Promosie

Puik nuwe Afrikaanse programme om te stroom

Die Byl S2

Speurder Piet van der Bijl (Waldemar Schultz) - ook bekend as Byl - en sy span fokus in hierdie splinternuwe seisoen daarop om grieselrige misdaadtonele uit te pluis terwyl hulle 'n groep gewelddadige reeksmoordenaars jag. In die storielyn het daar vyf jaar verloop tussen die twee seisoene. In hierdie seisoen sien kykers ook weer vir kaptein Lena Evans (Lika Berning) wat nou getroud is en 'n driejarige seuntjie het.

"Die tweede seisoen is beslis wreder en donkerder as die eerste," sê Berning. "Byl word op 'n persoonlike vlak uitgedaag wanneer hy ooreenkomste sien in die moorde was sy eenheid ondersoek." En soos die seisoen vorder, word dit al moeiliker om hierdie moorde op te los. Maar wat van Byl se persoonlike lewe? Wel, sy verhouding met Nicky (Milan Murray) is op die rotse en dié seisoen keer sy gewese vrou, Carien, (Rolanda) Marais terug na die toneel.

Die eerste seisoen van hierdie pittige speurdrama het uitstekende resensies ontvang en die tweede seisoen is nou eksklusief op Showmax beskikbaar.

Kyk nou daarna >>

Getroud Met Rugby

Getroud met rugby
Getroud met rugby

Dié sportsepie is nou in sy vierde seisoen en aanhangers kan uitsien na meer drama in die lewens van die Stryders, hul familie en vriende. Dis vanaf Augustus op die kassie en in dié seisoen versprei Renate se projek "Coach soek 'n Vrou" soos 'n veldbrand op die internet terwyl sy probeer om ware liefde vir Schalk te vind. Reitz kom tot ‘n finale besluit oor sy toekoms as 'n Stryder. En Ryno en Thinus wag vir 'n teken om op 'n troudatum te besluit.

Kyk na Seisoen 1 en 2 op Showmax en kom op hoogte met die laaste episodes op DStv Now>>

Elders: Japan

Elders
Elders

Elders: Japan is die tweede Elders-reeks na verlede jaar se Camino-avontuur in Spanje. Dié keer reis Ernst Grundling na Japan.

Dié land is een van die wêreld se sonderlingste bestemmings en dit gaan nou selfs gewilder word omdat Japan in September die Rugbywêreldbeker aanbied en in 2020 die gasheerland is vir die Olimpiese Spele.

Erns ontmoet 'n paar bekende rugbypersoonlikhede op sy reise en ontgin sommige van Japan se ongelooflikste bestemmings. Hy stap twee pelgrimsroetes, klim Berg Fuji in die sneeu en vind meer uit oor Japan se unieke kultuur, kostradisie en landskap. Hy probeer selfs om 'n samurai, 'n ninja en 'n sumo-stoeier te wees! Dié prettige reeks sal jou noop om 'n besoek aan Japan op jou emmerskoplys te plaas.

Kyk Elders: Japan op DStv Now of op Showmax sodra dit van kykNET beskikbaar is>>

Alles Malan

Alles Malan
Alles Malan

Hierdie splinternuwe gesinsdrama op kykNET speel af in Paarl, net buite Kaapstad. Derik en Brenda Malan se oudste seun, Frik, het pas na Suid-Afrika teruggekeer (en na die gesin se vervoeronderneming) na hy vir die afgelope agt jaar in Brittanje gebly het. Sy vrou, Tessa, en hul twee tieners moet ook weer hul voete in die land vind, maar elkeen van hulle worstel met sy eie probleme te midde van die groot verandering.

Stroom dit op DStv Now>>

Lui Maar Op, Belinda

Die geliefde aktrise Brümilda van Rensburg is te sien in dié nuwe kykNET-reeks wat 'n lighartige blik bied op oudword.

Ian Jantjies het George toe verhuis om die gewoel van die stadslewe te verruil vir die rus en vrede van 'n plattelandse leefstyl. Rus en vrede is hom egter nié beskore nie - nie met die vurige groep werknemers by sy hoekwinkel, Ian en Ander, nie.

Belinda Swanepoel was vroeër 'n beroemde aktrise en bestee meer tyd daaraan om in die spieël te kyk as om te werk. Annetjie is vreeslik ordentlik, maar hou van skinder, terwyl arme sjarmante Frans probeer om die vrede tussen Belinda en Annetjie te bewaar. Gooi vir jong Dirkie by en jy het 'n resep vir 'n bekoorlike komedie wat bewys dat die lewe propvol tweede kanse is en dat jy nooit te oud is om bietjie pret te hê nie.

Stroom Lui Maar Op, Belinda sodra dit van kykNET beskikbaar is op DStv Now of Showmax>>

Madiba: 'n Uitsonderlike Roeping

Madiba: 'n Uitsonderlike Roeping
Madiba: 'n Uitsonderlike Roeping

Zelda la Grange, Madiba se persoonlike assistant vir amper twintig jaar, deel ondelooflike stories in 'n nuwe dokumentêre reeks van ses episodes, getiteld Madiba: 'n Uitsonderlike Roeping. Sy gaan soek na die oomblikke wat Madiba as mens gevorm het. Hy het nederig grootgeword in 'n landelike omgewing en een van die grootste leiers van ons tyd geword.

Hierdie fassinerende reeks sluit onderhoude in met Graça Machel, hoofman Zwelivelile Mandela, Bono en Morgan Freeman. Jy kan na die dokumentêr op Showmax kyk op dieselfde tyd wat dit op kykNET uitgesaai word.

Hoe om DStv op jou skootrekenaar of telefoon te kyk

DStv-intekenare kan aanteken vir DStv Now teen geen ekstra koste nie. Gaan na now.dstv.com om te registreer en begin stroom.

Hoe om Showmax te kry

Teken aan vir 'n gratis proeftydperk van 14 dae by Showmax.com. Om daarna toegang te kry tot 'n wavrag plaaslike en internasionale reekse, rolprente en dokumentêre reekse, betaal jy slegs R99 per maand.

DStv Premium-intekenare kry Showmax teen geen ekstra koste nie - gaan teken bloot aan op die webwerf. Intekenare van DStv Compact en Compact Plus kan Showmax by hul rekenings voeg teen net R49 per maand.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM