Arendsvlei speel af op die Kaapse Vlakte by 'n gelyknamige fiktiewe semi-private hoërskool. Sedert hierdie boeiende drama in Oktober verlede jaar begin het, hou dit kykers vasgenael voor die kassie. Aanhangers sal verheug wees om te weet dat 'n tweede seisoen van dié reeks gemaak gaan word. Dit beloof méér moord, intrige en drama namate die bose Wendy Newman se storie ontvou.
Enige episodes van Arendsvlei misgeloop? Vang nou op met DStv Now
Die storie volg nou wel die tieners en die volwassenes se doen en late in die klaskamers en skool se gange en die goeie (en slegte!) oomblikke in hul lewens nadat die skoolklok aan die einde van die dag gelui het, maar Arendsvlei is eintlik 'n familiedrama. Die storie word vertel uit die perspektief van die Cupido-familie, wat die skool gestig het en dit bestuur. Hulle probeer nou 'n verskil maak in die lewens van jong mense en in hul gemeenskap.

Meer as net die aantrek van akteurs
Cassandra Rowland staan aan die hoof van die klere-departement wat verantwoordelik is vir die stilering van die Arendsvlei-stel. Van die hooftake van 'n stilis is om 'n eenvormige styl vir karakters te skep en hulle daarvolgens aan te trek. Cassandra benadruk egter dat daar báie meer werk agter die skerms ingaan om 'n reeks soos Arendsvlei behoorlik te stileer.
Haar doel is om karakters te skep wat realisties is, met wie kykers maklik kan vereenselwig. Die span het dalk bietjie pret gehad om die roubeklaers by David se begrafnis in uitspattige hoede te klee, maar dit was steeds noodsaaklik om die onderskeie karakters en kulture realisties uit te beeld.
Arendsvlei se klerekas-hoogtepunte sluit in 'n feeks en 'n begrafnis!
Kyk Arendsvlei elke Maandag en Woensdag op kykNET & kie (kanaal 145) om 20:00. Ook beskikbaar op Catch Up en om aanlyn te kyk by now.dstv.com
Hoe om Arendsvlei op jou rekenaar te kyk?
Teken aan vir DStv Now. Daar is geen ekstra koste vir DStv-intekenare nie en jy kry aanlyn toegang tot dieselfde kanale wat jy by die huis met jou dekodeerder kry.
Verwante artikels:
https://www.dstv.co.za/whats-on/news/articles/it-s-confirmed-arendsvlei-extended-for-another-season/












