Reese Witherspoon, Nicole Kidman, Shailene Woodley, Laura Dern en Zoe Kravitz keer terug in hul rolle, terwyl Meryl Streep aansluit by die nuwe seisoen van die bekroonde reeks. Die vroue moet die gevolge van Perry se dood hanteer. Weeklikse episodes sal elke maandag van 10 Junie af om 21:00 by Showmax gevoeg word, op dieselfde tyd as DStv.
Na June (Elisabeth Moss) in die laaste hartverskeurende episode van Seisoen 2 die geleentheid weggewys het om van Gilead te ontsnap, wag daar selfs meer skokkende kinkels in Seisoen 3. Die seisoen fokus sterk op weerstand. Terwyl die reeks op M-Net ook vertoon gaan word, het Showmax-kykers die voordeel om een episode vooruit te kan sien. Episode 1 en 2 is Maandag 10 Junie om 22:30 op Showmax te sien, met 'n nuwe aflewering elke week daarna.
Benedict Cumberbatch het 'n Bafta opgeraap vir sy rol as Patrick Melrose, 'n bevoorregte dwelmslaaf wat bewys dat geld nie alles kan koop nie, en veral nie klas nie. Die reeks skop af met Patrick wat herinnerings aan sy oorlede pa moet hanteer terwyl hy terselfdertyd probeer om sy dwelmgewoontes te verbreek. Die kritici kon eenvoudig nie ophou om oor hierdie seisoen te praat nie. Jy kan eerste op Showmax sien waaroor die bohaai gaan.
Antoine Fuqua is die regisseur van hierdie dokumentêre program oor die uitdagings en oorwinnings van die ikoniese bokser Muhammad Ali. Dit wys in twee aflewerings en bevat stemopnames en argiefmateriaal oor die bokser wat nog nooit voorheen gepubliseer is nie. Kritici meen dit is die dokumentêr wat Ali se lewe die beste definieer en daarom beslis die moeite werd om te kyk.
Die reeks, wat afspeel in Los Angeles in die 1930's, is gegrond op die bisarre ware verhaal van Jack Parsons, baanbreker van die Amerikaanse vuurpylprogram. Dit delf in sy dubble lewe, want Parsons het ook in die bonatuurlike geglo en as 'n volgeling van die beroemde okkultiese leier Aleister Crowley vreemde rituele beoefen.
Keer terug na die ysige, onherbergsame eiland Fortitude. Dit is 'n Skandinawiese misdaadreeks op sy moordadigste. In die derde en finale seisoen van hierdie opwindende reeks word kykers na 'n selfs donkerder plek geneem. Dit lyk asof sheriff Dan sy morele kompas heeltemal verloor het en 'n lojale vennoot gekry het in Petra. Dis die eerste keer dat Fortitude op Showmax wys.
Hierdie reeks is die een waaroor almal op Twitter praat. Die geheimsinningheid duur voort in Seisoen 3 van hierdie tienerriller wat handel oor die donker kant van sosiale media. Rowan en Elisia vertrou niemand nie. Terwyl hulle probeer om die ware identiteit van KingCobra te onthul, neem sake 'n onverwagte wending.
Issa en Molly is beste vriende van universiteit af en hulle blink uit in hul beroepe en in hul persoonlike lewens . . . meeste van die tyd. Hierdie reeks het al vele toekennings ingepalm, waaronder benoemings vir 'n Golden Globe en Emmy vir skepping en beste aktrise in 'n hoofrol (Issa Rae). In die derde seisoen bevind die vroue hulle in onverwagte situasies. Issa is op Daniel se bank na haar verhouding met Lawrence op die rotse geloop het. Sy doen ekstra werk om haar aankomste aan te vul. Molly het by 'n nuwe maatskappy aangesluit waar sy skielik nie meer die blinkste sterretjie is nie.
Kristin Kreuk keer terug in haar rol as die klipharde prokureur Joanna Hanley. 'n Jaar nadat sy 'n saak in haar tuisdorp gewen het, werk sy nou aan 'n nuwe saak vir 'n ander regsfirma. Maar haar kliënt staan op die punt om haar lewe op sy kop te keer. Die vervaardigers van Burden of Truth het pas die groenlig gekry vir 'n derde seisoen. Fuifkyk solank die eerste twee seisoene op Showmax.
Marvel's Agents of S.H.I.E.L.D S1-4
Die wetstoepassingsagentskap S.H.I.E.L.D word gestig in die nadraai van die botsing tussen die Avengers en buiteruimtelike wesens. Onder leiding van agent Phil Coulsen moet S.H.I.E.L.D uitvind wat agter die vreemde gebeure skuil. Fuifkyk al vier seisoene.
Raak betrokke by hierdie spioenasieriller wat jou aan die raai gaan hou. 'n Oorlog woed tussen die wêrelde van Prime en Alpha. JK Simmonds se twee karakters (Howard Prime and Howard Alpha) is vasgekeer in mekaar se wêrelde en word stadig maar seker meer en meer soos hul eweknie.
Dit was eers 'n boek (deur Elmore Leonard), toe word dit 'n fliek (met John Travolta in die rolverdeling) en nog is Get Shorty 'n reeks. Dit volg die doen en late van die bendelid Miles Daly (Chris O'Dowd), wat probeer om van beroep te verander en dan verstrik raak in 'n web van rolprentmakers en misdaadbase.
Hoe om Showmax te kry
As jy nie reeds 'n intekenaar is nie, kan jy aanteken vir 'n gratis proeftydperk van 14 dae. Daarna kos toegang tot wavragte van plaaslike en internasionale reekse, rolprente en dokumentêre programme net R99 per maand.
As jy 'n DStv-intekenaar is, is Showmax ingesluit in jou intekening. Besoek net die webwerf om aan te teken.
Intekenare van DStv Compact en Compact Plus kan Showmax by hul intekening voeg vir net R49 per maand.












