Promosie

Die Toyota RAV4-hibriedmodelle is hier – en dit gebruik minder brandstof

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Die kombinasie van ekonomiese brandstofverbruik, goeie verrigting en hoe prakties dit is, was die groot gesprekspunt sedert die RAV4 Hybrid in 2021 verskyn het. Vanjaar is dié hibriedmodel nie net opgeknap nie, dit is nou ook beskikbaar met 'n keuse van twee afwerkingsvlakke - die GX-R en VX - met verbeterde spesifikasievlakke en 'n meer treffende visuele voorkoms.

Die voorkoms

In terme van karakter, het die GX-R 'n stylvolle dog robuuste voorkoms met prominente swart bekleding, swart beskerming by die wielboë en 'n silwer bufferbeskermer. 'n Groot trapesiumsierrooster met twee parallelle dwarsbalke en wyd gespasieerde misligte omraam die blougetinte Toyota-kenteken - eksklusief tot die hibriedmodelle.

Die stuurwiel en rathefboom spog met leer-afwerking en daar is oranje stikseldetail op die agterkant van die sitplekke en instrumentepaneel, wat 'n tikkie flair byvoeg.

Die weelderige VX-model het op sy beurt 'n stylvolle en gesofistikeerde buitekant met 'n unieke sierrooster, dieper lugskort en vertikale mislighulsels, asook 'n leerbeklede binneruim en blou stemmingsbeligting.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Spesifikasies en eienskappe

Die GX-R het LED-hoofligte en LED-dagryligte, misligte, dakrelings, 'n agterste drukvlerk en rookgrys 18 duim-allooiwiele. Onder die geriewe is lugversorging, ruitveërs met reënsensors, sleutellose toegang, 'n raakskerm vir inligting en vermaak (met CarPlay en Android Auto-funksionaliteit), vyf USB-sokke, 'n koordlose laaier, tru-kamera, parkeersensor vir wanneer jy agteruit ry en spoedbeheer. Dit sluit ook verhitte en geventileerde sitplekke in terwyl die bestuurdersitplek elektries verstelbaar is.

Bykomend in die VX-weergawes is 'n elektries verstelbare passasiersitplek en 'n geheuefunksie vir die bestuurdersitplek (met die genoemde ventilasie), 'n parkeersensor voor en agter, hoofligte wat outomaties gedemp word as voertuie van voor af kom, en elektriese kantspieëls.

Nog 'n pluspunt vir die VX-model is die kamerabeeld van reg rondom die voertuig op die inligtingskerm, asook 'n digitale truspieël. Die spieël maak gebruik van kameras agter die voertuig wat 'n wyehoekbeeld op die spieël projekteer. Wanneer die funksie aangeskakel is, kan die bestuurder met die druk van 'n knoppie wissel tussen kamerabeelde en tradisionele sig na agter. Albei modelle beskik oor 'n instrumentepaneel wat 'n kombinasie van digitale en analoogwysers benut.

Tesame met die gewone ritinligting is daar ook skerms om die eko-bestuursverrigting (wat wys wanneer die motor in elektriese modus is) en E-Four-werkverrigting te monitor. Al die RAV4-modelle, ook die petrolweergawes, het boonop LED-beligting binne, vyf pleks van drie USB-sokke en twee 12 volt-sokke vir bykomende items.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Veiligheid

Die GX-R-modelle kom standaard met die volgende bestuurshulpmiddels: 'n sluitweerremstelsel (ABS), elektroniese remkragverspreiding (EBD), rembystand, stabiliteitsbeheer, sleepwa-stabiliseerder (TSC), vastrapfunksie wanneer jy teen 'n bult wegtrek of daarteen afry (DAC).

Die VX-weergawe beskik ook oor Toyota se TSS-veiligheidspakket, wat items insluit soos 'n waarsku- en selfremfunksie, radar-spoedbeheer, 'n terugdufunksie sou jy uit jou baan uit dwaal, 'n blindekolgonser en 'n gonser wat waarsku teen naderende kruisverkeer. Dit is ook volledig met lugsakke toegerus, sykant- en gordynweergawes, asook 'n teendiefstal-stelsel.

Foto: Verskaf.
Foto: Verskaf.

