The Royals S1-3 is terselfdertyd opShowmax te sien en dié reeks se kitsgewildheid wys daar is min dinge waarvankykers méér hou as ‘n sappige koninklike skandaal.
Die reeks handel oor dielewe van ‘n fiktiewe Britse koningshuis, met koningin Helena (Elizabeth Hurley)en koning Simon (Vincent Regan) aan die hoof. Elke skuif wat hulle maak wordonder die vergrootglas geplaas deur die onversadigbare paparazzi en boonop lykdit of hul kinders onregeerbaar is.
Die waarheid is egter dikwels vreemderas fiksie en die bewys daarvoor is van die mees omstrede romantiese verhoudingswaarby koninklikes nóg betrokke was. Van die intriges het mense geskok, anderhet hulle bly gemaak en omtrent almal het hulle laat skinder!
Behalwe die meer hoëprofiel-skandale,soos die debakel rondom prins Charles en Camilla en prins Rainier van Monacowat prinses Grace vir hom in Hollywood gaan uitsoek het, is daar ‘n paarverhoudings wat dit nie heeltemal tot in die binnekring van koningshuise gemaakhet nie. Dié verhoudings het wel vir hoofopskrifte gesorg omdat dit soveelopslae in koninklike kringe in Brittanje en Monaco veroorsaak het. Onthou jynog dié verhoudings?
CressidaBonas en prins Harry
Dit was prinses Eugenie wat vir prinsHarry aan haar vriendin Cressida voorgestel het. Cressida, ‘n aktrise en model,is die dogter van ‘n gewilde model uit die sestigerjare, lady Mary-Gaye. Cressidaen die rooikopprins was van 2013 tot 2014 in ‘n verhouding en daar is wydgespekuleer oor wanneer hulle dan nou verloof gaan raak. Toe die verhoudingeindig, is daar in poniekoerante berig dat die rede dalk was omdat Cressida niegereed was vir die eise van ‘n koninklike lewe nie. Sy was wel in Mei vanjaarby Harry se troue met Meghan, wat vir ‘n mens die idee gee dat alles tussenhaar en Harry vergewe en vergete is.
Diesupermodelle en prins Albert
Prins Albert van Monaco het baie van syvrygeseljare omgekuier in die sosiale kringe van supermodelle. Dis nou voor hyin 2011 die ja-woord gevra het vir Charlene Wittstock, wat in Zimbabwe geboreis en Suid-Afrika by die Olimpiese Spele in swem verteenwoordig het. OnderAlbert se lys van beeldskone voormalige meisies tel die selfverklaarde eerstesupermodel Janice Dickinson; Naomi Campbell (foto bo), wat ‘n uitnodiging ontvang het naAlbert en Charlene se troue en Claudia Schiffer, wat glo nee gesê het toeAlbert ‘n verloofring aan haar vinger wou steek.
Rob Loween prinses Stephanie
Steeds in Monaco . . . nog ‘n baie bekendekoninklike-eks is Rob Lowe, daardie hartebreker-akteur van die 80's en lid vandie "brat pack" wat na prinses Stephanie, prins Albert se kleinsus, gevry het.Lowe verklap persoonlike detail van dié verhouding in sy outobiografie "StoriesI Only Tell My Friends". Hy het byvoorbeeld in 1986 in Stephanie se woonstel inParys ingetrek in . . . net één dag na hulle ontmoet het. Dit was die begin van‘n warrelwind-romanse.
SarahFerguson en prins Andrew
PrinsAndrew het die wêreld in 1986 aan Sarah Ferguson voorgestel en hulle is kortdaarna getroud. Hulle het twee dogters, prinses Beatrice wat in 1988 gebore isen prinses Eugenie wat in 1990 gebore is. Twee jaar later is Andrew en Sarahuitmekaar en hulle is uiteindelik in 1996 geskei. Sedert die egskeiding hetSarah - of Fergie, soos mense haar noem - ‘n gerekende woordvoerder en skrywergeword. Sy bly deesdae saam met haar eksman, Andrew, in hul huis in Winsor. Enas iemand meer detail oor die verhouding vra, is sy vinnig om te sê hulle is steeds"beste vriende".
Chelsy Davy en prins Harry
Geen lysmet die name van voormalige minnaars van die koninklikes sal volledig weessonder dié van Chelsy Davy nie. Dié regsgeleerde van Zimbabwe, wat aan die Universiteitvan Kaapstad studeer het, was tussen 2004 en 2011 aan en af aan Harry se sy.Dit staan ook bekend as Harry se sogenaamde "stoutseunjare". Chelsy het latererken sy het besef die koninklike lewe is nie vir haar nie, omdat dit jou so indie openbare oog plaas. Sy het later ‘n diploma in geologie verwerf en AYAbegin, ‘n juweliersreeks. Ook Chelsy was in Mei by Harry en Meghan se troue.
Vir nogskandalige koninklike gedrag, stroom The Royals, nou beskikbaar op Showmax.












