Hoe belangrik finansiële vaardigheid is, kan nie oorskat word nie - veral in die lig van 'n vertragende ekonomie en die verwoestende uitwerking van die Covid-19-pandemie. Daar is geen twyfel nie dat finansiële geletterdheid noodsaaklik is vir die groei en ontwikkeling van ons land.

Alle verbruikers moet die finansiële landskap kan begryp en benut, risiko's doeltreffend kan bestuur en finansiële slaggate kan vermy. En veral in moeilike tye soos nou, benodig hulle toegang tot inligting en opvoeding.
Money Smart Week South Africa (MSWSA) is 'n projek van die National Committee for Financial Education (NCFEC). Dit is 'n veldtog vir finansiële geletterdheid wat Suid-Afrikaners wil motiveer en bemagtig om beter ingelig te wees oor finansies.
MSWSA 2021 vind plaas tussen 22 en 28 Maart 2021. Die week lange program omvat 'n verskeidenheid van aanlyn geleenthede wat regstreeks op www.mswsa.co.za te sien is.
Die amptelike tema van vanjaar se Global Money Week, waarvan die plaaslike Money Smart Week South Africa deel is, is "Pas jouself goed op, en oppas met jou geld". Hierdie tema beklemtoon hoe belangrik finansiële veerkragtigheid is en hoedat gesond bly in die huidige konteks van die Covid-19-pandemie noodsaaklik is.
Van die onderwerpe wat gedurende die week behandel word, sluit in: Skep veerkragtige ondernemings, wees bewus van elke bedrogspul, verantwoordelike gebruik van krediet, belangrikheid van aftrede- en begrafnisbeplanning, hoe om te begroot, hoekom 'n geldslim jeug belangrik is, en hoe en waarom 'n mens 'n testament moet opstel.
Organisasies en individue uit die private sektor, regeringsinstellings, finansiële reguleerders, tersiêre onderwysinstellings en private opleidingsondernemings sal hul kennis en kundigheid met soveel as moontlik verbruikers deel, met die algehele doel om 'n geldslim Suid-Afrika tot stand te bring.
Benewens die week lange digitale veldtog sal daar landwyd opvoedkundige onderhoude en praatjies op gemeenskaps- en streeksradio aangebied word om te verseker dat hierdie belangrike inligting soveel as moontlik Suid-Afrikaners bereik.
Ons kultuur van min spaar en versuim om skuld te betaal, tesame met 'n afname in besteebare inkomste, en die finansiële invloed van die pandemie, maak 'n veldtog soos MSWSA 2021 selfs belangriker om verbruikers se vermoëns te verbeter om gesonde, ingeligte finansiële besluite te neem. Selfs net één finansieel geletterde persoon in 'n huishouding kan 'n hele geslag beïnvloed.
Volg Money Smart Week South Africa op Facebook, Twitter en LinkedIn vir meer inligting, of gaan na www.mswsa.co.za. Vir enige vrae, stuur gerus jou e-pos na: info@mswsa.co.za.












