Promosie

Somerglans sonder sonskade: Só kan jy die seisoen wen

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Kry die perfekte somerglans sonder om ure in die son te lê met Catrice. Hul Summer Glow-reeks is grimering wat maklik is om te gebruik, vinnig werk, met bestandele wat sorg vir jou en jou vel terwyl dit prettige resultate lewer.

Hier is jou resep vir daardie perfekte somerglans met Catrice-grimering. Rol af tot onder as jy wil inskryf vir die kompetisie en in aanmerking kom vir een van hul fantastiese geskenkpakke.

AirBlush Glow

Foto: Verskaf.
Foto: Verskaf.

Dié blosser is beskikbaar in 010 Coral Sky, 020 Cloud Wine en 030 Rosy Love.

Verhelder en aksentueer jou wange en die kontoere van jou gesig met dié veerlig poeier, beskikbaar in drie hoogs-gepigmenteerde skakerings.

Dit sal jou laat met 'n natuurlike glans, asof jy die middag op die strand spandeer het (sonder die sonskade), te danke aan die poeier se ‘airbrush'-effek.

  • Prys: R105.95 elk

Glow Booster Serum

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Dié serum is verryk met pynappelekstrak en 'n 10% vitamienkompleks met vitamien C, E en B3 wat jou vel 'n gesonde, gloeiende effek sal gee.

Vryf twee druppels elke oggend en/of aand in ná jy jou gesig gewas het. Die serum kan ook gebruik word as 'n bevogtigende basis voor jy onderlaag aanwend.

  • Prys: R151.95

Glow Overnight AHA Treatment

Foto: Verskaf.
Foto: Verskaf.

Met 5% glikolsuur (AHA) wat die vel versigtig afskilfer, porieë skoonmaak en vir jou 'n algehele beter voorkoms gee met 'n meer egalige velkleur, sal dié oornag behandeling jou vel laat nuut voel.

Voeg een tot twee druppels by jou aandroetine deur dit saggies in te masseer ná jy jou gesig gewas het.

  • Prys: R149.95

Glow Skin Renewal Toner

Foto: Verskaf.
Foto: Verskaf.

Dié 2-in-1 verfrisser (toner) kombineer 'n suur afskilferaar en gesigverfrisser om jou vel sagkens skoon te maak en dooie selle te verwyder.

Sê ja vir gladde, gloeiende vel te danke aan dié verfrisser se 5% PHA (glukonolaktoon) en 3% AHA wat beide help om die vel te vernuwe. En moenie bekommer oor droogheid nie, want jou vel sal sagter wees te danke aan die aalwyn in die verfrisser. Dié verfrisser kan aan gelos word.

  • Prys: R151.95

Glow Vit C Power Shots

Foto: Verskaf.
Foto: Verskaf.

Hou die blink kant heel somer bo met dié gefokusde vyf-dag ampule behandeling. Dit bevat 12% hoogs gekonsentreerde, gestabiliseerde Vitamien C dosisse in die vorm van 'n vloeibare serum. Die revolusionêre mengsel bevat ook hyaluroonsuur om jou vel te bevog, terwyl die panthenol daarin die vel kalm hou.

  • Prys: R174.95

Holiday Skin Serum Bronzer 010

Foto: Verskaf.
Foto: Verskaf.

Somerglans in 'n buisie! Die Holiday Skin-serum verbronser is 'n veelsydige vloeibare verbronser wat direk op die vel gebruik kan word om iets te aksentueer, of met jou onderlaag gemeng kan word vir 'n sonbruin voorkoms. Dit skep 'n natuurlike resultaat en hou jou vel bevog met die hyaluroonsuur en klapperwater-verrykde formule wat werk vir enige vel.

  • Prys: R125.95

Power Full 5 Glossy Lip Oil

Foto: Verskaf.
Foto: Verskaf.

Beskikbaar in 010 Frosted Sugar, 020 Cherry Blossom Glow, 050 Glossy Blackberry en die nuwe 060 Glowy Pitaya.

Vir 'n sysagte, gladde gevoel op die lippe sonder enige taaiheid. Die Power Full Glossy-lipolie is beskikbaar in vier kleure wat elk voedende olies soos avokado-, klapper-, jojoba- en amandelolie bevat om jou lippe heel somer sag en glad te hou. Dit sal ook nie jou lippe laat droog voel nie, te danke aan die hyaluronic acid. 'n Subtiele mentgeur en 'n formule wat reageer op die natuurlike pH van jou lippe, beteken dit gee jou 'n unieke kleur en sensuele sagtheid.

  • Prys: R100.95 elk

Shake Fix Glow Spray

Foto: Verskaf.
Foto: Verskaf.

Dié bevogtende sproei gee jou grimering 'n glansende afwerking en verminder die kanse dat dit smeer of smelt. Dis verryk met ekstrakte van kaktusblomme en pynappel, en bevat fyn blinkertjies om selfs meer glans te gee. Skud en sproei om jou grimering in plek te hou en jou vel te verfris.

  • Prys: R125.95

The Glowifier Illuminating Primer

Foto: Verskaf.
Foto: Verskaf.

Kies 010 Glow Rush vir 'n sagte, glimmende effek op jou vel.

Laat jou grimering langer hou en gee jouself 'n gesonde glans met die illuminerende primer. Die universiële kleur met delikate goue blinkertjies kan gebruik word om die vel voor te berei vir grimering of as 'n bevogter, te danke aan die voedende waartlemoenekstrak. Gebruik dit na jy jou gesig gewas het deur dit sagkens in te masseer, meng dit met jou onderlaag of gebruik dit bo-oor grimering om 'n glimmende effek te skep.

  • Prys: R125.95

Wie kon dink die perfekte, songebakte glans is so maklik en vinnig om te skep met CATRICE? Jou resep vir somerglans wag by Clicks, Dis-Chem, MediRite SkinMiles, Superbalist, Takealot en House Of Cosmetics.

Volg Catrice op Facebook en nuwe Catrice Summer Glow

Wen

Om in te skryf, vul die kompetisievorm hier onder in en beantwoord die maklike kompetisievraag.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM