Promosie

Volstoom voort in 2022

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die advies-geleide finansiële diensmaatskappy PSG Konsult se mikpunt is om volstoom vooruit te gaan in 2022, ná 'n uitstekende jaar en talle mylpale wat in 2021 bereik is.

Toegespits op uitnemendheid, geïnspireer deur 'n filosofie om lewenslange bande te smee en verhoudinge te bou

Om gehalte-advies te lewer is 'n hoeksteen van die maatskappy se filosofie, omdat hy glo dat vertroue die grondslag is waarop lewenslange verhoudinge met kliënte gebou word. "Daarom is dit vir ons belangrik wanneer ons toekennings wen wat bevestig dat ons op koers is om aan ons kliënte se behoeftes te voldoen," sê Dan Hugo, uitvoerende hoof van PSG Distribusie.

Dan Hugo, uitvoerende hoof van PSG Distribusie.
Dan Hugo, uitvoerende hoof van PSG Distribusie. (SYSTEM)

Die Wealth-afdeling het by verlede jaar se Intellidex-toekennings vir top- privaat banke en welvaartbestuurders erkenning gekry toe hy vir die derde agtereenvolgende jaar as Topwelvaartbestuurder van die Jaar (Groot Instellings) bekroon is. PSG het ook die toekenning vir die Top- aanlyn makelaar ontvang en derde gekom in die kategorie vir top- algehele makelaar by die 2021 Intellidex-toekennings vir topsekuriteitemakelaars. PSG Insure het selfs lof ingeoes, en is by Santam se toekenningsgeleentheid as Nasionale Tussenganger van die Jaar vir uitnemende prestasie aangewys, in die kommersiële sowel as die persoonlike lyne-kategorieë.

Intussen het PSG Asset Management die jaar op 'n hoë noot begin, toe die PSG Income Fund by die jongste Raging Bull-toekenningsgeleentheid die sertifikaat vir Beste Suid-Afrikaanse Rentedraende Korttermynfonds op 'n risiko-aangepaste grondslag (oor vyf jaar tot 31 Desember 2021) ontvang het.

'n Stewige grondslag vir 'n uitstekende jaar vorentoe

PSG het aangekondig dat Cedric Masondo as uitvoerende hoof van PSG Insure by die firma sal aansluit vanaf Augustus 2022, wanneer sy huidige termyn as uitvoerende hoof van Sasria ten einde loop. Masondo het in 2009 by Sasria aangesluit en hy is voorsitter van die Suid-Afrikaanse Versekeringsvereniging (Saia), met meer as 25 jaar ervaring op leiersvlak.

"Ons sien uit daarna om Cedric by die besigheid te verwelkom, en na die energie en groeikrag wat hy verseker tot PSG sal toevoeg," het Hugo gesê. "Ons is seker hy sal die afdeling posisioneer om selfs nog groter hoogtes te bereik in die jare vorentoe."

PSG fokus steeds op kliënte in 'n wêreld ná die pandemie

Hoewel dit lyk of die wêreld tot die normale begin terugkeer ná die ontsporing van die afgelope twee jaar, bring dit nuwe uitdagings waarvoor die firma slaggereed is. "Skakeling met kliënte bly die kern van alles wat ons doen, en hoewel ons persoonlike vergadergeleenthede met die nodige omsigtigheid en in ooreenstemming met regulasies hervat, bly ons daartoe verbind om ons insigte in alle kringe te deel," het Hugo beklemtoon.

Die firma het in 2020 te midde van streng Covid-19-inperkingsregulasies die Think Big-webinaarreeks bekend gestel. Na aanleiding van die positiewe reaksie op dié geleenthede het PSG besluit om die reeks vanaf Maart 2022 voort te sit.

"Ons besef dat ons 'n nuwe fase van die pandemie betree, en daarom bring ons opwindende formaatveranderings aan om by besige leefstyle in te pas. Ons het egter steeds 'n onwrikbare verbintenis om gehalte-insigte te bied oor sleutelkwessies wat Suid-Afrikaners kwel," het Hugo ten slotte gesê.

Die reeks sal steeds sake- en denkleiers met nuwe insigte oor die toekoms aan die woord stel. Vorige sprekers het sakeleiers ingesluit soos Capitec se uitvoerende hoof, Gerrie Fourie, vakkundiges soos regter Dennis Davies, politieke ontleders soos prof. Mcebisi Ndletyana, en ekonome soos prof. Bonang Mohale.

"Ons moedig almal aan om hul gratis plek vir die volgende gesprek te bespreek, terwyl hierdie reeks oop is vir almal, ongeag of hulle kliënte van PSG is of nie, en gratis is."

Besoek www.psg.co.za vir meer inligting oor die firma, en vir die jongste inligting oor die Think Big-reeks.

Volledige besonderhede van die sertifikaat wat by die Raging Bull-toekennings ontvang is, is verkrygbaar by PSG Collective Investments (RF) Limited. Besonderhede oor ander toekennings is verkrygbaar by onderskeidelik PSG Wealth en PSG Insure. Geaffilieerdes van die PSG Konsult Groep is gemagtigde finansiële diensverskaffers.

Die inhoud is geborg, geskryf en verskaf deur PSG Konsult.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM