Promosie

SLT-laser werk heel goed vir gloukoom

Gloukoom is 'n simptoomlose toestand wat die optiese senuwee se selle laat doodgaan. Dit veroorsaak oor die langtermyn tonnelvisie omdat hoë oogdruk en/of te min bloedvloei na die senuwee jou visuele vermoë inkort.

Gloukoom se oorsaak kan geneties van aard wees, maar dit kan ook veroorsaak word deur oogtrauma, inflammasie, diabetes en erge bysiendheid. Mense ouer as 45 jaar moet daarvoor oplet omdat die risiko vir gloukoom met ouderdom toeneem.

Dit is wenslik dat 'n oftalmoloog jou oogsenuwee en periferale visie ondersoek. Weens die feit dat gloukoom 'n PMB- toestand is, kan konsultasies en behandelings merendeels van jou kroniese mediese fondsvoordele geëis word.

Behandeling van gloukoom behels die gebruik van druppels om oogvogproduksie en -uitvloei te verbeter.

Daar is ook stents wat ingeplant kan word om oogdruk te beheer as druppels erge newe-effekte het.

Eye Laser Clinic gebruik kort laserimpulse om selektiewe selle in die dreineringstruktuur se funksie te verbeter.
Eye Laser Clinic gebruik kort laserimpulse om selektiewe selle in die dreineringstruktuur se funksie te verbeter. (SYSTEM)

Laserbehandeling om die uitvloei van vog te verbeter, is ook 'n goeie alternatief.

By die Tygervalley Eye Laser Clinic gebruik hulle die SLT-laser (selektiewe lasertrabekuloplastiek).

Die SLT- koue laserenergie verander selektiewe pigmentweefsel van die dreineringstelsel van die oog op chemiese en biologiese wyse.

Dit word in die oftalmoloog se spreekkamer gedoen en is nie seer nie. Dit kan die oogdruk met 10% tot 30% verminder en is doeltreffend vir ongeveer een tot vyf jaar.

Dié prosedure kan dan herhaal word.

Hulle het ook ander lasers insluitend die YAG-laser wat toe-hoek-gloukoom behandel. In erge refraktiewe en neovaskulêre gloukoom (in veral diabete) kan hulle ook 'n diode-laser-siklofotokoagulasie doen.

Vir meer inligting oor hierdie prosedure, skakel gerus hul vriendelike ontvangs by 021 910 0300 om 'n afspraak met dr. Kruger te maak, en stel vas of hierdie behandeling geskik is vir jou.

* Besoek ook hul webtuiste www.eyelaserclinic.co.za vir bykomende inligting.

LUISTER OOK HIERNA:

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM