Promosie

Vierde reeks van 'Our Girl' begin BBC Studios se nuwe programaanbod

Vanaf 1 September bied BBC BRIT (DStv-kanaal 120) kykers 'n ekstra BRIT-dosis van hul allerbeste programme. Dit sluit 'n verskeidenheid puik dramareekse in wat voorheen op BBC FIRST uitgesaai is, soos Peaky Blinders, Downton Abbey en Riviera.

Dié uitgebreide programaanbod begin op 10 September om 20:00 met die jongste reeks van die trefferdrama Our Girl, waarin Michelle Keegan, wat Georgie speel, haar aanhangers vermaak met 'n laaste dosis aksie.

In hierdie spanningsvolle militêre drama neem sy die leiding in 'n rol wat sy beskryf as die uitdagendste tot nog toe. Vir baie wat dit nie weet nie, die reeks word in die Franschhoek-heuwels en -wingerde in Suid-Afrika verfilm.

Ons het Michelle 'n paar vrae gevra oor die reeks, haar opleiding en haar nuwe gunsteling-plekke in die Wes-Kaap.

Vertel ons van die nuwe reeks en wat aanhangers kan verwag?

Ek is regtig opgewonde dat dit terugkom. Die toeskouers se reaksie was die afgelope paar reekse so positief en ek dink Georgie is 'n karakter waarby kykers aanklink vind. Ek is absoluut gek oor die rol. Aanhangers moet hul voorberei vir nog 'n ongelooflike reeks, trane, lag en aksie, aangesien Georgie nog baie ongedane sake oor het.

Hoe het jy vir die rol van Georgie voorberei?

Ek het 'n oefenkamp bygewoon, wat nie net oor die liggaamlike oefening gaan nie, maar ook oor mediese kennis. Dit was interessant om soveel te leer oor die weermag, die rangorde, die jargon en klein ingewikkeldhede, soos hoe om op bevel te staan of hoe om 'n spuitnaald of wapen vas te hou.

Hoe voel dit om met 'n hoofsaaklik manlike rolverdeling te werk?

Na so lang tyd van werk saam met die manne op die stel, word dit die norm, jy word net een van die ouens. Voorbereiding vir hierdie rol het ons ook na 'n nuwe vlak van begrip gebring, en jy besef om deel van die weermag te wees, gaan oor meer as net geslag.

Bring julle as rolverdeling enige tyd saam deur buite opnames, en wat doen julle graag?

Na al die ure se opnames weg van die huis af, is dit belangrik dat ons ander dinge doen en tyd daaraan bestee. Soos om saans 'n bietjie uit te gaan vir 'n paar drankies in hierdie pragtige stad of om net saam reekse te kyk. Vreemd genoeg, selfs buite ons fisiek veeleisende dae op die stel, hou ons nog van gim en oefen, so dit is wat ons meestal soggens doen.

Wat is van die onvergeetlikste oomblikke op die stel?

Ons het baie pret saam en die ouens bak gereeld poetse op die stel as ons nie besig is met ernstige opnames nie. Die laaste poets wat ek kan onthou, is yswater wat iemand by my rug afgegooi het tydens 'n opname, terwyl ek onbewus en in uniform was. Ek sal nie jok nie, dit was baie welkom, want dit was 'n warm dag. En op ander dae sou iemand nadersluip en hard oor 'n megafoon praat terwyl jy 'n uiltjie knip in die karavaan, wat jou groot laat skrik.

Kry Michelle Keegan te sien in die vierde reeks van Our Girl, (ses episodes) vanaf Donderdag 10 September om 20:00 op BBC BRIT, DStv-kanaal 120, en op DStv Catch Up.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM