Promosie

Só red jy jou aftrede

Ná 10 jaar se onderprestasie van die JSE teenoor wêreldmarkte sowel as teen selfs inflasie, is dit vir die meeste mense nou baie duidelik dat hul aftrede in gevaar is, en heelwat minder rooskleurig gaan wees as wat 10 of selfs 20 jaar gelede voorspel is.

Sonia du Plessis, hoof van Brenthurst Wealth Stellenbosch. Foto: VERSKAF
Sonia du Plessis, hoof van Brenthurst Wealth Stellenbosch. Foto: VERSKAF

Daarbenewens is die hoë kostestrukture van tradisionele pensioenfondse en uittree-annuïteite besig om verder by te dra tot die situasie waar meeste beleggers in aftreeprodukte die afgelope ses jaar geen reële groei op hul pensioen ondervind het nie.

Groot batebestuurders skryf en praat gereeld oor hierdie komende aftreekrisis, maar in die meeste gevalle word die blaam op beleggers geplaas, synde dat dit hul skuld is dat daar nie genoeg geld in die aftreepot is nie.

Toenemend is die bedryf self en Regulasie 28 van die Pensioenwet die skuldige, maar dit verbaas nog steeds dat baie beleggers nie eers hiervan bewus is nie.

Die situasie is egter besig om krisis-afmetings aan te neem soos beleggers-selfs dié met beperkte finansiële kennis - begin agterkom daar is iets groot fout en dat iets daadwerklik gedoen moet word.

Daar is egter maniere wat beleggers en spaarders ouer as 55 kan - en moet - gebruik ten einde hul opbrengste te verhoog. Maar moet nie verwag dat die groot firmas hierdie nuus sal uitbasuin nie.

Die groot gebrek van Regulasie 28 is dat dit blootstelling aan buitelandse bates binne die fonds beperk tot slegs 30% van totale bates. Die res moet dan belê word in plaaslike bates en veral die JSE, wat die afgelope sewe jaar bitter min groei getoon het. Byvoorbeeld, oor sewe jaar het die JSE met slegs 39% (totale opbrengs wat dividende insluit) gestyg, teenoor die 468% van die Nasdaq, 242% van die S&P500 en 172% van die MSCI Wêreldindeks. Selfs Suid-Afrika se eweknieë in opkomende lande het met 108% gestyg.

Nie alleen het pensioenfondse in randterme nie tred gehou met inflasie nie, maar in Amerikaanse dollarterme het pensioene geen groei getoon oor sewe jaar nie.

Nie alleen het pensioenfondse in randterme nie tred gehou met inflasie nie, maar in Amerikaanse dollarterme het pensioene geen groei getoon oor sewe jaar nie.

Daar word soms die mening uitgespreek dat opbrengste in dollarterme nie saak maak nie, omrede mense in SA woon en met rande betaal, maar dis 'n gevaarlike redenasie aangesien baie produkte selfs ná aftrede direk gekoppel is aan die internasionale koopkrag van die geldeenheid.

Dink maar aan dinge soos selfone, oorsese reise om vir kinders en kleinkinders te gaan kuier, rekenaars, Netflix en selfs Skotse whisky!

Beleggers in pensioenfondse is ietwat uitgelewer aan Regulasie 28 en kan nie veel daaraan doen nie, maar beleggers ouer as 55 in aftree-annuïteite en bewaringsfondse kan en moet dringend daaraan aandag gee ten einde uit die wurggreep van Regulasie 28 te kom.

Ná 55 kan beleggers sekere opsies uitoefen wat baie voordelig kan wees en sake kan verbeter.

Groot beleggingshuise is uiters huiwerig om hierdie advies te gee, want dit beteken 'n verlies aan besigheid vir hulle, maar myns insiens is dit in die beste belang van die belegger.

Op die ouderdom van 55 kan beleggers in een of meer aftree-annuïteite hul kapitaal saamvoeg en laat oorbetaal na 'n lewende annuïteit of 'n lyfrente.

Geld in bewaringsfondse kan ook hierby gevoeg word ten einde alles in een pot te sit, administrasie te verbeter en ook beter opbrengste te verdien, verkieslik in lae-koste buitelandse fondse.

Een derde van die totale kapitaal kan onttrek word, met die eerste R500 000 wat belastingvry is, mits daar geen vorige kontantontrekkings was nie.

Dis nog 'n rede om hierdie gelde so gou moontlik te onttrek. Hierdie kapitaal kan gebruik word om skuld af te betaal, 'n toeganklike neseier te bou of dit kan direk oorsee gestuur word ten einde 'n globale portefeulje op 'n internasionale platform te begin.

Hierdie gelde is dan uiteraard nie meer uitgelewer aan Regulasie 28 nie.

Die twee derdes kan dan geskuif word na 'n lewende annuïteit na 'n platform wat 100% buitelandse blootstelling kan bied en dan ook sekere innoverende instrumente wat nie by tradisionele batebestuurders beskikbaar is nie. So was dit moontlik om verlede jaar tot soveel as 60% te verdien op sekere buitelandse fondse, hoewel sulke opbrengste nooit gewaarborg kan word nie.

Die groot voordeel van 'n lewende annuïteit is dat die belegger of adviseur 'n wye keuse van fondse het en hulle nie meer aan Regulasie 28 hoef te steur nie.

Inkomste verdien

Die enigste nadeel is dat 'n inkomste verdien moet word, wat so laag as 2,5% kan wees. Hierdie inkomste word ten volle belas.

'n Lewende annuïteit is ook uiters geskik vir iemand wat beplan om ná aftrede te emigreer. Deur kapitaal oor te dra na 'n 100% buitelandse annuïteit, word die internasionale koopkrag van die belegger beskerm.

Dit sou baie dwaas wees om oorsee te wil aftree met 'n portefeulje wat meesal aan die plaaslike mark en wisselkoers gekoppel is.

Beleggers wat ná die ouderdom van 55 jaarliks wil bydra tot 'n uittree-annuïteite, kan dit nog steeds doen deur 'n jaarlikse eenmalige premie van tot 27,5% van bruto inkomste (of maksimum van R350 000 per jaar), maar dan dadelik in die begin van die nuwe belastingjaar die uittree-annuïteite weer om te skakel na 'n lewende annuïteit. Sodoende kan beleggers belastingafskrywing sowel as 100% buitelandse blootstelling kry.

Somtyds is dit nodig om ietwat innoverend te dink ten einde opbrengste te verhoog sonder om te veel risiko aan te neem.

Die grootste risiko is dat die JSE voortgaan met sy swak prestasie van die afgelope vyf tot sewe jaar. Bitter min beleggers het agtergekom dat die JSE vandag laer is as waar dit vyf jaar gelede was. En ook dat die rand oor die afgelope 10 jaar met bykans 7% per jaar gedaal het.

  • Sonia du Plessis is hoof van Brenthurst Wealth, Stellenbosch, en 2019-wenner van die Intellidex-toekenning vir beste verhoudingsbestuurder in Suid-Afrika.

Vir meer oor aftredebeplanning, Brenthurst Wealth se agt kantore landwyd en hul beleggingsbenadering, besoek gerus www.bwm.co.za. Stuur navrae aan invest@brenthustwealth.co.za.

Sonia Du Plessis

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM