Wees deel van Kuier se Lentedag-Patsy!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kuier word 16!
Kuier word 16!

Kuier word 16 - en ons vier dit in styl met ons derde Kuier Lentedag-patsy! Daar is weer vermaak uit die boonste rakke, uithaler-kos en die lekkerste geselskap. Moet dit nie misloop nie.

Dis weer sulke tyd! Ons derde Kuier Lentedag is hier en vanjaar gaan ons groot om ons 16de verjaardag te vier. Gaste gaan nie net lekker saam kuier om dié mylpaal te vier nie, die TV-sjef en Spekko verteenwoordiger Gadija Sydow-Noordien gaan ook daar wees! Die sangsensasie Talitha Luiters gaan ons bekoor met haar engelstem en ons Kuier Karaoke-wenner, Willem Joseph, kom al die pad van Alexanderbaai in die Noord-Kaap om as deel van sy wenprys lesers op die Kuier Lentedag-verhoog te kom vermaak. En skud jou vere reg, want ons skreeusnaakse MC van laas jaar, Quinton Manuels, is terug - en hy is reg om weer die ding te laat ruk! Die sterre van e.tv se eerste plaaslik-vervaardigde Afrikaanse daaglikse drama, Kelders van Geheime, is ook weer deel van die pret - en dié keer gaan hulle 'n paar geheime van hulself op die Kuier-verhoog kom deel. So, kry jou beste "Into the woods" outfit reg en kom vier die koms van die lente saam met ons! Aangebied deur Spekko, in samewerking met e.tv, Glosheen en Robertson Winery, en ondersteun deur MenaCal7.

Talitha Luiters

Dié boorling van Atlantis het op drie al begin sing. Haar groot deurbraak het gekom toe die negejarige Talitha in 2015 by 'n talentkompetisie raakgesien is. Sy was onder meer in 2016 die naaswenner van die Suidoosterfees se talentsoek-kompetisie, is 'n gereelde gesig by feeste, en het al die verhoog gedeel met groot name soos Emo Adams, Tarryn Lamb en Karin Kortjé. Sy't in 2019 haar debuut op die Kuier-verhoog gemaak en vanjaar keer Talitha terug om haar tiende jaar in die musiekbedryf te vier.

Willem Joseph

Dié sekerheidswag van Alexanderbaai het laas jaar koning gekraai in ons Kuier Karaoke-kompetisie. Willem se weergawes van Sam Smith se "Lay Me Down" en Bruno Mars se "Versace on the Floor" was so glad, speels en sexy dat hy sewe ander uitgestof het vir die titel. Dié smooth ou ken sy ding op die verhoog. Hy't al talle sangkompetisies gewen - Alexander Bay's Got Talent in 2018 en Kleinzee Talent Search in 2019. Ná sy Kuier Karaoke-wen het hy in Kuier gepryk, en nou maak hy reg om as deel van sy wenprys sy ding te kom doen by ons Kuier Lentedag!

DATUM:

Saterdag 6 September 2025

TYD:

12:00 vir 12:30

PLEK:

Eureka-Landgoed, Durbanville

TEMA:

Into the woods

PRYS:

R420

Jy kan dit eenvoudig nie misloop nie! Koop vandag nog jou kaartjies: www.quicket.co.za

SPELETJIES VANDAG

CTA