Promosie

Terug skool toe: Dié reeks spoggerige skoolklere maak wasdag maklik

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Dis weer daardie tyd van die jaar! Doen jou terug-skool-toe-inkopies betyds en maak seker jou kind voel gereed vir die nuwe jaar in 'n uniform en sportdrag spesiaal gemaak vir gemak en veiligheid.

Of hulle nuwe hemde, broeke, rompe, baadjies, skoolsakke, bykomstighede of sportdrag benodig, jy sal die perfekte grootte en styl vind danksy Woolworths se verskeidenheid basiese benodigdhede aanlyn en in die winkel.

Terug skool toe met 'n verskil

Woolworths maak 'n verskil met klere wat maklik is om te versorg en te stryk. Die gehalte sal sorg dat hulle dit 'n lang ruk kan dra. Jy hoef jou ook nie te kommer oor penne wat lek en hul skooluniform vlek nie, want Woolworths se skoolbaadjies het spesiale ink-bestande sakke vir beskerming.

En wanneer dit by buitemuurse bedrywighede kom? Rus jou kind uit in UV-bestande swemdrag en sportdrag vir pret in die son.

Veiligheid eerste

Koop gehalte-skooldrag met bykomstighede soos weerkaatsende afwerkings op sekere skoene, sakke en reënjasse sodat jou kind altyd sigbaar is.

Laat hulle hul beste voet voorsit

Koop vir jou kind duursame skoolskoene wat ontwerp is om jong voete die buigbaarheid en ruimte te gee wat hulle benodig. Gemaak van sagte boleer, 'n sagte kussing onder die voet en buigbare sole is dit anatomies korrek en perfek vir jong voete.

Woolworths maak boonop skoene van herwinde materiaal, sodat jy gerus kan voel dat jy help om ons planeet te beskerm.

Wen groot met Woolies

Bestee R500 op skoolklere en jy kan R10 000 in skoolfooie wen.

Gebruik eenvoudig jou MySchool-kaart wanneer jy betaal om aan die kompetisie deel te neem!

Die kompetisie is geldig van 27 Desember 2022 tot 31 Januarie 2023.

Bepalings en voorwaardes geld.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM