Promosie

Wat jy oor studiebeurse moet weet

Baie matrieks wil so graag studeer, maar te min geld bly ’n groot kwessie. Gaan kyk al in jou gr. 11-jaar na watter beurse beskikbaar is en doen betyds aansoek, maar maak seker jy weet wat van jou verwag word as ’n beurs aan jou toegestaan word. Foto: iStock
Baie matrieks wil so graag studeer, maar te min geld bly ’n groot kwessie. Gaan kyk al in jou gr. 11-jaar na watter beurse beskikbaar is en doen betyds aansoek, maar maak seker jy weet wat van jou verwag word as ’n beurs aan jou toegestaan word. Foto: iStock

Matrieks wat verder wil studeer, maar sukkel met finansiële uitdagings, moenie moed verloor nie. Daar is wel finansiële hulp beskikbaar in die vorm van beurse, genootskappe (scholarships) en studielenings.

Wat is 'n beurs?

Volgens Fundi Connect se webtuiste is 'n beurs die bedrag geld wat 'n instansie of persoon aan 'n verdienstelike student beskikbaar stel vir studiegeld, kos, verblyf, vervoer en boeke. Die voordeel van 'n beurs is dat dit na voltooiing van studies nie terugbetaal moet word soos 'n studielening nie.

Wat is 'n genootskap (scholarship)?

'n Genootskap is 'n finansiële toekenning aan studente met uitstaande akademiese prestasies, en gewoonlik vir nagraadse studierigtings soos magister- of doktorsgrade. Genootskappe word dikwels ook vir sportprestasies toegeken. Die genootskap dek gewoonlik al die studiegelde, boeke, verblyf, vervoer- en lewenskoste.

Wie kwalifiseer vir 'n beurs?

Volgens Bursaries South Africa verdien enige matriekleerling wat voldoen aan die toelatingsvereistes van tersiêre inrigtings om verder te studeer. Instansies soos munisipaliteite, nieregeringsorganisasies (NRO's) en selfs banke bied dikwels beurse wat gegrond is op akademiese prestasies. Sekere NRO's bied weer ondersteuning aan behoeftige leerlinge wat kwalifiseer vir tersiêre studies.

Watter soort beurse is beskikbaar?

Daar is verskeie vakkundige studiebeurse en algemene studiebeurse waarvoor jy kan aansoek doen. Merietebeurse word ook aangebied vir studente wat uitstekend presteer. Sekere universiteite bied selfs afslag indien meer as een kind uit 'n gesin daar studeer. Vind ook uit of die spesifieke universiteit of kollege waarin jy belangstel, sportbeurse aanbied.

Watter voorwaardes word vereis?

Verskeie studiebeurse vereis min of geen voorwaardes nie. Ander het spesifieke voorwaardes waaraan die aansoeker moet voldoen, soos dat die student 'n sekere persentasie moet handhaaf om vir die volgende studiejaar se finansiële hulp te kwalifiseer, dat die geld slegs vir spesifieke doeleindes aangewend moet word of dat die student na voltooiing van studies by die maatskappy moet werk vir die getal jare waarvoor finansiële hulp ontvang is.

Wat het jy nodig om vir 'n studiebeurs aansoek te doen?

"Gewoonlik is die gr. 11-rapport voldoende vir matrieks, wat saam met 'n motiveringsbrief, getuigskrif van die skoolhoof of graadhoof, of selfs 'n gemeenskapsleier ingesluit kan word. Sekere beurse vereis ook dat bewys van ouers se inkomste saam met die aansoek ingesluit word," sê Alicia Keet, adjunkhoof by Hoërskool Macassar.

Hoe doen jy aansoek?

  • Gaan na die befondsingsblad van die tersiêre instansie se webtuiste.
  • Soek vir al hul beurse beskikbaar oor die studierigting van jou keuse.
  • Lees al die inligting oor die spesifieke beurs(e) waarin jy belangstel.
  • Kyk of jy aan hul vereistes voldoen.
  • Let op na die sluitingsdatum vir aansoeke.
  • Versamel al die nodige dokumente en voltooi die aansoekvorm.
  • Doen voor die sperdatum direk aansoek by die onderskeie maatskappy wat die beurse aanbied.

GEBORG

Potchefstroom Akademie

(SYSTEM)

Die lewe gaan oor keuses. Keuses oor jou onderrig, loopbaan en uiteindelik - jou toekoms. Glo in jou drome en kies Potchefstroom Akademie! Hul eiesoortige ondernemingsbenadering wat ingebed is in hul voltydse, deeltydse en korrespondensiekursusse, help duisende studente om hul drome na te streef. Fotografie, haarkappery, skoonheidsterapie, kosmetologie, binneontwerp, korrespondensie en voltydse kursusse in binneontwerp, kantooradministrasie en finansiële rekeningkunde is maar enkele van die geakkrediteerde tersiêre kwalifikasies wat hulle bied. Neem gerus deel aan hul ope-week vanaf 12 tot 16 Julie.

Akademia

Akademia bied sedert 2012 onderrig aan studente wat in Afrikaans wil studeer. Studente het 'n keuse tussen nauurse studie by 'n naaste studiesentrum, óf klasbywoning via e-leer. Die gerieflike klasrooster is ideaal vir persone wat wil studeer, maar terselfdertyd werk of belangstellings nastreef. 'n Bykomende voltydse opsie het ook in 2021 die lig gesien. Talle studente studeer voltyds by die Centurion-kampus terwyl hulle aan 'n opwindende studentelewe deelneem.

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produkte nie.

Belinda Jackson

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM