Met die Covid-19-pandemie se invloed op plaaslike en wêreldmarkte, bevind almal hulle in tye van onsekerheid.
Op 7 Mei bied Netwerk24 'n vierde spesiale Sake & Sauvignon-uitsending aan waar Theo Vorster advies bied oor jou beleggings. Die sakegesprek word met trots geborg deur Allan Gray.
Skink 'n glasie wyn (of enigiets nog in voorraad), skakel in en gesels saam in ons kommentaarseksie.
In Donderdag se gesprek
- Beleggingsadvies in onseker tye.
- Wat kan ek maandeliks uit my pensioen onttrek en steeds kop bo water hou?
- Hoe kan ek in die buiteland belê?
- Waar/hoe begin mens belê?
- Bedoelbelasting - hoe werk dit en wat kan ek doen daaraan?
- Wanneer is ‘n trust ‘n goeie idee en wanneer nie?
Stuur jou vrae voor 7 Mei per e-pos na Theo@sakegesprek.co.za. Van die vrae sal tydens die uitsending bespreek word. Jy kan ook vrae in die kommentaarseksie vra.
Waar en wanneer
Besoek Netwerk24.com Donderdag 7 Mei om 17:00 om die uitsending te sien.
Dié uitsending is gratis en jy hoef nie 'n Netwerk24-intekenaar te wees om dit te kyk nie.
Kyk die eerste episode hier:
Kyk die tweede episode hier:
Kyk die derde episode hier:












