Promosie

Huisgenoot se kosbare onthouboek gee jou die kans om jou storie op jóú manier te vertel

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf.
Foto: Verskaf.

As daar nou een ding is wat Huisgenoot goed verstaan, is dit hoe belangrik elke mens se storie is. Dit is die moeite werd om dit te vertel!

Die storie van my lewe is 'n pragtige hardebandboek wat jou help om oor jou lewe en die mense na aan jou te skryf. Hierdie skrywe is 'n uitdrukking van wie jy as mens is, maar ook 'n manier om iets kosbaars vir jou geliefdes en nageslag te skep.

Die storie van my lewe is in vyf hoofstukke verdeel: Waar ek my nou bevind, Familie en herkoms, My jeugjare, My volwasse jare en Onthougoed.

Opskriffies aan die begin van elke hoofstuk help jou om jou gedagtes aan die gang te kry en herinneringe kortliks neer te pen.

Elke hoofstuk het ook langer skryfplek waar jy ál die belangrike gebeure en oomblikke van jou lewe kan verewig. Jy kan skryf oor jou kinderjare, skooldae, volwasse lewe, verhoudings, lewenslesse, gunstelinge en nog baie meer.

Jy hoef glad nie 'n gesoute skrywer te wees om hierdie projek aan te pak nie. Wat hierdie boek so kosbaar maak, is juis dat jy jou storie op jóú manier vertel.

Bêre die boek vir eendag, of deel dit met jou kinders of kleinkinders. Dit sal vir hulle ook 'n kosbare onthouboek word.

Daarby is skryf terapeuties en kan hierdie boek ook 'n geleentheid wees om moeilike gebeure te verwerk. Maar net jý sal weet wat alles deel is van jou storie.

Begin dus vandag om jou lewensverhaal neer te skryf - daar is net een storie soos joune, en dit moet onthou word.

Bestel dit só

Om 'n eksemplaar te bestel, stuur 'n e-pos na koop@huisgenoot.com, of gaan na die Huisgenoot-winkel.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM