eerste paar jaar. As die huis of woonstel volgens die regte standaarde gebou is, kan die huiseienaars ook laer lopende koste en kragrekeninge geniet," verduidelik Rhys Dyer, uitvoerende hoof van Ooba Home Loans.
"Kopers kan ook dikwels hul eie afwerkings en toebehore kies en die eiendom kom ook gewoonlik met 'n strukturele waarborg.

Hiermee van die voordele om in 'n nuwe ontwikkeling te belê:
1. Geen oordragkoste
"Oordragskoste is betaalbaar wanneer die eienaarskap van 'n eiendom verander, en dit is natuurlik nie die geval in nuwe ontwikkelings nie," sê Dyer.
"In Suid-Afrika moet jy hereregte betaal op enige bestaande eiendom van meer as R1 miljoen, en dít neem eksponensieel toe saam met die koste van die huis. Dié soort koste is nie verbonde aan 'n nuwe ontwikkeling nie, en jy kan dus aansienlik geld spaar as jy in só 'n ontwikkeling belê. Byvoorbeeld: Die oordragkoste op 'n eiendom ter waarde van R1 250 000 beloop R7 500 (insluitend belasting). Dit is 'n waardevolle besparing en sekere ontwikkelaars sluit selfs die registrasiekoste van die eiendom by die koopprys in," voer hy aan.
2. Minder belasting
Benewens die oordragkoste, moet huiskopers ook belasting betaal. Die eiendom is in die ontwikkelingsmaatskappy se naam geregistreer, en dus is belasting betaalbaar as dit verkoop word.
Desondanks gaan jy steeds minder belasting betaal op 'n nuutgeboude eiendom as 'n bestaande eiendom wat jy by 'n private koper gekoop het, verduidelik Dyer.

3. Huis voel nie "ingeleef" nie
'n Nuwe huis of woonstel kom met 'n vars, nuwe leefomgewing - 'n ideale keuse vir iemand wat met 'n nuwe hoofstuk van sy of haar lewe begin, soos aftrede.
Die eiendom het geen tekens dat iemand al voorheen daar gewoon het nie, en jy kan jou eie lewe daarin voorstel en dit inrig na jou smaak.
4. Dis energiedoeltreffend
Eiendom in nuwe ontwikkelings deesdae kom almal met energiedoeltreffende toestelle en toebehore. Dit maak dit nie net omgewingsvriendelik nie, maar spaar jou ook geld.
5. Minder instandhouding
Jou nuwe eiendom gaan wel heelwat later 'n bietjie instandhouding verg, maar vir die eerste paar jaar gaan die kanse dat jy groot herstelwerk aan die huis of woonstel moet doen, aansienlik laag bly.

Geborg: Hier kan jy belê!
Daar is tans 'n hele handvol opwindende nuwe residensiële ontwikkelings in en om Kaapstad wat kopers nie net waarde vir geld bied nie, maar ook 'n uitsonderlike leefstyl met toegang tot 'n verskeidenheid geriewe. Hiermee meer oor 'n paar van hierdie ontwikkelings en die spogelemente wat hulle laat uitstaan.
- 'n Luukse aftrede in die aftreeoord Schonenberg in Somserset-Wes:
Die Schonenberg-aftreeoord bied 'n ongeëwenaarde leefstyl wat die rustigheid van die platteland met die gerief van die stad kombineer - op die perfekte plek.
Vir meer inligting oor hierdie besonderse ontwikkeling, kontak een van Schonenberg se konsultante of besoek die webwerf by www.srvillage.co.za.
Die kontakbesonderhede is as volg: Bel die kantoor op 021 852 0821 of die agente Christina op 082 330 1209 / chris@exactdm.co.za, David op 082 410 7465 / david@exactcape.co.za, of Russel op 083 457 2007 / russellm@iafrica.com.
- Splinternuwe bystandseenhede in aftreeontwikkeling Helderberg Manor te koop:
Die suksesvolle aftreeoord Helderberg Manor in Somerset-Wes, het onlangs nuwe bystandswoonstelle vrygestel.
Dié nuwe eenhede word vir vanaf R995 000 op 'n lewensregbasis verkoop.
Kopers wat in die bystandswoonstelle belê, kan al die voordele van 'n onafhanklike lewenstyl geniet - in 'n verwelkomende aftreeoord met mediese sorg en ander versorgingsdienste byderhand.
Vir meer oor beleggingsmoontlikhede in Helderberg Manor, besoek www.helderbergmanor.co.za of kontak Estelle Wilshere op 076 738 0172.
- Oordstyl aftrede in Noble Resorts Harbour Bay Village:
Noble Resorts Harbour Bay Village is geleë in een van die Kaap se mooiste kusstreke, en is nét die plek vir die oordeelkundige belegger wat graag die beste oordstyl-aftrede wil geniet.
Hier sal jy jou ideale leefstyl gepaard met al die nodige geriewe naby Simonstad aantref. Top-argitekte en binnehuisversierders was verantwoordelik vir die ontwerp van hierdie luukse wonings met wêreldklasgeriewe, wat dit uiteindelik omskep het in die droommooi eenhede wat jy jou tuiste kan noem.
Vir meer inligting oor die ontwikkeling, besoek www.harbourbayvillage.co.za.
- Holte vir jou voet by Noble Resorts Allesverloren Village:
Ontdek 'n weergalose aftrede in die Riebeekvallei buite Kaapstad.
Noble Resorts Allesverloren Village in Riebeek-Wes stel 'n nuwe standaard vir 'n luukse aftreeleefstyl.
Met die alombekende wynlandgoed Allesverloren as jou bure, spog die ontwikkeling ook met 'n gerieflike ligging naby Kaapstad - sonder die gejaag van die stad.
Die leefstylontwikkeling is 'n multigenerasie-landgoed waar inwoners die beste van 'n kontemporêre plattelandse leefstyl in 'n dinamiese sosiale gemeenskap kan geniet. Geniet unieke welstandsprogramme in 'n prentjiemooi omgewing.
Vir meer inligting, besoek www.allesverlorenvillage.co.za.