Hibried-E-Four-krag

Al die RAV4 Hybrid-modelle maak gebruik van Toyota se vierdegenerasiehibriedstelsel, 'n kombinasie van 'n 2,5 l-Atkinson-viersilinder-petrolenjin met 'n elektriese motor op die vooras en 'n elektriese motor op die agteras (MGR.)

Die krageenhede is gekoppel aan 'n CVT-tipe outomatiese ratkas wat die twee kragbronne naatloos integreer vir egalige versnelling. Dit help die voertuig nie net om kragtiger te versnel nie, maar bied ook die nodige 4x4-vastrap wanneer jy dit nodig het. Die elektriese motor is gekoppel aan 'n tweefase-ratstelsel met 'n parallelle skag wat help om so min moontlik krag met ratskakeling te verloor.

Die elektriese E-Four-stelsel kies self die beste wringkragverspreiding tussen die voor- en agteras soos wat die toestande dit vereis, en kan wissel van 100% voor tot 'n 20/80-verdelings tussen voor en agter. Wanneer die motor deur 'n draai beweeg, word die krag versprei om meer "agterwiel-aangedrewe te voel", wat die bestuurder groter selfvertroue gee en bydra tot die algehele rygenot. En indien die pad glad is, kan jy die nodige ritmodus kies vir beter vastrap.

Die verskillende ritmodusse gee die bestuurder die vryheid om self die voertuig op te stel vir die toestande waarin hy dit gaan gebruik, hetsy dit vir eko- (Eco), normale (Normal) of kraggebruik (Power) is. Wanneer verrigting ter sprake kom, lewer die A25A-FXS (die verbrandingsenjin) 131 kW en 221 Nm wringkrag.

Die elektriese motors bied onderskeidelik 88 kW en 40 kW (voor/agter), met die komplementere wringkragsyfers van 202 Nm en 121 Nm. Die totale kraglewering kom te staan op 163 kW, met 'n topsnelheid van 180 km/h. In die geval van hibriedmodelle is brandstofverbruik 'n belangrike oorweging, en die 4,8 l/100 km in die gekombineerde siklus van die RAV4 E-Four is nie te versmaai nie. Met sy tenk van 55 l behoort jy teoreties 1 145 km ver te kan ry voor jy weer hoef vol te maak.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Sleepvermoë

Die E-Four-modelle kan tot 1 000 kg sleep indien jou sleepwa of woonwa hulle eie remme het, en 750 kg sonder remme.

Kleure en afwerking

Die GX-R-modelle is te kry in vyf kleure: Graphite Grey, Cinnabar Red, Urban Grey, Tidal Blue (nuut) en Attitude Black. Die VX-modelle kan in altesame nege skakerings bestel word, waaronder Pearl White, Chromium Silver en Moonlight Ocean Metallic. Albei weergawes is beskikbaar met 'n leerafgewerkte binneruim.

In die geval van die GX-R het jy 'n keuse tussen swart en Orchid Brown terwyl jy kan kies tussen swart of bruin indien jy die VX bestel.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Modelle en pryse

Ooreenkomstig marktendense en die uitfasering van produkte is die vorige GX-modelle van die produksielyn verwyder. Die GX-R en VX is te kry met 'n konvensionele petrolenjin, asook 'n hibriede stelsel:

  • RAV4 2.0 GX-R CVT AWD - R624 800
  • RAV4 2.5 GX-R CVT Hybrid E-Four - R663 400
  • RAV4 2.0 VX CVT 2WD - R635 500
  • RAV4 2.5 VX AT AWD - R723 400
  • RAV4 2.5 VX CVT Hybrid E-Four - R744 900

Vir jou gemoedsrus

'n Diensplan vir ses dienssesies of tot jou motor 90 000 km bereik, is standaard met diensintervalle van 15 000 km/12 maande. Toyota se standaardwaarborg vir 3 jaar/100 000 km is ook ingesluit terwyl mense wat die hibriedmodelle koop, die bykomende gemoedsrus van 'n 8 jaar/195 000 km-waarborg op die hibriedbattery het. 'n Verlengde waarborg- en diensplan kan ook by een van Toyota se 220 handelaars landwyd gekoop word.

Sien meer by Toyota. Besoek hulle op Facebook by Toyota SA, Instagram op @Toyota_SA en volg hulle op Twitter by ToyotaSA

*Media24 aanvaar geen verantwoordelikheid vir prysaanpassings nie.https://twitter.com/ToyotaSA

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM