Promosie

Sol-Tech-studente neem toekoms na nuwe hoogtes

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Vertrou Sol-Tech vir ’n suksesvolle loopbaan. Foto: VERSKAF
Vertrou Sol-Tech vir ’n suksesvolle loopbaan. Foto: VERSKAF

'n Gehalte-kwalifikasie is die eerste tree na 'n suksesvolle toekoms en laat jou kop en skouers bo die res uitstaan. Voeg daarby 'n lekker studentelewe waar die persoonlike én akademiese ontwikkeling van die student albei aandag geniet, en jy kry 'n indiensneembare student wat gereed is om 'n verskil in Suid-Afrika te maak.

Met sy wêreldklaskampus en die nuwe Plaashuis-koshuis in Monumentpark, Pretoria, het Sol-Tech hom oor die afgelope jare goed gevestig as die grootste private Afrikaanse beroepsopleidingskollege in Suid-Afrika. Toonaangewende toerusting in die werkswinkels en opleidingslokale met uiters bekwame lektore verseker opleiding van 'n hoë gehalte. Sedert Sol-Tech sy opleidingsdeure in 2007 geopen het, is daar al duisende ambagslui wat hulle hiér uitstekend vir hul toekoms voorberei het, vandag trots hul skoene in die bedryf volstaan en uiters gesog in die mark is. Die omvattende programaanbod behels tegniese en nie-tegniese kwalifikasies en skep geleenthede vir jongmense in 'n verskeidenheid rigtings.

Sol-Tech bied tans agt tegniese kwalifikasies aan, naamlik elektries, dieselwerktuigkunde, meulmaker, vervoer(outo)-elektries, gereedskapmaker, pas-en-draai, megatronika en sweis. Ten spyte daarvan dat die werkloosheidsyfer jaarliks opwaarts beweeg, skets Sol-Tech se statistiek 'n ander prentjie. 'n Volle 94,7% van Sol-Tech se studente kry werk nadat hulle hul kwalifikasie voltooi het en 21% begin hul eie ondernemings. Die reuse-tekort aan gehalte-ambagslui in Suid-Afrika plaas dié kwalifikasies op die Lys van Skaars Vaardighede van 2024.

Sol-Tech se driefase-opleidingsmodel speel beslis 'n deurslaggewende rol in die studente se sukses. Studente ontvang 'n stewige teoretiese onderbou, toepassing en verdere opleiding volg in toonaangewende werkwinkels op kampus en word daarna afgerond en uitgebou met indiensopleiding by uitgesoekte werkgewers. Om met werksondervinding aansoek vir 'n pos by 'n werkgewer te doen, maak studente nog meer indiensneembaar.

Sol-Tech se programaanbod sluit verder ook nie-tegniese kwalifikasies in. Drie IT-kwalifikasies, met die internasionale CompTIA as opleidingsvennoot, sluit data-en-wolk, IT-ondersteuning en -netwerke en kubersekuriteit in. 'n Kwalifikasie in vroeëkinderjare-ontwikkeling lei praktisyns op wat kleuters en peuters (0-5 jaar) begelei om speel-speel hul mylpale te bereik. In Februarie 2025 spring die eerste haarkappery-studente met hul studies by Sol-Tech weg. Die toevoeging van haarkappery as kwalifikasie by Sol-Tech gaan 'n positiewe impak op die vaardigheidstekort in dié bedryf maak.

Sol-Tech verseker dat sy studente meer as net boekkennis opdoen. Dit is dan ook waarom soveel klem op die persoonlik én akademiese ontwikkeling van die studente gelê word. Hardwerkende, gebalanseerde studente van karakter, met Christelike waardes wat 'n bydrae tot die samelewing kan maak, word op die kampus ontwikkel. Unieke tradisies met lekker en opbouende studente-aktiwiteite vorm deel van die Sol-Tech-ervaring. Sol-Tech se uitstekend toegeruste 400-bed-koshuis (die Plaashuis) maak dit vir studente landwyd moontlik om in 'n veilige omgewing te studeer terwyl hulle van geriewe soos 'n buiteluggimnasium, swembad en ontspanningsarea gebruik kan maak.

Beplan jou werk en bewerk jou plan met 'n gehalte-kwalifikasie by Sol-Tech. Enkele plekke vir studies in 2025 is steeds oop. Besoek gerus www.sol-tech.co.za vir meer inligting. Môre begin vandag.

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM