
Dis tyd vir Kersvreugde en BBC Studios het die perfekte resep vir 'n vrolike feestyd! Maak gereed vir die betowering van 'n skouspelagtige reeks programme op BBC Brit (DStv 120), BBC Lifestyle (DStv 174) en BBC UKTV (DStv 134).
Van spesiale Kersprogramme wat jou hartsnare sal roer, tot opwindende dramas, skreeusnaakse komedies en speletjiesprogramme wat jou op die punt van jou stoel sal hou. Daar is iets vir almal.
Die feesprogramme word ingelui met die baie gewilde programme deur almal se gunsteling-sjef, Jamie Oliver:
Op BBC Lifestyle (DStv-kanaal 174): Jamie Oliver: Together at Christmas, Saterdag 16 en Sondag 17 Desember om 19:00.
Jamie Oliver nooi jou in sy kombuis vir 'n onvergeetlike Kersfees-ervaring. Hy tower watertandgeregte op en gee jou sy stresvrye wenke, van bees bourguignon, feestelike knoffelbrood tot die perfekte groente. Of jy 4 of 24 na jou Kerspartytjie nooi, Jamie sal jou stap vir stap help om onvergeetlike geregte op die Kerstafel te sit.

Op BBC Lifestyle: Jamie's Christmas Shortcuts, Woensdag 20 en Donderdag 21 Desember om 19:00
Jamie Oliver leer ons slim truuks om ons te help om sonder drama begrotingsvriendelike, aantreklike en heerlike geregte te maak.
In die eerste episode maak Jamie 'n sappige kalkoen met al die bykos, plus 'n eenvoudige kaaskoek en 'n pragtige vegetariese gereg.
In episode twee bevind Jamie hom in daardie luilekker dae tussen Kersfees en Nuwejaar, en maak hy wenner-geregte van oorskiet - van 'n groente-tarte tatin en 'n spruitkool-keiserslaai, tot groente-gnocchi.

As jy van gesinsvermaak, vriendelike mededinging en 'n bietjie misterie hou, is BBC Brit (DStv-kanaal 120) die ideale bestemming:
Op BBC Brit (DStv-kanaal 120): Limitless Win S2 Christmas Special, Woensdag 20 Desember om 20:00
Skuif nader vir Limitless Win Season 2 Christmas Special, waar die bekende en bekroonde aanbieders Ant en Dec 'n program aanbied waar paartjies die kans het om die grootste kontant-prys in TV-geskiedenis te wen - 'n onbeperkte bedrag! En vir die eerste keer rol hulle die rooi tapyt uit vir bekendes om deel te neem aan die Christmas Limitless Ladder.
Die aanbieder Rylan span saam met die akteur David Walliams, en die komediante Jimmy Carr en Katherine Ryan werk saam om geld vir hul onderskeie liefdadigheidsorganisasies te wen. Kan hulle die druk hanteer? Hoe hoog op die leer sal hulle kom? En sal hulle weet wanneer om hul kontant te vat en te loop?

Op BBC Brit (DStv-kanaal 120): Miss Fisher's Murder Mysteries S2 Christmas Special, Kersdag om 20:00
As jy dol is oor senutergende misdaadraaisels, moet jy Miss Fisher's Murder Mysteries Season 2 Christmas Special kyk. Sluit aan by Phryne, Dot en Dr. Mac, wat 'n wit Kersfees in Julie by 'n skilderagtige chalet vier.
Die feestelikheid raak egter somber wanneer een van die inwoners doodgeskok word deur die Kersliggies. Wanneer die sterftesyfer aanhou styg, moet Phryne en Jack vinnig aan die werk spring om die skuldige vas te trek.

Op BBC Brit (DStv-kanaal 120): Ghosts Christmas Specials S3 en S4, Kersdag om 21:00
Lus vir lekker lag en gril? Die hele familie kan hierdie twee episodes van die Ghosts Christmas Specials kyk.
Die dubbel-episode begin met Ghosts S3 Christmas Special, waar die Engelse aktrise Jenifer Saunders 'n gasverskyning maak. In hierdie episode ontdek die egpaar Mike en Alison 'n man wat in 'n tent op hul terrein woon. Hul spoke kan nie vir hulle met hierdie tameletjie help nie, maar uiteindelik leer Mike en Alison dat Kersfees meer bied as wat hulle besef het.
Hierna volg Ghosts S4 Christmas Special, waar Mike en Alison vir Kersfees na Mike se ouers gaan, en Alison vir die spoke 'n geskenk los. Die spoke is aangenaam verras oor Alison se vrygewigheid en wil graag vir haar ook 'n geskenk gee, maar hulle tyd is min om die plan deur te voer.

Op BBC Brit (DStv-kanaal 120): The Graham Norton Show S31 NYE Special, Maandag 1 Januarie om 21:00
Vier die nuwe jaar met Graham Norton se NYE Special, wat oudergewoonte weer 'n sterbelaaide ekstravaganza is. In sy tradisionele Oujaarsaand-vertoning kyk Graham terug op 2023 met die hulp van 'n klomp gaste: die Hollywood-sterre Emma Stone en Mark Ruffalo saam in die komedie Poor Things; die Strictly-aanbieder Claudia Winkleman keer terug in 'n nuwe reeks The Traitors; die bekende sjef Nadiya Hussain met haar nuwe resepteboek Nadiya's Simple Spices; en die bekende Rob Brydon toer saam met A Night of Songs and Laughter.
Met musiek van een van vanjaar se gewildste musiekgroepe, die Mercury-pryswenner Ezra Collective, wat Victory Dance uitvoer; en einde-van-die-jaar-stories in die wêreldbekende Big Red Chair.
The Graham Norton Show seisoen 31 gaan voort op Dinsdae om 20:00 op BBC Brit.

Feestydvreugde op BBC UKTV (DStv-kanaal 134):
Skakel regdeur die feestyd in op BBC UKTV vir 'n fees van koswenke van ons talentvolle sjefs:
- Rachel Allen: All Things Sweet: Special, Maandag 18 Desember om 17:30
- Nigel Slater se 12 Tastes of Christmas Seisoen 1, Maandag 18 Desember 21:00
- Rachel Allen's Easy Meals: Special: Christmas 2011, Dinsdag 19 Desember om 17:30
Met so 'n uiteenlopende keuse is daar iets vir elke smaak en belangstelling. Skakel elke dag in vir onverbeterlike feestydvermaak. Besoek BBC Africa Channels vir meer inligting en skedulebesonderhede vir die BBC-kanale.
Volg BBC Africa op Facebook, Twitter en Instagram vir eksklusiewe voorskoue, agter-die-skerms-nuus en meer.















