
Die jaar is uiteindelik op sy rug ... en dis tyd om te rus! Met 'n keur van boeke, vlogs, blogs, onderhoude, potgooie,resepte en aktiwiteite vir kinders, is daar 'n wye verskeidenheid GRATIS inhoud op Afrikaans.com om jou, jou kinders en selfs jou skoonma hierdie Desember dolgelukkig te hou! Dis so maklik soos klik op die skakels hieronder ...
Ouers, die jongspan is weer terug by die huis en is vinnig om te laat weet dat hulle verveeld is ... Vermaak hulle hierdie vakansie met gratis,aflaaibare aktiwiteite soos inkleurprente, lees- en luisterstories,speletjies en flitskaarte op Afrikaans.com. Hierdie inhoud is nie net prettig nie, maar het boonop opvoedkundige waarde! Hulle sal dus in Januarie slaggereed wees om die skoolbanke vol ywer aan te pak.
Dan is dit jou beurt ... 'n Glas wyn gaan heerlik saam met die Afrikaans.com-potgooi waar bekende akteur, aanbieder en entrepreneur, Edwin van der Walt met 'n verskeidenheid bekendes soos Milan Murray, Mila Guy, Dean John Smith en Ricky Schroeder gesels. Wees 'n vlieg teen die muur wanneer Edwin en sy gaste oor belangrike kwessies, lewenslesse, staaltjies, en lekkerlag herinneringe gesels.
Klaar geluister is dit tyd om te reis ... en dit binne die gemak en veiligheid van jou eie huis! Desember is alombekend as die maand waarin jy uiteindelik al daardie boeke wat jy so gebrand het om deur die jaar te lees, kaf kan draf ... Maar, by watter een begin 'n mens? Besoek Afrikaans.com seLapa-boekrakvir gratis aflaaibare boekhoofstukke om jou in jou soeke na die perfekte storie te help. Besoek ook die boekeblad vir temagebaseerde leesidees waarvoor aflaaibare grepe weereens beskikbaar is!
Daar klaar, is dit tyd om saam met jou gunstelingbekendes te kuier! Leer ken bekendes soos Elandré, Brendan Peyper, Minki van der Westhuizen, Beer Adriaanse, Rolene Strauss, Riaan Cruywagen, Danie du Toit, Simoné Pretorius en Marlene le Roux van nader.
Teen hierdie tyd staan die vakansie dalk al einde se kant toe ... jou familie kuier al te lank en boonop kom daardie Januarie-troue al nader. Lag 'n slag met Afrikaans.com se humoristiese blogs. Van troubeplanning tot rampspoedige Kersetes; jy gaan jouself of jou naastes definitief herken!
Maak hierdie vakansie een om te onthou… in jou taal! Besoek Afrikaans.com en kom skryf saam aan die toekoms van Afrikaans.
https://afrikaans.com/lees-dit/blogs/

Kom skryf saam aan die toekoms van Afrikaans!
* Afrikaans.com - Jou tuiste vir alles oor Afrikaans https://afrikaans.com/
* Afrikaans.com Facebook - https://www.facebook.com/afrikaansdotcom












