Promosie

Sonder ’n testament is daar drama!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Waar daar geen testament is nie, is daar drama. Laat jou testament vandag nog opstel!
Waar daar geen testament is nie, is daar drama. Laat jou testament vandag nog opstel!

http://pubads.g.doubleclick.net/gampad/clk?id=6263474331&iu=/8900

Gesprekke oor testamente is allesbehalwe plesierig. Dit is ook nie boaan die meeste mense se lysie van goed om te doen nie.

Die drama wat soms afspeel wanneer 'n familielid sonder 'n testament sterf, kan egter net sowel die draaiboek vir 'n TV-sepie vorm. Hierdie drama is 'n werklikheid en uitmergelend.

Capital Legacy beywer hulself al vir die afgelope dekade om mense daarvan bewus te maak dat dit uiters noodsaaklik is om jou testament in orde te kry, en het al meer as 600 000 mense gehelp om hul testamente op te stel. Die besluit is nou geneem om die wiele meer olie te gee en 'n reklameveldtog te loods wat mense se aandag behoorlik sal trek.

Om bestorwe boedels af te handel kan tussen 12 en 24 maande neem indien daar geen groot en onverwagse haakplekke is nie. Die meeste mense besef nie hoe groot die emosionele las is wat die afhandeling van 'n boedel op 'n familie plaas nie. Om die impak daarvan te besef, moet 'n mens self daardeur gaan of met iemand praat wat al self daardeur is.

Capital Legacy het die afgelope 10 jaar duisende boedels afgehandel en al met bykans alles te make gehad. Noem maar op: eks-vroue, nuwe vroue, onterfde kinders, stiefkinders, minderjarige kinders, sakevennote, lede van 'n uitgebreide familie, lang verlore minnaars en minnaresse, voorheen onbekende kinders, versteekte bates, geen bates, internasionale bates, verlore kriptowagwoorde . . . die lys gaan aan en aan.

Met geen testament en geen duidelike laaste wense nie, staan die deur wawyd oop vir drama, drama en nóg drama.

Die beste manier om die erns van hierdie boodskap oor te dra, is om 'n storie te vertel . . . op 'n unieke en boeiende manier.

Capital Legacy het saam met Halo, een van Suid-Afrika se voorste boetiekkreatiwiteitsagentskappe, en Anton Visser, een van die land se voorste regisseurs, in 'n dinkskrum gaan sak. Die resultaat was 'n televisie-advertensie wat die storie vertel van 'n patriarg wat heengaan en die gevolglike konflik van 'n uitgebreide familie nadat hulle ontdek daar is geen testament nie. Maar ons vertel die storie agteruit, en in stadige aksie . . .

Capital Legacy is vol vertroue dat die veldtog vermaaklik sal wees, maar maak seker dat jy, nadat jy na die advertensie gekyk het, 'n rukkie nadink oor die moontlike reaksie van jou eie familie as jy sonder 'n testament sterf.

Klik op die video om na die advertensie te kyk en skakel Capital Legacy om te voorkom dat jy jou familie met soortgelyke drama nalaat:

Reël in 'n japtrap 'n onderhoud, hetsy persoonlik of virtueel, met een van hul kenners landwyd vir 'n pasgemaakte testament. In minder as 'n uur sal jy die gemoedsrus hê dat wanneer jy sterf, daar geen chaos en konflik sal wees nie.

Waar daar geen testament is nie, is daar drama, chaos, melodrama, moeilikheid, wedywering, ongeloof, konflik, gierigheid, wrewel, bitterheid, frustrasie, hartseer en al te dikwels 'n oneindige familievete.

Vir meer inligting gesels met jou finansiële adviseur of besoek www.capitallegacy.co.za.

  • Grant Fietze is die uitvoerende bemarkingshoof van Capital Legacy.

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

Geborgde Inhoud | Grant Fietze

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM