
Ella Cordy (59) kan nou van oor tot oor glimlag.
Dit volg nadat sy onlangs die grootste geskenk van haar lewe ontvang het.
Ella van Lambertsbaai in die Wes-Kaap vertel sy was nog altyd skaam oor haar tande.
Maar wanneer sy nou glimlag, doen sy dit breed en met selfvertroue. Een van die grootste geskenke wat die VIA-reeks Minki en vriende haar kon gee, is haar skitterwit, egalige glimlag met komplimente van JJS Dentistry.
"Toe hulle daardie spieël ná die tyd voor my hou en ek glimlag en sien myself, het ek in trane uitgebars," sê die vrou wat onder meer daagliks na meer as 80 mense omsien by die Huis van Liefde, waar ouer mense en gestremdes versorg word.
Huis van Liefde is 'n organisasie sonder winsbejag waarvan Ella verskeie komponente bestuur. Danksy die kykNET-reeks Dankie, Lottoland het hulle skenkings ontvang om die inwoners se lewens te verbeter.
Saam met Lottoland het Minki en vriende besluit om Ella verder te bederf met 'n mooimaaksessie omdat sy so baie van haar tyd onbaatsugtig opoffer.
"Al die mense by Minki is so warm en net ongelooflik," sê Ella. "Ek wou nie gaan nie, want ek hou daarvan om agter die skerms te wees - alles wat ek doen is vir ander. Mense om my het aangedring dat ek dit moet doen, en ek is nie spyt nie. My beker loop oor."
Nou het Ella net nóg meer liefde om uit te deel.

- Kyk Minki en vriende op VIA (DStv-kanaal 147) Maandae om 17:30 met heruitsendings Donderdae om 21:30. Episodes is ook op Catch Up en in die DStv-app beskikbaar.
Kry 12 x US MegaMillions Mini-weddenskappe vir slegs R50!
Gebruik die promosie-kode: VIA12
Wed nou op Lottoland:http://lotto.land/6yt
Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.
















